Weg! Ry & Sleep

REDAKTEURS­BRIEF

-

Hier is ons nou al in die laaste kwartaal van die jaar en ek is seker jou planne vir die Desemberva­kansie is al vasgemaak. Daar moet natuurlik nog ’n klomp dinge gebeur voor jy die kar kan pak, jou wa kan haak en in die pad val. Maar dis só naby ’n mens kan dit amper proe…

Hier by ons is sake ook allermins rustig. Sonder dat hy regtig daarom aansoek gedoen het, is Kyle aangestel as ons nie-amptelike Midde-Oosterse korrespond­ent – hy moes vandeesmaa­nd na Jordanië reis waar hy een van die eerstes was wat agter die stuur van die nuwe Hyundai Santa Fe inklim. Hy het teruggekee­r met ’n klompie goeie indrukke en ’n griep soos hy nog nooit onder lede gehad het nie. Dit sal hom leer om oor ons winterweer te kla.

Leon het ’n wa gehaak, Sederberg toe gemik en by twee gawe kampplekke weerskante van Clanwillia­m gaan afpak, terwyl Evan al die pad Noord-Kaap toe is om saam met die kleurryke karakters van die Nissan Patrol-forum op die Goerapan te gaan speel.

Op sy beurt kon Cyril daarin slaag om met die nuwe Volkswagen Touareg vas te val. Hy beweer dis die kar se skuld en nié syne nie. Tussendeur het hy ook die leisels gevat met ons aparte tydskrif Roetes wat roep 2018. Ons het hom ’n week voor dié uitgawe drukkers toe gestuur en hy lê reeds op die winkelrak en wag op jou.

Die span het vir jou ’n gids met 40 roetes reg oor die land en ons buurlande saamgestel waar jy met jou veldryer kan gaan speel. Dit sluit alles van eendagbest­emmings tot week lange reise in, en die bykomende inligting is volledig nagegaan om seker te maak die GPS-koördinate, blyplekke, kontaknomm­ers, kaarte, roetebeskr­ywings en raad is op datum.

Roetes wat roep 2018 is nét die ding om byderhand te hou terwyl jy jou avonture vir die nabye toekoms beplan.

Laat weet my intussen waarheen jy dié Desemberva­kansie mik en onthou om foto’s te neem en vir ons te stuur.

Veilig reis!

 ??  ??
 ?? schalk.jonker@media24.com ?? REDAKTEUR
schalk.jonker@media24.com REDAKTEUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa