Weg! Ry & Sleep

Laat hy brand waar hy wil

-

Maak jou rissiesous by die huis en neem dit saam vir hierdie bobaas pregorolle­tjies.

Jy benodig

(genoeg vir 6) 2 koppies (250 g) broodmeel 5 g kitsgis 1 teelepel sout 1 teelepel suiker ½-¾ koppie louwarm water 600-800 g steak (kruisstuk of filet) roket- of slaaiblare om voor te sit

VIR DIE RISSIESOUS 1 klein rooiui 3 knoffelhui­sies 1 klein rooi soetrissie, pitjies uitgeskraa­p 6-8 serranoris­sies 1 eetlepels olyfolie 1 eetlepel suiker 50 ml rooiwynasy­n sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 1 teelepel droë origanum sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1 Maak die rissiesous Pols die bestanddel­e vir die rissiesous in ’n voedselver­werker fyn en geur dit na smaak met sout en swartpeper. Gooi die sous in ’n glasflessi­e en hou dit in die yskas – dit sal vir minstens ’n maand hou. 2 Meng die meel, gis, sout en suiker in ’n groot bak saam en gooi twee derdes van die water by. Meng alles met jou hande saam tot dit ’n deeg vorm en gooi die res van die water bietjie-bietjies by tot dit hanteerbaa­r word. 3 Knie die deeg vir 10 minute tot dit mooi glad en elasties is. Bedek dit met kleefplast­iek en laat dit vir ’n uur op ’n warm plek rys tot dubbel die volume. 4 Druk die deeg effens plat en verdeel dit in 12 bolletjies. Pak die bolletjies op ’n meelbestro­oide werkopperv­lak. Gooi ’n klam vadoek oor en laat dit weer rys tot dubbel die volume.

5 Braai die roosterkoe­ke oor lou kole en draai dit elke nou en dan om. Die roosterkoe­ke is gereed as dit hol klink as jy daarteen klop. Die geheim van ’n goeie roosterkoe­k is om die hitte laag te hou sodat hulle stadig gaar word.

6 Sny die vleis in 6 dun steaks en geur dit na smaak met sout en swartpeper. Braai dit oor baie warm kole vir 2 minute aan elke kant of tot dit gaar is volgens jou smaak.

7 Sit die gaar vleis in ’n bak en verf dadelik van die rissiessou­s daaroor. Bedek en laat dit vir 5 minute staan. Sny dan elke steak middeldeur en sit dit voor op ’n gebotterde roosterkoe­k met ekstra rissiesous en vars roketblare daarby.

Weg Ry & Sleep sê Vir ’n matiger sous kan jy die rissies se saadjies uitskraap. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa