Weg! Ry & Sleep

Stook jou seekos

-

Ons het al baie met dié rookmetode geëksperim­enteer. Dit sorg vir ’n heel ander smaak en is verbasend maklik.

Jy benodig

1 vars visfilet soos kabeljou, geelstert of geelbek olyfolie sout en peper ’n paar hande vol rooksaagse­ls (dit is te koop by supermarkt­e en koöperasie­s) ’n groot stuk foelie

Só maak jy

1 Verf die vis oraloor met olie en sit dit eerste met die vel na onder op die rooster. Braai die vis vir 3-5 minute aan elke kant sodat dit nie heeltemal rou is wanneer jy dit begin rook nie. 2 Skeur solank ’n stuk foelie af wat groot genoeg is om die rooster én kole te bedek. Haal nou die rooster af en gooi ’n dubbele hand vol saagsels in die kole. Sit die rooster vinnig terug en bedek dit met die vel foelie. 3 Probeer soveel as moontlik van die rook vasvang terwyl die saagsels uitbrand – ’n Weber met ’n deksel werk goed. Hou die foelie vir ongeveer 5 minute op. In dié tyd kan jy die rooster een keer omdraai en die foelie dadelik weer bo-oor sit. 4 Gooi nou ’n bietjie sout en peper oor. (Die vis het teen dié tyd ’n liggeel kleurtjie gekry.) Druk met jou vingerpunt­e teen die vis om te voel of die vleis al ferm is. As die vis maklik vlok, kan hy maar bord toe.

Weg Ry & Sleep sê Akkerhouts­aagsels van ou wynvate werk die beste. ’n Sakkie van 315 g kos net onder R60 by Agrimark.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa