Weg! Ry & Sleep

Skouspelag­tige Lesotho

Sien die Sanipas, Katsedam, die Maletsunya­ne-waterval en Thaba Bosiu op ’n ses dae lange toer saam met Weg Ry & Sleep en Bhejane 4x4 Adventures. Jy is agter die stuur van jou eie voertuig.

-

DAG 1

Ons avontuur begin in Himeville in KwaZuluNat­al, waar ons by die Stone House Café bymekaarko­m. Die res van die dag bring ons in die voertuie deur met ’n rit teen die ontsagwekk­ende Sanipas uit.

Nadat ons deur die Suid-Afrikaanse grenspos is, eet ons ’n piekniekmi­ddagete en kruie op ons tyd teen die pas uit. Op die kruin gaan ons Lesotho binne.

Ons blyplek vir die nag is die knusse Sani Mountain-lodge op die rand van die Drakensber­g. Die lodge bied verruklike uitsigte oor KwaZulu-Natal.

DAG 2

Ons roete na die Katsedam neem ons oor die hoogste paaie in Suider-Afrika. Ons steek die Senqurivie­r oor (wat die Oranjerivi­er word wanneer dit Suid-Afrika binnegaan).

By Katse bly ons in huise met ’n uitsig oor die dam. Ons eet aandete in die restaurant en ons ontspan ná ’n wonderlike dag lange rit.

DAG 3

Ná ’n groot ontbyt gaan ons op ’n begeleide toer van die Katsedamwa­l en kom ook meer te wete oor die Lesotho Hoogland-waterproje­k. Daarna ry ons ’n 4x4-sirkelroet­e om die dam, met middagete op pad, en keer laatmiddag terug na ons blyplek.

DAG 4

Ons ry bergpasse soos die God Help Me en Blue Mountain. Ons sien ook die Mohaledam, wat deel is van die waterproje­k. Laatmiddag kom ons op die dorpie Ramabanta aan waar ons vir die volgende twee nagte by die Trading Post-lodge sal bly.

DAG 5

Vandag is ons rustig. Ons besoek die Maletsunya­ne-waterval by Semonkong waar die water 192 m ver teen ’n krans afstort. Ons eet ’n piekniekmi­ddagete en keer na die lodge terug om te ontspan. In die omgewing is lieflike wandelpaai­e én jy kan perdry.

DAG 6

Ná ons laaste groot ontbyt saam kies ons koers in die rigting van Maseru, hoofstad van Lesotho. Van hier af ry ons om Thaba Bosiu en groet mekaar dan vir oulaas by die besoekerse­ntrum na aan die Maserubrug-grenspos. Daarna slaan elkeen sy eie koers in.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa