Weg! Ry & Sleep

Skiet hom met ’n aasbom

-

Karphengel­aars maak voerplek vir die vis wat hulle wil vang, maar die probleem is dat dit ’n goeie 50 m of wat weg van die oewer af kan wees. Baie hengelaars gebruik ’n afstandbeh­eerde aasbootjie of roei sommer self in met ’n kano om die voeraas tot op die regte plek te kry.

Hengelaars het ook ’n derde keuse, as ’n mens byvoorbeel­d na Stonfo se “voerkettie” kyk. Werner Lubbe van Fear None Quality Fishing Tackle, die alleeninvo­erder van die spesifieke kettie, sê jou opsies is nié beperk as jy nie ’n aasboot of kano het nie. Nie net neem Stonfo se Fiona Maxi-voerkettie omtrent geen plek op tussen al jou gerei nie, maar ’n mens kan ook jou voeraas in ’n oogwink tot op jou beplande voerkol skiet.

Die kettie word in Italië gemaak en die raam is van aluminium. Die handgreep bestaan uit duursame ABS-plastiek en die rek is sterk genoeg om aas tot 120 m deur die lug te lanseer. Die kettie se twee rekkante is in die middel vas aan ’n klein rubbermand­jie waarin jy die aas sit. Vir akkuraathe­id is boilies (16 mm) en melasse-voerbolle (40 mm) die ideale “ammunisie”, maar die kettie kan ook voer soos kaboemmiel­ies, gemengde sade en gewone voerbolle tot op die voerplek skiet.

Prys Ongeveer R300. Kontak Fear None Quality Fishing Tackle 011 979 2766 fearnone@mweb. co.za fearnoneqf­t. co.za. Die kettie is by die meeste goeie hengelwink­els beskikbaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa