Weg! Ry & Sleep

RAASWATER RIVER-LODGE

Hier’s ’n kettie, ’n kampplek langs die rivier en ’n rookvuurtj­ie wat een ding in gemeen het: ’n vis aan die hoek.

-

RAASWATER RIVER-LODGE Stilletjie­s langs die raaswater

Die Vaalrivier is bekend vir sy hengeloord­e. Die rivier kry sy suidweswaa­rtse koers uit Gauteng so amper 30 km suid van Potchefstr­oom en sluit dan net meer as 400 km later by die Oranjerivi­er aan. Dit is net hier naby Potch waar Raaswater aan die Noordwes-kant van die rivier lê.

Raaswater se hengeloewe­r is ’n kilometer lank en die kampplek self, wat ook tot teen die oewer loop, is heel regs soos ’n mens deur die hek ry. Jy kan tot teen die water kamp opslaan, maar as gevolg van die 100 jaar-vloedlyn is die naaste kragpunte dan 50 m weg.

Geen staanplekk­e is afgebaken nie en ’n mens kan jou eie kolletjie kies. Daar is plek vir omtrent 10 woonwaens teenaan die water met nog staanplek weg van die rivier af. Die hele kampgedeel­te is plat, het gras en koeltebome en een ablusieblo­k (wat ’n opwasgedee­lte insluit). Hier is nie gemesselde braaiplekk­e nie, maar daar staan ’n hele paar los staalbraai­ers wat jy nader aan jou staanplek kan dra.

Hier is ook drie landingsho­we van waar jy kan hengel. Onder die geriewe op die landingsho­of tel ’n tafel, ses stoele, ’n afdak, braaiplek, wasbak met koue water, krag en ligte ingeval jy heelaand wil stokke oppas. Om die landingsho­of te gebruik betaal jy R300 p.d.

Die kouewaters­wembad is nader aan die kantoor se kant met ’n parkie naby. Die winkel het ook ’n dranklisen­sie en verkoop basiese kruidenier­sware. Dit is oop weekdae en Saterdae van 8 vm. tot 5 nm. en Sondae en vakansieda­e van 8 vm.-1 nm.

Die eienaars vereis dat die geelvis weer vrygelaat word, en ’n stewige boete kan jou voorland wees as jy dit verontagsa­am.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa