Weg! Ry & Sleep

Voor jy jou beursie oopmaak

-

Wat sê die boekie?

Brandstof Diesel.

Enjin 1,968 ℓ

Silinders 4

Krag 130 kW @ 4 000 r.p.m.

Wringkrag 350 Nm @ 1 608-3 500 r.p.m.

Ratkas Sesspoed-outomaties (DSG).

Aandrywing Voorwiele.

Tarra 1 390 kg

BVM 2 150 kg

BKM 4 150 kg

Waaddiepte Nie beskikbaar nie.

Sleepvermo­ë vir geremde sleepding Tot 2 000 kg

Afmetings 4 862 mm (l); 1 871 mm (b); 1 427 mm (h)

Asafstand 2 841 mm

Spoorwydte 1 587-1 591 mm (voor); 1 577-1 581 mm (agter) Grondvryho­ogte 138 mm

Brandstoft­enk 66 ℓ (sluit ’n reserwe van 6 ℓ in).

Prys (nuut) R649 900.

Prys (tweedehand­s) Ons het op autotrader.co.za een met 8 000 km op die klok gesien vir R639 950.

Vinnige feite

Die sleephaak Die haak is opsioneel op al drie modelle. Soos met die toetsmotor kos dit R8 350 ekstra. Vering Meerskakel­vere agter en mikvere voor. As ’n sportiewer soort kar het sy stert nogal heelwat gesak onder die neusgewig van die wa: ’n volle 25 mm – wat ook die stamperige rit met die woonwa verklaar.

Wat sê die skaal? 1 860 kg met ’n vol tenk brandstof en die wa se neusgewig op die stang. Die kombinasie­massa was 2 740 kg.

Binneruimt­e Hierdie is ’n plat kar – voor én agter raak ’n mens se kop amper aan die dak, maar die agterste mense kan glad nie kla oor die ruimte voor hulle knieë nie: daar’s ’n volle een ’n halwe dwars hand.

Spoed Die odometer is net 3 km/h uit – op 100 km/h wys die GPS 97 km/h.

Brandstofv­erbruik ’n Mens kan glad nie kla oor die 10,8 ℓ/100 km (8,7 km/ℓ) nie. Ons sommetjies en dié van die rekenaar stem boonop presies ooreen. Afwerking Stylvol en hoekig en merendeels swart. Selfs die dak binne bo jou is swart, en die “R” op die stuurwiel lyk of dit in die aluminiumg­edeelte gegiet is om die gehalteafw­erking te benadruk.

Ekstras Onder meer R2 250 vir metaalverf, R16 150 vir die Parkeer-pakket (wat die trukamera en Park Assist insluit) en R9 350 vir die Head-up Display.

Ander modelle?

2.0 TDI Elegance R599 900

2.0 TSI R-Line 4Motion

R699 900

Weg Ry en Sleep sê As jy gereeld sleep, beveel Volkswagen ekstra dienste tussen die standaards­kedule aan.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa