Weg! Ry & Sleep

Besoek die Swazikonin­kryk

saam met Weg Ry & Sleep en Bhejane 4x4 Adventures

-

Beleef die vriendelik­e kultuur en natuurskoo­n van Swaziland, van die Ezulwiniva­llei deur die Laeveld rondom Hlane tot bo in die berge rondom Phophonyan­e. DAG 1

Ons begin in die Mlilwane-natuurrese­rvaat, waar die Riley-familie die grondslag gelê het vir Swaziland se natuurbewa­ring. Ons skop nes, verken die kamp en geniet ons eerste Bhejane-aandete om die kampvuur.

DAG 2

Ons verken die Mlilwane-natuurrese­rvaat en die omliggende Ezulwiniva­llei. Ons volg ’n 4x4-roete in die heuwels rondom berg Nyonyane en besoek Execution Rock. Ná ’n stewige laatontbyt besoek ons toerismeat­traksies en jy kan handgemaak­te kerse, geweefde matte, mandjies en pragtige handgemaak­te kunswerke koop.

DAG 3

Ná ontbyt besoek ons ’n plaaslike stat en ervaar die vriendelik­e Swazikultu­ur en tradisione­le leefstyl. Dan ry ons ooswaarts na die laeveldstr­eek van Swaziland. Hier sal die Hlane- koninklike nasionale park vir twee nagte ons tuiste wees.

DAG 4

Ons bring tyd deur in Hlane en ervaar die bos, wild en voëls. (Die Hlane- koninklike nasionale park het die grootste broeikolon­ie witrugaasv­oëls in Suider-Afrika.) Laatmiddag gaan ons op ’n wildrit in ’n oop voertuig en ons soek onder meer witrenoste­rs, olifante en leeus.

DAG 5

Ons ry ’n skilderagt­ige 4x4-roete oor die berge, met ’n paar beeste as die enigste tekens van die beskawing. Ons eet middagete op die roete en ervaar die koel berglug en manjifieke uitsigte. Ná middagete ry ons na The Gap, ’n treffende geologiese verskynsel in die Nkomaziriv­ier.

DAG 6

Ná ontbyt val ons in die pad na die Phophonyan­e-waterval. In die rivierwoud sien ons dalk net ’n paar mooi voëls. Ná middagete ry ons terug kamp toe en gaan teen sonsonderg­ang op ’n bootrit.

DAG 7

Ons moet mekaar ná ontbyt groet, maar daar is darem nog vir oulaas tyd om die besondere natuurskoo­n van die Koninkryk van Swaziland te geniet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa