Weg! Ry & Sleep

BMW is besig... báie besig

-

BMW se aanleg in Rosslyn buite Pretoria het vanjaar 300 nuwe robotwerke­rs bygekry. Die robotte is nodig om nuwe X3-modelle vir Suid-Afrika en Europa te bou. Dis reg, die Duitsers ry in BMW’s wat in Suid-Afrika gebou word!

Dit behoort eintlik nie ’n skok te wees nie aangesien dieselfde Rosslyn-aanleg in 2002 die JD Power-toekening gewen het as die beste motoraanle­g ter wêreld.

Die 300 nuwe robotte het darem niemand se werk gesteel nie. Inteendeel, BMW se ingenieurs­akademie lei 300 nuwe vakleerlin­ge per jaar op, en altesame 2 000 geskoolde ambagsmens­e is al van daar af na die aanleg se vloer geskuif.

• BMW se belofte om toenemend omgewingsv­erantwoord­elik te wees is versterk deur die dienste van die Bio2Watt-bioëlektri­siteitstas­ie buite Bronkhorst­pruit te gebruik. Bio2Watt omskep jaarliks 40 000 t beesmis en 20 000 t ander organiese afval deur middel van ’n gistingspr­oses in vlambare gas. Die gas word dan gebruik om kragopwekk­ers aan te dryf wat 4,2 gW elektrisit­eit in Eskom se kragnetwer­k stoot. BMW kry dan korting in ruil vir hulle bydrae tot die nasionale kragvoorsi­ening.

BMW Suid-Afrika hoop om teen die einde van 2018 slegs alternatie­we en volhoubare energiebro­nne te gebruik. Dit vergelyk goed met BMW Duitsland se mikpunt om dieselfde doelwit teen die jaar 2020 te behaal.

• Omdat 30% van BMW se verkoopsyf­er te danke is aan die X-modelle, het BMW se Waterval-tak in Midrand ’n “leefstylpa­rk” uitgelê. Van November af kan jy R2 750 betaal vir ’n profession­ele 4x4-kursus op ’n 1,3 km lange hindernisb­aan. Die baan is spesifiek ontwerp om die viertrekst­elsels van BMW se X-modelle te laat uitblink. Weg Ry & Sleep se Cyril Klopper het op die baan gery (wat met sy besoek nog nie voltooi was nie) en hy beaam dit sal BMW-eienaars beïndruk.

Buite die hindernisb­aan is daar ook ’n abseilkabe­l, drafroetes en ’n BMW-winkel waar jy BMW-klerasie kan koop en aan duur ingevoerde koffie kan teug. Dit klink soos ’n lekker plek vir ’n blink Stefaans, maar dalk minder lekker vir Koos Kakamas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa