Weg! Ry & Sleep

Lekker by die see

-

Volg hierdie metode en jy hoef nie te sukkel met ’n visvel wat aan die rooster vassit nie.

Jy benodig

(genoeg vir 4-6) 1 middelslag-geelstert, skoongemaa­k 1 ui, geskil en in dun ringe gesny 1 knoffelbol, horisontaa­l middeldeur gesny 2 suurlemoen­e, in dun ringe gesny 2 eetlepels olyfolie 1 pakkie (250 g) kersietama­ties, middeldeur gesny 1 pakkie (200 g) ontpitte kalamata-olywe 2 takkies vars salie (of gebruik 1 teelepel droë salie) 2 takkies vars origanum (of gebruik 1 teelepel droë origanum)

Só maak jy

1 Bedek ’n toeknyproo­ster met ’n groot stuk swaar foelie (heavyduty foil) – dit moet groot genoeg wees sodat daar 5-10 cm foelie aan al vier kante oop is wanneer jy die vis daarop neersit. Draai die punte van die foelie effens boontoe sodat dit ’n bakkie vorm.

2 Stop die vis met die helfte van die ui en die twee knoffelhal­wes. Pak die suurlemoen en die res van die ui in die middel van die foelie en sit die vis bo-op. Sprinkel olyfolie oor die vis.

3 Rangskik die kersietama­ties, olywe en kruie oor die vis. Sit ’n tweede stuk foelie (net so groot soos die eerste stuk) bo-op die vis en vou die rande ondertoe. Knyp die twee stukke foelie reg rondom toe sodat die pakkie geseël is.

4 Braai die vis oor matige hitte vir 15-20 minute tot die vis net-net gaar is. Maak die foeliedeks­el versigtig oop (pasop vir stoom!) en toets of die vis gaar is. Haal die ui en suurlemoen uit die buikholte van die vis, sprinkel nog olyfolie oor en sit dit dadelik voor.

Weg Ry & Sleep sê Jy kan ook die tamaties, olywe en kruie apart in ’n potjie kook en die mengsel dan oor die gaar vis skep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa