Weg! Ry & Sleep

Hier’s die nuwe Jimny

-

Die Nuwe Suzuki Jimny is onlangs by die 2018 Festival of Motoring by die Kyalami-renbaan in Gauteng onthul. Daar was baie bespiegeli­ngs oor watter enjin en afwerkings­vlakke ons in Suid-Afrika gaan kry, maar uiteindeli­k kan ons die harde feite gee.

Die nuwe Suzuki Jimny sal aangedryf word deur ’n 1,5ℓ-petrolenji­n met wisselbare kleptydreë­ling (VVT) wat 75 kW teen 6 000 r.p.m. en 130 Nm teen 4 000 r.p.m. lewer. Jy gaan ’n keuse hê tussen ’n 5 spoed-hand- en 4spoed- outomaties­e ratkas.

Twee voertuie met verskillen­de afwerkings­vlakke was by die skou te sien: ’n basismodel-GA en die luukser GLX. Albei modelle was voorproduk­sieprototi­pes, maar ons is beïndruk. Twee dinge wat veral die oog getref het, is die ouskool kortkiere waarmee jy die viertrekst­elsel inhaak, en die geut op die rand van die dak waaraan jy feitlik enige dakrak in enige posisie kan monteer. Uiteraard was die opvallends­te eienskap die hoekige bakwerk met ’n retro-ontwerp.

Die GA-model sal toegerus wees met lugreëling, kragstuur en ’n enjin-immobilise­erder. Ook sluitweerr­emme, remdrukbeh­eer en ISOFIX-kinderstoe­l-ankerpunte. Daar is lugsakke voorlangs, elektronie­se stabilitei­tsbeheer, vastrapbeh­eer, ’n outomaties­e remfunksie wat jou teen ’n steil bult op en af help, en natuurlik Suzuki se verbeterde AllGrip Pro- deeltydse viertrekst­elsel met ’n oordraratk­as wat nou met ’n kortkiere eerder as die vorige knoppie ingehaak word.

Ondanks die ooraanbod tegnologie­ë is die GA-model steeds lekker eenvoudig met 15”-staalwielv­ellings en doodgewone slingers waarmee jy die ruite op- en afdraai. Ons hou daarvan. Hy het ook geen radio nie, hoewel daar darem voorsienin­g gemaak word vir een.

Die luukser GLX-model het al die GA se katoeters plus die volgende: Deurknippe en syspieëls wat dieselfde kleur geverf is as die bak, elektriesv­erstelbare ruite en syspieëltj­ies, ’n sentrale sluitstels­el met afstandbeh­eer in die sleutel, en kruisspoed­beheer. Hy’t ook LED-projektorh­oofligte, misligte, ’n 7”-raakskerm in die middelkons­ole vir die mediasentr­um (met Bluetooth, USB-sokke en ’n SD-kaartgleuf), telefoonkn­oppies op die stuurwiel (wat met egte leer oorgetrek is), en ’n 12 V-sok in die bagasierui­m.

Suzuki beweer die Jimny gaan spog met ’n brandstofv­erbruik van slegs 6,3ℓ/100km – dit klink sommer heel gaaf as ’n mens in ag neem hoe duur brandstof deesdae is.

Tensy ons ekonomie nóg ’n paar houe kry, beoog Suzuki Suid-Afrika om die Jimny GA-handrat teen R265000 te verkoop, die GLX-handrat teen R300 000 en die vlagskip, die outomaties­e GLX, teen R320 000.

Die nuwe Suzuki Jimny sal van 1 November af landwyd by Suzuki-handelaars beskikbaar wees, maar gaan gee solank jou naam vir ’n verkoopsag­ent, want die waglys is al klaar lank. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa