Kry nou 25% afslag op arbeid by Auto Care & Diagnostics Geborg:
Hoewel die meeste motorongelukke deur menslike foute veroorsaak word, lewer onpadwaardige voertuie ook ’n groot bydrae tot padsterftes in Suid-Afrika. Hou jou voertuig in ’n puik toestand – dit red lewens. Hier is ’n lys dinge waarmee Auto Care & Diagnostics jou in die toekoms kan help, en tot einde Oktober, kry jy 25% afslag op arbeid.
As jou motor net “tiks” maak in die oggend of as jou lugversorging nie werk nie, krap dit ’n mens om. Maar ’n motor wat nie behoorlik in stand gehou word nie is meer as net ’n bron van frustrasie. Dit is ook lewensgevaarlik. Hoe vaar jou motor met die volgende lys dinge?
LUGVERSORGING
Jou lugversorging moet in stand gehou word. Die gas in die stelsel en stukkende komponente moet vervang word. Jou motor se lugversorging kan by uitgesoekte werkswinkels van Auto Care & Diagnostics (sommer kortweg ACD) versien en die gas hervul word.
OUTO-ELEKTRIES
’n Dooie battery, aansitter of alternator kan alles dui op outo-elektriese probleme. ACD gebruik gevorderde diagnostiese toerusting om probleme korrek te identifiseer en jou ryding so vinnig moontlik op die pad terug te kry. Hierdie diens is by uitgesoekte handelaars beskikbaar.
REMME
Jou voertuig se remme is kritiek belangrik vir jou veiligheid en die instandhouding daarvan is ononderhandelbaar. ’n Toename in remafstand en remme wat meegee is lewensgevaarlik. ACD bied ’n volledige remvervangingsdiens, wat insluit: remkussings, remskywe, remskoene, remkabels en –sensors, hidrouliese stelsels en loopysteronderdele (“calliper components”). ACD gebruik ’n reeks van gehalte-namarkonderdele wat gerugsteun word deur ’n waarborg van 3 maande/ 10 000 km.
VOERTUIGDIAGNOSTIEK
Deesdae gebruik voertuie ál meer elektroniese komponente, sensors en aanboordrekenaars, en daarom is dit nodig om ook rekenaars in te span om foute op te spoor. ACD gebruik die allernuutste diagnostiese toerusting om foute op te spoor.
DRYFLYN EN TRANSMISSIE
Die dryftrein verbind jou voertuig se enjin met die wiele en verskaf die krag sodat die motor kan beweeg. Hierdie komponente word aan uitermate krag blootgestel omdat die hedendaagse voertuie baie krag en wringkrag het. Die komponente word uiteraard aan slytasie blootgestel. ACD kan jou help met: koppelaarvervanging, konstantespoedkoppelstukke (“CV-joints”), koeëllaervervanging
ENJINOPKNAPPING
Jou voertuig se enjin is uiteraard ontsettend belangrik en jy kan nie bekostig dat ’n enkele onderdeel jou in die steek laat nie. Omdat jou enjin aan slytasie blootgestel word, is dit belangrik dat dit in stand gehou word. ACD kan die tydreëlband/ ketting (“cambelt”) vervang en enjinopknapwerk doen.
GEREELDE EN OMVANGRYKE MOTORDIENSTE
Gereelde instandhouding verseker die lewensduur van die belangrikste komponente van jou voertuig. Artikels wat beslis gereeld vervang moet word, sluit in filters en olies, wat ’n beperkte leeftyd het. Op ’n dieselenjin word die olie elke 10 000 km (of ná 12 maande) vervang en op ’n petrolenjin elke 15 000 km/12 maande. ACD gebruik net gehalte-onderdele wat deur ’n waarborg van 3 maande/ 10 000 km gerugsteun word.
VERING
Veringkomponente hou jou voertuig op die pad. Skade weens slaggate en swak padoppervlakke kan sy tol eis en jou vering laat meegee weens die gewig van die voertuig en die konstante beweging. ACD doen veringraam- en onderdeelvervanging.