Weg! Ry & Sleep

Soete verleiding

-

Gooi die karamelsou­s uit in ’n diep blikbord en laat almal hulle oliebolle daardeur trek soos dit uit die pot kom.

Jy benodig

(genoeg vir 8) 2 koppies koekmeel ¼ koppie suiker 1 teelepel bakpoeier ½ teelepel koeksoda ¼ koppie sonneblomo­lie 180 ml karringmel­k 1 groot eier sonneblomo­lie vir diepbraai

VIR DIE KARAMELDOO­PSOUS 1 blikkie (400 g) karamelkon­densmelk (Caramel Treat) ½ koppie room ½ teelepel fyn kaneel

Só maak jy

1 Meng die meel, suiker, bakpoeier en koeksoda goed saam in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel. 2 Meng die olie, karringmel­k en eier in ’n aparte bak saam. Gooi dit in die holte van die meelmengse­l en roer stadig die droë bestanddel­e in. 3 Verhit genoeg olie in ’n pot om die oliebolle te diepbraai. Toets die hitte – as ’n klein broodblokk­ie dadelik dryf en borrel, maar nie te vinnig bruin braai nie, is dit reg. Skep lepels vol van die beslag in die warm olie en braai dit tot goudbruin en deurgaar. Moenie te veel op een slag braai nie, want dan koel die olie te veel af. Skep die oliebolle uit op kombuispap­ier sodat die oortollige olie geabsorbee­r kan word. 4 Maak die karamelsou­s Verhit die karamel, room en kaneel saam en roer die mengsel tot dit mooi glad is. Sit dit voor as ’n sous waarin almal hulle oliebolle kan doop.

Weg Ry & Sleep sê Gesmelte sjokolade en room met ’n bietjie brandewyn daarby is ook ’n heerlike sous vir dié oliebolle. Óf meng pleks van die kaneel ’n eetlepel grondboont­jiebotter deur die karamel!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa