Weg! Ry & Sleep

SANTA MARIA

Hulle tweede reis na Mosambiek het met die wind van voor afgeskop, maar Leon en Rosalia Barnard van Klerksdorp het nie toegelaat dat dit hulle besoek aan die Santa Maria-skiereilan­d in die wiele ry nie.

-

Ons was al vantevore ’n maand lank in Mosambiek, en ons het sommer geweet ons sal teruggaan om weer die avontuur, verskuilde skatte, ongeloofli­ke natuurskoo­n en interessan­te kos te geniet.

Ons het dus ons Mobi Lodge gehaak en ons Ford Ranger Wildtrak se neus in die rigting van die grenspos by Kosibaai gedruk. Ons opwindings­vlakke was natuurlik hoog oor die vooruitsig om by die Bemugi’s-oord te kamp, maar ongelukkig was ons navigasie effens gebrekkig, en kort nadat ons Mosambiek binnegery het, het ons besef ons het op die verkeerde sandpad afgedraai.

Dit klink of julle nogal ’n rowwe tyd op die pad gehad het...

Ons het probeer om met ons GPS oor die weg te kom, maar die sein was te swak om ons te help. Hier is omtrent geen padtekens om ’n mens te help vasstel waar presies jy is nie. Ons het byvoorbeel­d ná 50 km regs gedraai by die eerste afdraai na die Maputoolif­antreserva­at, maar eers later besef ons moes eers 50 km vérder gedraai het omdat ons die reservaat deur die suidelike hek binnegery het. Dit het die lewe aansienlik moeiliker gemaak.

Ons het ook vasgeval, selfs nadat ons die Ranger se bande afgeblaas het tot tussen 1,2 en 1,5 bar. Die wa se neuswiel het kort-kort deur die sand gesleep en dit het veroorsaak dat ons momentum verloor. Dit het natuurlik ook nie gehelp dat die Mobi Lodge swaar gelaai is nie.

Die oord het mense gestuur om ons te soek, maar ons moes eers ons seun met ons satellietf­oon bel om hulp te ontbied.

Hoe lyk die kampterrei­n?

Al die staanplekk­e is in die koelte van digte bome en elkeen het sy eie boma, kragpunt, kraan, genoeg plek en privaathei­d. Jy het lieflike uitsigte reg rondom jou – van die wit sandpaadji­es aan die een kant tot oulike hutte en

vissersbot­e op die strandmeer aan die ander kant.

Wat kos dit om by Bemugi’s te kamp?

Dit kos R150 p.p.p.n. Die staanplekk­e is groot genoeg vir tot 12 mense, die maksimum aantal mense wat die oordbestuu­r per staanplek toelaat (teen R1 800 p.n.). Kinders onder 8 jaar betaal halfprys en kleintjies jonger as 3 kan gratis kom kuier.

Waarmee hou ’n mens jou hier besig?

Ons het ons dae verwyl deur die onberispel­ike strande in die gebied te verken. Ons was veral gaande oor al die rotspoele – hier is selfs ’n skeepswrak wat ’n mens kan verken. Ons het probeer visvang, maar ongelukkig wou niks aan ons aas proe nie. Ons het met ’n veerboot gevaar om by die rotsbank by Inhaca-eiland te gaan snorkeldui­k. Dit is wat ons elke dag gedoen het, tot dit tyd was om huis toe te gaan.

Het julle wenke vir enigiemand wat die oord wil besoek?

Om te keer dat jy verdwaal, bel vooraf en kry ordentlike aanwysings tot by die kampterrei­n waarheen jy op pad is. Maak ook seker jy het ’n betroubare GPS met verkieslik Tracks4Afr­ica se kaarte daarop gelaai. Vra die oordbestuu­r of die pad daarheen geskik is vir iemand wat ’n woonwa sleep. Genadiglik het ons ’n satellietf­oon gehad; in hierdie geweste kan jy nie op selfoonsei­n staatmaak nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KUIER IN DIE KOELTE. Die pad na Bemugi’s kan veeleisend wees, maar as jy eers daar is, kuier jy heerlik onder die digte koeltebome.
KUIER IN DIE KOELTE. Die pad na Bemugi’s kan veeleisend wees, maar as jy eers daar is, kuier jy heerlik onder die digte koeltebome.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa