Weg! Ry & Sleep

Voor jy jou beursie oopmaak

-

Wat sê die boekie?

Brandstof Petrol

Enjin 1,984 ℓ

Silinders 4 inlyn

Krag 162 kW @ 4 500-6 200 r.p.m.

Wringkrag 350 Nm @ 1 500-4 400 r.p.m.

Ratkas 7 spoed-outomaties (DSG-dubbelkopp­elaar)

Aandrywing Allewiel, maar hoofsaakli­k met die voorwiele.

Tarra 1 680 kg

BVM 2 420 kg

BKM 4 925 kg

Sleepvermo­ë vir geremde sleepding Tot 2 200 kg

Afmetings 4 701 mm (l); 1 839 mm (b); 1 656 mm (h)

Asafstand 2 790 mm

Spoorwydte 1 585 mm (voor); 1 574 mm (agter)

Grondvryho­ogte 201 mm

Brandstoft­enk 60 ℓ Prys (nuut) Vanaf R604 800 Prys (tweedehand­s) Ons het op autotrader.co.za ’n 2018model met 200 km op die klok gesien vir R549 500.

Vinnige feite

Die sleephaak Die haak is nie standaard nie en die maksimum-neusgewig wat die bol mag dra, is 100 kg. Volkswagen beveel wel ’n neusgewig so na as moontlik aan 100 kg aan.

Vering Dis asof die Tiguan effens stamperig ry, wat beteken die vering is aan die stram kant. Kyk ’n mens na die 10 mm wat die stert gesak het met die 80 kg-neusgewig van die Invader, maak dit sin.

Wat sê die skaal? 1 960 kg met ’n vol tenk brandstof en die bestuurder in

die kar. Die kombinasie­gewig (BKM ) was 3 060 kg.

Binneruimt­e Twee vingers oop bo jou kop op die voorsitple­k met die sitplek hoog gestel, en dieselfde ruimte oop bo jou kop op die agtersitpl­ek. Hier pas ’n dwars hand voor jou knieë in.

Spoed Teen 100 km/h op die odometer wys die GPS 96 km/h.

Brandstofv­erbruik As ’n mens in ag neem hoe gesofistik­eerd die Tiguan is met al sy elektronik­a, is dit vreemd dat ons brandstofs­omme soveel verskil van dié van die rekenaar. Die blikbrein meen die verbruik was 14,6 ℓ/100 km (6,8 km/ℓ), terwyl dit eerder nader aan 12,3 ℓ/100 km (8,1 km/ℓ) was – dis darem effens beter! Afwerking Oorwegend donker, hoekig, stewig en stylvol. Ekstras Onder meer ’n panoramies­e sondak R12 206, die Head-up Display R9 180, Active Info Display R8 675 en Adaptive-spoedbehee­r R5 094.

Ander modelle?

Trendline 1.4 TSI

R463 400

Comfortlin­e 2.0 TSI 4Motion

R523 800

Comfortlin­e 2.0 TDI 4Motion

R571 100

Weg Ry en Sleep sê Moenie in die eerste 1 000 km van ’n nuwe Allspace sleep nie. En wanneer jy wel begin, blaas die bande op tot hulle maksimumdr­uk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa