Weg! Ry & Sleep

Dankie vir die ekstra myl

- LEON EN MARIETJIE DU PLOOY Centurion

Ons kamp al etlike jare by die Hartbeesho­ek-reservaat naby Brits. Dié netjiese oord behoort aan Braam en Mimi Bothma en ons noem dit ook ons huis weg van die huis af.

Buiten hulle uitstekend­e plek spreek hulle klantedien­s ook boekdele. Dit was weer tyd vir ’n goeie ruskans by Hartbeesho­ek, maar die aand voor ons ry, bel Mimi oor moontlike onrus by die nabygeleë Lethlabile. Sy sê sy sal ons op die hoogte hou.

Ons besluit om sommer vyfuur die oggend te ry sodat ons die moontlike moeilikhei­d kan vermy. Kort hierna kry ons ’n boodskap van Braam om te hoor of ons al in die pad geval het.

Tien minute later kry ons ’n oproep van ene Bennie Dercksen, ’n lid van ’n sekerheids­maatskappy op Brits. As ons nader aan die dorp kom, sal hy ons tot by Hartbeesho­ek vergesel.

Dinge was wel omgekrap en ons het verby smeulende bande en twee uitgebrand­e motorwrakk­e gery, maar nie vir ’n oomblik het ons bedreig gevoel nie. Bennie het hom kom voorstel en ons was baie dankbaar vir sy hulp. Min het ons geweet ’n besorgde Braam het vooraf reeds reëlings getref, en Bennie was al om 4 vm. gereed om ons te vergesel.

Ons is opreg dankbaar vir die diens, maar dis besorgdhei­d soos dié wat ons telkens na Hartbeesho­ek sal laat terugkeer. Aan Braam, Mimi, Bennie en Deona Becker en Heinrich Horn van die oord: Julle is wonderlike mense.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa