Weg! Ry & Sleep

IETS ANDERS

Met hierdie tuisgemaak­te kampwaentj­ie kan hy hom heerlik langs die viswaters tuismaak terwyl hy probeer om ’n blinklyf op sy hoek te kry, vertel Apie Geldenhuys van De Aar.

-

Ek het dié waentjie ’n klompie jare terug by ’n oom op Colesberg gekoop nadat sy seun my vertel het sy pa wil van die ding ontslae raak. Die oom het al aangestap in jare en kon die waentjie nie regtig meer gebruik nie.

Die oom het die wa self gebou. Ek dink dis ’n gewone sleepwa en ’n bakkiekapp­ie wat hy gekombinee­r het om die bedop-wiele te skep. Ek het gaan kyk en gesien dis nét wat ek nodig het vir my visvanguit­stappies. Ek geniet dit vreeslik om oor naweke langs die viswaters te gaan kamp en die wa het alles wat ek nodig het om heel gemaklik oor die weg te kom.

Binne is genoeg ruimte vir ’n driekwartb­edmatras. Ek het dié op twee houtpalett­e gesit sodat ek darem nie op die grond hoef te lê nie. Teen die dak is twee waaiertjie­s om die lug te sirkuleer en die binnekant koel te hou. Hy het ook ’n lig teen die dak en ’n kragprop wat met 220V werk. Ek kan dus my koffiewate­r sommer in die wa kook.

Bo die bed is rakke vir my sakke, klere en ander los goedjies, en dis lekker dat hy die dakrak het vir die res van my bagasie plus visstokke en hengelgere­i.

Ek het die wa eers met my Opel Kadette gesleep, maar dié het ek verkoop en sleep hom nou met my Ford Bantam-bakkie.

Ek is doodtevred­e met die waentjie, en hy laat omtrent die koppe draai wanneer ek die kampterrei­n binnery. Mense kom gewoonlik oorgestap en vra om hom van nader te bekyk. ’n Mens sien nie aldag só ’n oulike sleepsel nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa