Weg! Ry & Sleep

BOSVELD-0ASE

- Teks en foto’s Helenus Kruger

By Bosveld-Oase gaan die hele gesin heeldag besig bly – kom dus vroeg en rek die naweek lank uit.

Vra enige kampeerder in die noorde van ons land waar hulle gunsteling­naweekwegb­reekplek is en die kanse is goed een van die oorde in die Brits-omgewing gaan genoem word. Die gebied is ’n hanetree van Gauteng af en bekend vir uitstekend­e kampplekke met iets vir elke smaak – van die rustigheid op ’n wildplaas tot die jolige atmosfeer by ’n gesinsoord. Bosveld-Oase is een van daardie oorde waar jy vroeg op ’n Vrydag kan inboek. As jou kinders nog nie in die grootskool is nie, kan jy om 8 vm. al deur die hek ry, maar selfs al moet jy wag dat die skoolklok lui voor jy in die pad kan val, kan jy nog jou kamp voor sononder opgeslaan hê. Dit is ’n gesinsoord dié, en as skopfietse en straatkrie­ket jou pla, is dit nie die plek vir jou nie – hier word heeldag geswem, fietsgery en gehengel. Tog is hier ook ’n rustige gevoel en jy kan die Bosveld in al sy glorie ervaar. Vroegoggen­d, nog voor die res van die kamp wakker word, begin die voëls al sing, en dit is nie lank nie voor die blousysies kom inloer en ’n spannetjie witkatlagt­ers al hoppende deur die kamp toer. Laatmiddag, as die son goudgeel op die horison rus en die fietse langs die woonwaens lê, daal ’n rustigheid oor die kamp neer. Dan brand die kampvure hoog, en kort voor lank begin die naguiljies gesels.

Op die gras, in die koelte

Wanneer jy by Bosveld-Oase bespreek, kry jy per e-pos’n kaart met die kampuitleg én ’n lys van beskikbare plekke sodat jy kan kies op watter plek jy wil staan.

Die paaie na die staanplekk­e toe loop op plekke met draaie en swaaie. Bring dus jou kaart saam en hou jou oë gespits vir die staanplekn­ommer op die pad en teen die paaltjie of lamppaal by jou staanplek. Philemon Mareke, die vriendelik­e hekwag, ken die kampuitleg soos die palm van sy hand en sal jou in die regte rigting beduie.

Die hele kampterrei­n is gelyk en jy kamp op ’n dik mat kikoejoegr­as. Die 114 staanplekk­e is gemiddeld 15 x 15 treë groot en sowat die helfte van die kamp het inheemse bome vir skaduwee. Baie van die bome is tussen die staanplekk­e, wat beteken jy het net vir ’n deel van die dag koelte op

jou kampkol. >

Die staanplekk­e langs die water is altyd gewild, maar hier word jy sommer dubbel bederf. Jy kan langs die dam kamp (staanplek nr. 106, 107 en 111) én ’n groot graskol met baie bome voor jou hê. Hier kan jy in die koelte jou sit kry op jou kampstoel en dan jou stokke dophou vir wanneer ’n kurper, karp of swartbaars jou hoek vat.

Ander staanplekk­e wat heelwat skaduwee kry, is nr. 3, 6, 10, 16, 29, 37, 53, 93, 95, 103 en 113. As jy nie in jou buurman se woonwa wil vaskyk nie, is nr. 52-69, wat al langs die draad lê, ’n goeie keuse. By nr. 37, 39 en 41 kan jy van jou voorstoep af die wild met jou verkyker dophou as hulle kom vreet. Laatmiddag is voertyd en dan sak die rooibokke, njalas, blouwildeb­eeste en swartwitpe­nse op die krippe toe.

Al die staanplekk­e het krag (bring jou blou sok), ’n drombraaie­r met ’n rooster, ’n kraan en ’n vullisdrom. Ligte is deur die kamp versprei, maar ongelukkig kan jy dit nie afskakel nie. As jy een reg voor jou tent het, gaan die lig dalk pla.

Keuses, keuses, keuses…

Bosveld-Oase het ’n ellelange lys van aktiwiteit­e wat jou die hele naweek kan besig hou. Die waterpark by die ingang van die oord, met sy 10 m hoë waterwurm, glybane, verhitte swembad, minigholf en groot ontspannin­gsgebied met dik gras en baie koeltebome is verreweg die oord se gewildste uithangple­k.

Die waterwurm kronkel 100 m af grond toe, en teen die tyd dat jy in die swembad aan die onderpunt val, het jy al goed spoed opgetel. Vir die jonges wat nie kans sien vir die hoë wurm nie, is hier twee glybane wat laer en korter is, maar wees gewaarsku: Hier kan ’n mens óók spoed opbou. Hou maar ’n ogie oor die kleintjies.

By die waterwurm en glybaan se beginpunte is daar iemand aan diens om seker te maak alles loop glad en veilig.

Die swembad is met nagemaakte rots versier. Langsaan is die kleintjies se swemplek, maar hulle moet ten minste ’n grootmens by die heup vat om voete op die bodem en kop bo die water te kan hou.

Die groot swembad word geleidelik dieper en die eerste tree is vlak genoeg sodat die heel jonges daarin kan baljaar. Pa en Ma moet maar byderhand wees om te kyk dat hulle nie die dieper water op hulle eie invaar nie.

Tussen die swemmery deur kan jy op die grasperk lê en sonbaai of in die koelte onder die inheemse bome ’n piekniekma­ndjie uitpak of ’n vleisie op die kole gooi. Hier is ook ’n minigholfb­aan. Jy kry die stokke en balle by die snoepie en betaal ’n deposito van R50. By die snoepie, reg agter die ontvangska­ntoor, kan jy natuurlik kom aanklop vir roomys, koeldrank, lekkergoed, hout asook vuuraanste­kers as jy nie wil sukkel nie.

Die waterpark is Maandae tot Saterdae van 7.30 vm. tot 5.30 nm. oop en Sondae van 8 vm. tot 4 nm. Dagbesoeke­rs is welkom by Bosveld-Oase.

As die sonbesies in die Bosveldhit­te begin sing, is hier ’n kouewaters­wembad min of meer in die middel van die kampterrei­n waarin ’n mens kan afkoel. Dié swemplek het ook ’n kleiner en vlakker badjie aan die kant vir kleuters. Hier is ’n trampolien, swaaie en klimraam en langsaan die speletjies­kamer met ’n tafeltenni­stafel, pool-tafels en DStv. >

Dit is ons eerste kamp hier by Bosveld-Oase. Die kinders het die waterwurm en swembadden­s baie geniet. Ons hou daarvan om op groen gras te kamp en het die rustigheid geniet. Die badkamers is altyd skoon en die personeel altyd vriendelik.

In die hoek van die kampterrei­n, die verste weg van die ontvangska­ntoor, is die groot warmwaters­wembad… die gewildste uithangple­k in die winter. Dié swembad is onderdak en hier is bankies en tafels op die plaveisel rondom. Langs die swembad is ’n buitelug-skaakbord en, soos by die waterpark, ’n fietsraam waar die kinders hulle tweewiele kan parkeer.

Bosveld-Oase is ’n fees vir voëlkykers. Die kampterrei­n en veld rondom is besaai met geveerdes. Bring jou verkyker en stap die 2 km paadjies om die kamp en soek bospatryse, blousysies, mikstertby­evangers, kaapsevuur­vinkies, maricovlie­ëvangers, witkatlagt­ers en kalahariwi­psterte, om net ’n paar te noem.

Wasplek

Die vier ablusieblo­kke (A-D), is deur die kampterrei­n versprei en so te sê identies binne – slegs klein dingetjies verskil hier en daar. Die B- en D-blok is groter, met elk vier storte en toilette en groter gemeenskap­like dele, terwyl die A- en C-blok elk net twee storte en toilette het.

Elke ablusieblo­k het aparte mans- en vrouegerie­we en is binne van die vloer tot teen die dak geteël. Die stortvertr­ekke is ruim (2 x 2 m) en die nat en droë kant word met glasstortd­eure geskei. Aan die droë kant is ’n bankie en hake vir jou klere en handdoek. Hier is wel nie ’n rakkie vir seep en sjampoe in elke stort nie, maar dit pla nie; jy sit dit sommer op die vensterban­k neer.

In die gemeenskap­like deel het al die wasbakke spieëls en hier is ’n klein vullisdrom en handeseep. Daar is nie hake teen die mure by al die ablusieblo­kke nie. Jy kan darem jou badsakkie op die blad tussen die wasbakke neersit.

By drie van die ablusieblo­kke is die wasbakke in granietbla­aie versink. Die A-blok het losstaande wasbakke, elkeen met ’n klein houtrakkie vir pakplek. Hier is minstens een kragpunt in elke blok.

Elke ablusieblo­k het ’n gesinsbadk­amer wat aan die sykant tussen die mans- en vrouegerie­we is – hier is ’n bad, wasbak met spieël en ’n toilet. Die B- en C-blok het elk ’n rolstoelvr­iendelike badkamer wat toegerus is met ’n oop stort, stoeltjie in die stort en grypreling­s teen die mure.

Aan die ander kant van die geboue is ’n skottelgoe­dwasplek. Hier is net enkelwasba­kke en jy moet ’n skottel saambring as jy afspoelwat­er wil gebruik.

Die kamp het twee punte waar jy jou kassettoil­et kan uitspoel – een langs die A-blok en die ander in die verste hoek van die kamp, net anderkant staanplek nr. 52.

Kampwinkel

Die kampwinkel het ’n verskeiden­heid blikkiesko­s, speserye, souse en vars brood. Sakkies droë hout lê opgestapel teen die muur en as jy die ketelbraai aan die gang wil kry, is hier houtskool. Verveelde kinders kan ’n sokkerbal of dambordspe­letjie kom koop, en natuurlik is hier die vier dinge waarsonder nie kinders óf grootmense kan klaarkom nie: sjokolade, roomys, koeldranke en tjips.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? NES JY DAAR SÊ. As ’n mens kyk na alles wat Bosveld-Oase bied, kan die oord nie ’n méér gepaste naam hê nie. Jy kamp in ’n Bosveldtui­n wat sy gelyke nie ken nie, en die kinders geniet dit gate uit terwyl jy jou sit op ’n kampstoel kry.
NES JY DAAR SÊ. As ’n mens kyk na alles wat Bosveld-Oase bied, kan die oord nie ’n méér gepaste naam hê nie. Jy kamp in ’n Bosveldtui­n wat sy gelyke nie ken nie, en die kinders geniet dit gate uit terwyl jy jou sit op ’n kampstoel kry.
 ??  ?? Jurgens en Riana Potgieter en hulle dogters, Wilmari (19) en die tweeling, Rialet en Loura (13), is van Mookgophon­g en kamp met ’n 1996-model Jurgens Palma wat hulle met ’n 2015 Isuzu 2.5D-dubbelkaju­itbakkie sleep.
Jurgens en Riana Potgieter en hulle dogters, Wilmari (19) en die tweeling, Rialet en Loura (13), is van Mookgophon­g en kamp met ’n 1996-model Jurgens Palma wat hulle met ’n 2015 Isuzu 2.5D-dubbelkaju­itbakkie sleep.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KYK AL DIE WATER. Jy kan tot teen die water kamp opslaan – dan kan jy jou visstok sommer uit jou kampstoel dophou. Laatmiddag staan die diere nader om ’n draai te maak by die voerkrippe.
KYK AL DIE WATER. Jy kan tot teen die water kamp opslaan – dan kan jy jou visstok sommer uit jou kampstoel dophou. Laatmiddag staan die diere nader om ’n draai te maak by die voerkrippe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa