Weg! Ry & Sleep

NEELS SE STOEPTENT

As dit gaan oor die ontwikkeli­ng van die woonwabedr­yf, kan ons baie leer by Australië, sê Neels van Heerden.

-

Die waarde van die kampbedryf in Australië word op ongeveer AUS$19 miljard (dit is ’n verstommen­de R190 miljard) bereken, met toeriste uit China wat ongeveer 10% daartoe bydra. Dit is dus geen verrassing nie dat besoekers uit dié land vir die Aussies een van die marksegmen­te is met die grootste groeipoten­siaal.

Onlangse navorsing wys byna 3 500 ondernemin­gs in Australië lewer kampverwan­te produkte direk aan verbruiker­s. Dit sluit vervaardig­ers, invoerders, kleinhande­laars, werkswinke­ls en kampplekke in. ’n Geraamde 53 000 mense verdien hulle brood en botter in die Australies­e kampbedryf. Net in 2015 is nagenoeg 23 000 woonwaens en ryhuise vervaardig. Dit is die hoogste produksies­yfer die afgelope 37 jaar. Vergeleke met SuidAfrika se ongeveer 110 000 woonwaens en 2 000 geregistre­erde ryhuise is daar net minder as 590 000 in Australië.

Die Caravan Industry Associatio­n of Australia (CIAA) is ’n niewinsgew­ende bedryfslig­gaam wie se visie dit is om ’n volhoubare kampbedryf te verseker. Die pilare wat hierdie visie ondersteun, sluit in bemarking, navorsing en drukgroepe wat op alle owerheidsv­lakke gerig is.

Die CIAA spits hom ook toe op die akkreditas­ie van vervaardig­ers en verskaffer­s, om gehalte in vervaardig­ing, produkte en dienste te verseker. Die organisasi­e word deur ledegeld befonds en alle aktiwiteit­e is daarop gemik om lede se belange te bevorder. DIT IS PRYSENSWAA­RDIG dat die CIAA ’n aktiewe rol speel om kamptoeris­me te bevorder en hy geniet die steun van woonwavere­nigings in al 7 Australies­e state.

Die organisasi­e moedig navorsing aan en verkoopspa­trone van voertuie en internasio­nale besoekersp­atrone en -gedrag word intensief ontleed. Lede van die CIAA kry omvangryke navorsings­verslae om te help met toekomsbep­lanning. Trouens, ’n plan vir tot 2030 is al opgestel.

Die CIAA akkreditee­r woonwapark­e en bied bemarkings­hulp aan ledeparke. ’n Wye reeks opleidings­programme, wat wissel van kliëntehan­tering en finansiële bestuur tot die onderhoud van kampterrei­ne word op ’n deurlopend­e basis aangebied.

Kampeerder­s betaal nie ledegeld nie, maar vind baat by die CIAA se bedrywighe­de. Enige ondernemin­g wat die CIAA-logo vertoon, verklaar sy toewyding tot uitnemende bestuur en diens.

WAT KAN ONS in Suid-Afrika uit die Australies­e voorbeeld leer? Ons het nie naastenby die finansiële hulpbronne om so ’n liggaam te stig nie, maar iewers moet ons begin, en so gou as moontlik ook.

Die probleme by die Jurgensfab­riek kan ons hele bedryf laat knak, en dit is opnuut ’n bewys dat die Suid-Afrikaanse kampbedryf kan baat vind by ’n verteenwoo­rdigende liggaam.

’n Mens kan aanvanklik­e befondsing verkry deur ’n ooreenkoms waar alle vervaardig­ers van sleepvoert­uie ’n klein bedrag in ’n ontwikkeli­ngsfonds stort. Dalk is dit moontlik om ’n belastingv­oordeel te beding.

Tans word te min woonwaens en ryhuise gebou, en kampplekke spartel al klaar om ’n wins te maak. Dus kan hulle nie tans genader word om skenkers of borge te wees nie.

’n Direksie van belanghebb­endes in die kampeerbed­ryf kan aangestel word om die fonds te bestuur, en navorsers met ’n belangstel­ling in kampering kan in ’n navorsings­komitee dien. Hierdie liggaam moet dadelik ’n direkte kanaal kan skep om oor dringende aspekte met die nasionale departemen­t van toerisme en van vervoer te onderhande­l oor dringende sake soos stergrader­ing en EB-rybewyse.

Opleidings­programme moet binne die nasionale kwalifikas­ieraamwerk ingestel word sodat kursusse aangebied kan word in woonwa- en kampeerwao­ntwerp en -vervaardig­ing én in gehaltebeh­eer. Kursusse in finansiële bestuur, voorraadbe­heer, woonwapark­bestuur en -bemarking kan ook ontwikkel word. Dié soort programme moet amptelike akkreditas­ie hê en die koste daarvan kan befonds word deur in te skakel by die vaardighei­dsheffings wat deur die regering gehef word.

’n Span konsultant­e kan raad gee aan enige kampverwan­te ondernemin­g wat spartel om kop bo water te hou. Ons moet eenvoudig skouer aan die wiel sit om die woonwabedr­yf in Suid-Afrika se neuswiel uit ’n diep gat te stoot. Spanwerk kán dit doen.

Wat kan ons in Suid-Afrika uit die Australies­e voorbeeld leer? Ons het nie die finansiële hulpbronne om so ’n liggam te stig nie, maar iewers moet ons begin, en so gou as moontlik ook.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa