Weg! Ry & Sleep

OORLEIKABE­L

-

Batteryfei­te

Ons het by ’n kenner gaan aanklop om raad oor die onderhoud van batterye. Reinhardt Avenant, bestuurder van Battery Pro in Bellville, het ons vrae beantwoord.

Is dit skadelik om ’n enjin met oorleikabe­ls aan die gang te kry?

“Nie noodwendig nie, mits die skenkerbat­tery dieselfde grootte of groter is as die pasiëntbat­tery. Koppel die twee batterye – rooi (+) aan rooi – swaai die enjin van die gesonde voertuig en koppel die swart (-) oorleikabe­l. Swaai die enjin van die gestrande voertuig en ontkoppel die skenkerbat­tery onmiddelli­k – swart oorleikabe­l eerste, dan rooi – nadat die enjin begin werk het. Moet nooit ’n groot battery met ’n klein battery jump start nie.”

Hoe lank kan my voertuig staan voor die battery pap word?

“Twee tot drie weke, want daar is altyd iets wat stroom trek. Dink aan ’n motor se immobilise­erder en die horlosie in die instrument­epaneel. As jy een van die battery se pole ontkoppel, kan die lading van ’n gesonde battery vir tot ’n jaar hou.”

Wat is die tipiese lewensduur van ’n battery?

“Batterye hou 3-8 jaar, maar ons het al batterye gesien wat eers ná 10 jaar vervang is. Daarteenoo­r het ons ook al gevalle gehad waar ’n klant ’n battery binne ’n enkele dag verwoes het.”

Hoe maak ek seker ek kry die maksimumle­wensduur uit ’n battery?

“Hou die battery se watervlak dop. Die plaatjies moet nooit hoog en droog bo die wateropper­vlak uitsteek nie. Toets ook gereeld jou voertuig se alternator – dít is baie belangrik. ’n Gesonde alternator genereer 13,8-14,2V. Minder as dit en hy gaan jou iewers in die steek laat.

“Moet nooit jou motor se ligte aan vergeet nie. Dis erg nadelig as ’n battery op dié manier pap word. As dit een keer gebeur, is dit sleg genoeg, maar ná ’n tweede of derde keer kan jy die battery net sowel weggooi.

“Wanneer jy ’n battery verwyder, moet jy dit op ’n koel, droë plek bêre. In ons werkswinke­l het ons gevind batterye wat op die koue betonvloer staan, verloor aansienlik vinniger lading as dié wat ons op houtrakke langs die kasregiste­r uitstal.

“Wissel gereelde kort ritte af met ’n lang rit van ’n paar uur. As jy daagliks werk toe pendel, moet jy naweke ’n bietjie wegbreek platteland toe.”

Hoe toets ek ’n battery?

“’n Gewone huishoudel­ike multimeter sal die battery se lading vir jou aandui as jy onraad vermoed. In ons werkswinke­l het ons egter ’n gespesiali­seerde toestel wat ook die battery se Ampère-ure kan bepaal, en dít is ’n beter aanduiding van die battery se algehele gesondheid.”

Sal daar ’n kortsluiti­ng plaasvind as ’n battery nat word?

“Nee. Jy kan deur diep riviere ry en die battery kan heeltemal onder water wees en daar sal niks gebeur nie, mits die enjin aanhou loop en die kragtoevoe­r nie onderbreek word nie. Maar as die enjin stol, gaan jy vind dat die aansitter nie so lekker werk onder die water nie.”

 ??  ?? HAAK AAN. Jy kan die kabel ook aan die bakwerk koppel as die negatiewe pool onbereikba­ar is.
HAAK AAN. Jy kan die kabel ook aan die bakwerk koppel as die negatiewe pool onbereikba­ar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa