Weg! Ry & Sleep

Rys en lekker!

-

Hierdie bruinryssl­aai maak jy sommer maklik in die kampplek. Enige slaai wat oorbly, kan jy dan gebruik om halwe skorsies te vul – draai dit in foelie toe en bak dit vir die volgende ete oor die kole.

Jy benodig

(genoeg vir 6) 1 koppie bruin-en-wilderysme­ngsel 2 rooi of geel soetrissie­s 1 blik (400 g) kekerertji­es, afgespoel 1 klein rooiui, in dun ringe gesny

VIR DIE SLAAISOUS 1 teelepel komynsaad 100 ml olyfolie 2 eetlepels witwynasyn sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Kook die rys volgens die instruksie­s wat op die pakkie aangegee word. Dreineer en hou dit eenkant tot jy dit nodig kry. 2 Sny die soetrissie­s middeldeur en rooster dit oor die kole tot die skil swartgeskr­oei is. Maak dit vir 5 minute in ’n bak toe (of draai dit in koerantpap­ier toe óf sit dit ’n plastieksa­k) sodat dit kan stoom. Trek die skilletjie­s af en sny die heerlik saggeroost­erde vleis in repies. Meng die soetrissie saam met die kekerertji­es en uie deur die rys. 3 Maak die slaaisous Rooster die komynsaad in ’n droë pannetjie oor die kole tot dit geurig is – hou dit fyn dop sodat dit nie brand nie. Meng die olie, asyn en komyn goed saam, geur die sous na smaak met sout en swartpeper, en gooi dit oor die rysslaai. Meng alles goed deur en sit dit warm óf koud voor.

Weg Ry & Sleep sê Vir ’n vullender slaai kan jy fetakaas of gebraaide spek byvoeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa