Weg! Ry & Sleep

Raak veelsydig met dié visstok

-

Hengel is goed en wel, maar dié tydverdryf het een groot nadeel: ’n visstok is lank en maak die pakwerk moeilik. Dis nie dat dit baie plek opneem nie, maar ’n visstok is ’n delikate ding, veral die punt. As iets daarteen kap of skaaf, is sy dae getel.

Ironman 4x4 het net die oplossing met sy Travel Master Multi-rod-stel met sy eie koker wat só klein opvou dat jy dit op ’n staproete kan saamdra.

Die Multi-rod word van soliede koolstofve­sel gemaak en bestaan uit verskeie stukke wat in mekaar pas – daar is altesame 6 los stukke om verskillen­de lengtes stokke te maak, 3 punte met verskillen­de veerkragte, en 2 soorte handvatsel­s. ’n Mens kan nie minder nie as 36 kombinasie­s maak met al die stukke van hierdie stel!

Jy kan vir jou ’n 12 vt.stok bou as jy ’n kabeljou van die strand af wil takel. Die 10 vt.-kombinasie met die strammer punt is net die antwoord vir karp, of die ligter punt vir ’n blinkvis.

Maak die stok 2 vt. korter as jy van die kaai af hengel of nóg korter tot by 4 vt. as die nabye takke pla. Die stok is op sy kortste met die 3 vt.konfiguras­ie en nommerpas as jy ’n visstok saamvat om van jou kajak af te hengel.

Die koker waarin dit pas, is 50 cm lank en 9 cm in deursnee. Prys R2 600 (plus R1 095 vir die katrol). Kontak 011 634 7770 sales@ironman4x4.co.za ironman4x4.co.za/ accessorie­s/

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa