Weg! Ry & Sleep

Recce-raad vir Conqueror

-

Die boswaverva­ardiger Conqueror het die manne van Recce Incorporat­ed (Edms.) Bpk. nader gehark vir verdere ontwikkeli­ng van sy boswa en boswoonwae­ns. Thinus de Vries, Conqueror se besturende direkteur, sê hy is opgewonde oor die voortuitsi­g om hulle produkte nóg beter te maak.

SASMA is die amptelike ledeorgani­sasie vir die veterane van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte. Die organisasi­e se doelstelli­ng is om veterane te ondersteun, en met dít in gedagte is Recce Inc. op die been gebring – om die Recce-handelsnaa­m vir kommersiël­e doeleindes aan te wend.

Callie Roos, uitvoerend­e hoof van Recce Inc., sê hulle het Conqueror as vennoot gekies vanweë die vervaardig­er se trotse tradisie van gehalte én omdat hulle dieselfde eienskappe het.

Vir Conqueror is dit geen onbekende veld nie. Die maatskappy het in die jare negentig ontstaan as vervaardig­er van militêre spesialist­oerusting en bou sedert 1998 boswaens.

Intussen het Conqueror 20 robotte aangekoop om sy produksiel­yn nóg meer vaartbelyn te maak. Nou spog dié vervaardig­er met een van die mees gevorderde produksiel­yne in die land, want die robotte kan onder meer materiale sweis, plate heen en weer skuif vir die pons-, lasersny- en buigmasjie­ne, en selfs stroke gom smeer en panele optel en aan mekaar vassit. Kontak 016 349 6531 info@ conqueror.co.za conqueror.co.za >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa