Weg! Ry & Sleep

Die regte hoek

-

Dit was ’n dag vol verrassing­s... en toe lewer dit boonop ’n mooi foto op vir Johan Nortjé van Midrand.

“Ons het Namibië besoek en vir my sestigste verjaardag het my mense vir my ’n paar verrassing­s beplan. Die oggend het ons ’n rit in ’n lugballon meegemaak, en later die dag Sossusvlei binnegery. Rondom 3 nm. het ek hierdie duin gesien, en met al die mooi lyne en tekstuur kon ek nie anders as om die skoonheid van die natuur te geniet nie.”

’n Duinfoto kan baie maklik vervelig wees, en daarom moet ’n mens regtig ’n besonderse foto neem voor dit die aandag gaan trek. Maar as die duin se besonderse kleur hom teen die omgewing laat uitstaan, én boonop soos ’n driehoek lyk, wil ’n mens weer en weer kyk. iPhone 7 Plus; 6,6 mm (59 mm in 35 mm-formaat); 1/1 100ste van ’n sekonde; f2,8; ISO 20

Die foto het ’n subtiele “tema” van geometries­e vorms met reguit lyne, iets wat baie onnatuurli­k is in die natuur. Die duin maak ’n driehoek en die donker sand regs op die foto ’n trapesium. ’n Reguit lyn loop ook in die middel deur die foto, tussen hierdie twee vorms deur. Selfs die kleiner duin regs agter maak ’n onderstebo driehoek. Die informele vorms van die bome, die oneweredig­e wolke asook die geplante stompe links (wat in ’n krom lyn staan) balanseer die rigiede lyne.

Al is die duin die hooffokus, anker die groot boom heel links jou oog. Dis omdat die pad links teen dit vasloop van waar ’n mens dan vanself na die res van die foto kyk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa