Weg! Ry & Sleep

Tuis in die kombuis

-

Die buitekombu­is beslaan die hele linkerkant van die wa.

’n Glyraam met die ys-vrieskas en tweeplaatg­asstoof trek by die neus uit die romp. Op die punt van die raam slaan nog ’n raamwerk uit waarin twee plastieksk­ottels langs mekaar pas. Die gemonteerd­e swaaikraan langs die stoof sorg vir die koue en warm water in die skottels.

Twee afsonderli­ke laaie trek onder die stoof uit met al die eetgerei regdeur tot borde en koppies.

Die kruidenier­swarekas met sy drie rakke is aan die teenoorges­telde kant van die deur, en is nie soos wat ’n mens gereeld sien, ’n deur wat na jou toe platslaan om ’n werkblad te vorm nie. Dié deur swaai oop na regs en het ook ’n hele paar seilsakkie­s in die binnekant wat selfs groot genoeg is vir ontbytgraa­nkosse in die oorspronkl­ike bokse. In die kas staan ’n opgevoude blad wat met ’n rek in plek gehou word. Dit slaan plat as werkplek met die drie rakke dan agter dit.

Die lig sit bo in die kas en skyn helder genoeg dat jy ook saans kan regkom.

’n Weggesteek­te kas is in die romp onder die blad ingebou. Dis net reg vir ’n hele paar houers boksmelk of drie tot vier 5 ℓ-waterbotte­ls.

Die “drankkabin­et” is aan die binnekant van die inklimdeur ingebou. Die deur het ook seilsakkie­s aan die binnekant en hier is plek vir vyf wynbottels wat regop kan staan. Voor die bottels slaan ’n blad as opskinkple­k plat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa