Weg! Ry & Sleep

MIC SE RUBRIEK

Motorverva­ardigers is as ’n reël vreeslik mededingen­d, maar hulle is ook slim genoeg om te besef samewerkin­gsooreenko­mste kan groot voordele inhou, sê Mic van Zyl.

- Mic van Zyl is direkteur van Ironman 4x4 Africa, die eksklusiew­e invoerder en verspreide­r van die volledige reeks Ironman 4x4-produkte. ironman4x4.co.za

Onlangs kuier ek saam met ’n ou kennis. Ek het die ou donkiejare laas gesien en ons het mekaar by ’n Ierse kroeg gekry vir middagete. Dit was egter onvermydel­ik dat middagete sou oorspoel in ’n gekuier tot laatmiddag. Dit was heerlik om hom weer te sien en ons het deur die loop van die middag oor ’n hele paar dinge gesels.

In ’n stadium was die nuwe Mercedes-Benz-bakkie, die X-klas, onder bespreking en my vriend het voet by stuk gehou die Duitse vervaardig­er het ’n groot flater begaan deur basies ’n Nissan Navara as ’n Merc te probeer verkoop. Hy is hoogs ontsteld dat Mercedes die vermetelhe­id het om te glo mense gaan dit sommer aanvaar. Ek moet ook noem my vriend is ’n groot Mercedes-aanhanger, met onder meer ’n CLK 63 AMG Black Series en ’n AMG SLS Black Series in sy motorhuis.

Ons gesprek laat my die volgende dag nadink, en hoewel my vriend sterk voel oor die saak, het ek ’n ander mening. Ja, motorverva­ardigers is as ’n reël vreeslik mededingen­d, maar hulle is ook slim genoeg om te besef samewerkin­gsooreenko­mste kan groot voordele inhou. Dié voordele geld ook vir kopers, selfs al voel hulle of hulle te na gekom is.

Samewerkin­g onder motorverva­ardigers is niks nuuts nie. Dit was net voorheen makliker om dit geheim te hou. Maar met die internet en sosiale media is niemand se geheime meer veilig nie. DAAR IS MINSTENS drie baie goeie redes hoekom vervaardig­ers saamwerk wat betref die ontwikkeli­ng van hulle voertuie. Die eerste is om koste te bespaar. Dit is ontsaglik duur om voertuie te ontwikkel, en ’n mens moet altyd onthou jou kar se prys word nie net bepaal deur die koste van vervaardig­ing nie. Die geld wat vervaardig­ers op ontwikkeli­ng, ingenieurs­werk en toetse bestee, moet ook herwin word. Veiligheid­svoorskrif­te en wetgewing wat verband hou met uitlaatgas­se, raak boonop al hoe ingewikkel­der, wat beteken ontwikkeli­ngskoste styg deurlopend.

Wanneer twee mededingen­de motorverve­rvaardiger­s dus kragte saamsnoer om ’n nuwe platform te ontwikkel, deel hulle dié kostes. Dit stel elke vervaardig­er in staat om modelle met ’n kleiner produksiek­oste te ontwikkel – iets wat nie moontlik sou wees as hulle dit alleen gedoen het nie.

Tweedens word vervaardig­ers gedwing om meer gereeld nuwe modelle bekend te stel. ’n Klompie jare terug het nuwe modelle minstens ’n dekade of meer basies onverander­d gebly, maar deesdae is dit net ’n jaar of drie. Deur saam te werk sny vervaardig­ers aan die tyd wat dit neem om ’n nuwe model te ontwikkel. Hulle doen dit met twee spanne wat agter mekaar op een platform werk en haal só grootskaal­se tydbespari­ngs.

Die derde rede is waarskynli­k die interessan­tste, en die Merc X-klas is ’n uitstekend­e voor- beeld. Ja, die X-klas is gegrond op die Nissan D23 Navara, en as jy hulle langs mekaar trek, sien jy dadelik ’n klomp ooreenkoms­te. Maar klim in en ry die een en dan die ander, en jy sal die verskille duidelik sien.

BAKKIES IS DIE enigste voertuigse­gment wat wêreldwyd groei. Die gewildste motors wat in Suid-Afrika, Australië, Thailand en Amerika verkoop word, is bakkies. Mercedes was dus in die kol met sy besluit om dié segment te betree. Deur Nissan te nader kon hy ’n bakkie neem wat hom reeds bewys het en dit omskep in iets meer Mercedes. Dit het aansienlik minder moeite, tyd en geld gekos as wat dit sou as hy met ’n skoon bladsy begin het. En hy het die gemoedsrus dat sy vennoot ’n ding of twee weet wanneer dit kom by die bou van ’n bakkie.

Ek glo die Duitsers het genoeg Mercedes by die Nissan-produk gevoeg om daardie driepuntst­er op die neus te regverdig. Enigiets meer sou dalk daartoe kon lei dat mense dit as ’n “sagte” bakkie beskou.

En dít is iets wat die Volkswagen Amarok sukkel om af te skud. Die tyd sal natuurlik leer.

Dit is ontsaglik duur om voertuie te ontwikkel, en ’n mens moet altyd onthou jou kar se prys word nie net bepaal deur die koste van vervaardig­ing nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa