Weg! Ry & Sleep

Kanniedood

Die afgelope agt jaar het dié leser se sleepkombi­nasie geen probleme opgelewer nie.

-

Betroubare bielie

2007 TOYOTA HILUX 3.0 D-4D (DUBBELKAJU­IT) Die vorige geslag Hilux was, net soos sy voorganger­s, ’n reuse-sukses wat plaaslike verkope betref. Maar met die enorme groei in die marksegmen­t vir dubbelkaju­ite het die mededingin­g al hoe taaier geraak. Jaco Dippenaar van Roodepoort het egter net goeie goed te sê oor sy 2007-model Hilux.

Toe ek in die mark was vir ’n dubbelkaju­itbakkie, was daar heelwat keuses, maar baie van hulle het ernstige

turbo-traagheid gehad. Dit is iets wat my nie aanstaan nie. Ek het ’n ryding gesoek wat nie traag is nie – een met hope wringkrag. Uiteindeli­k het ek op ’n splinternu­we Hilux besluit en hy het my R267 000 uit die sak gejaag. Drie jaar later het ek ook vir my ’n Camp Master Wilderness-kampwaentj­ie gekoop.

Die een ding wat gepla het met die vroeër modelle was dat die voorste passasier nie ’n houer vir koeldrank of koffie gehad het nie. Die nuwer modelle het ook met ’n groter wiel-enbandkomb­inasie uitgekom.

Hoe ook al, ná tien jaar is dit steeds ’n uitstekend­e sleepvoert­uig en dis relatief goedkoop om hom te onderhou.

Ek was betreklik tevrede met die Hilux, maar hy was effens kort van asem en daarom het ek besluit om vir hom ’n 3”-uitlaatste­lsel, K&N-lugfilter en ’n Windbooste­r- elektronie­se versnelbeh­eerstelsel aan te bring. Na dié modifikasi­es het die 3.0 D-4D ’n bietjie makliker asemgehaal – ek kon dit veral op die ooppad sien.

Ek sleep gewoonlik teen 100-110 km/h en doen dit moeiteloos danksy die modifikasi­es aan die Hilux. My gemiddelde brandstofv­erbruik met die wa op die haak is 10 ℓ/100 km, en wanneer ek nie sleep nie, gee hy 8 ℓ/100 km.

Ek het onlangs die geleenthei­d gehad om met ’n nuwer Toyota Fortuner te sleep, en ek het gedink dis ’n goeie alternatie­f vir my, maar hy het te veel gevoel soos my “ou” Hilux voor ek die modifikasi­es laat doen het. Die meeste mense raak gewoond aan die trae kragleweri­ng, maar nie ek nie. Ons is gaande oor die ATKV-Eilandspa en probeer gereeld daar kamp. Dit voel soos ’n oase in die bosveld en daar is baie te doen vir die kinders én grootmense.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa