Weg! Ry & Sleep

NUWE RYGOED

Die Santa Fe is twee dekades al aan die voorpunt van Hyundai se sportnutsr­eeks. Die vierde geslag is pas bekend gestel en dit lyk of Hyundai alles in sy vermoë gedoen het om hom gemaklik te maak.

- Teks en foto’s Kyle Kock

Die Dooiesee is ’n buitengewo­on ekstreme plek. Dit is meer as 400 m ónder seespieël en die water is só sout dat niks daarin wil leef nie – nóg plant nóg dier. Die versengend­e hitte van die laatsomer pas perfek by die ongenaakba­re landskap van Jordanië. Die kwik draai by 36 ºC terwyl Hyundai se bemarkings­mense die nuwe Santa Fe in die buitelug aan ’n groepie motorskryw­ers uit die Midde-Ooste en Afrika demonstree­r.

Daar is ’n slaak van verligting wanneer die verrigting­e tot ’n einde kom en dit tyd raak om agter die stuurwiel in te skuif. Die vlees is swak en die groepie joernalist­e stap sleepvoet deur die Mövenpick Dead Sea-oord se parkeerter­rein terwyl emmers sweep hulle aftap. In teenstelli­ng hiermee staan twee rye geparkeerd­e Santa Fe’s en luier sonder ’n druppel lugreëling­kondensasi­e op die plaveisel.

Koel kajuit

Dit is ’n verligting om ’n deur agter jou toe te trek nadat jy jou kleresak in die bagasierui­m gelaai het en die outomaties­e agterklap homself sluit. Die klimaat is klaar tot kamertempe­ratuur gestel, maar die beheerknop van die dubbelklim­aatsone-lugreëling word haastig na links gedraai om die binneruim nóg koeler te maak. Jy kan ook jou sitvlak afkoel met versteekte waaiers in die sitplekke. Ná slegs ’n halwe minuut is jou lyding vergete en jy kan nou regop sit, jou oë oopmaak en die binneruim waardeer.

Iets wat dadelik die oog tref, is hoe ruim dit hier binne is. Luc Donckerwol­ke, hoof van Hyundai se ontwerpsen­trum, het verduideli­k hoe die langer asafstand, langer daklengte en breër bakwerk bygedra het tot die groter binneruim – veral vir die middelste en agterste passasiers.

Voorlangs word die bestuurder en passasier geskei deur ’n indrukwekk­ende middelkons­ole wat spog met drie rye instrument­e.

Hyundai se plan was om die Santa Fe so moeiteloos as moontlik te maak vir sy passasiers, en nêrens is dié pogings opsigtelik­er as agterlangs in die binneruim nie. Om by die derde ry sitplekke uit te kom hoef jy net ’n knoppie op die rugleuning van die middelsitp­lek te druk sodat dié sitplek vorentoe kan skuif. Die heel agterste passasiers het oorgenoeg beenruimte mits hulle nie langer as 1,7 m is nie.

Slegs ’n oliebrande­r

Verskeie enjinopsie­s is in ander lande beskikbaar, maar slegs een weergawe en ratkas kom na Suid-Afrika: Hyundai se 2,2 ℓ-turbodiese­l en die nuutontwik­kelde 8 spoedoutom­atiese ratkas. Dis ook goed so, want dis die mees ekonomiese aandrywing­stelsel in die Hyundai-stal.

Die enjin loop seepglad en dit blyk die Koreane sukkel nie met geraas en vibrasies nie.

Hyundai het besluit om sy eie 8 spoed- outomaties­e ratkas te ontwikkel, en die eerste indruk is beslis goed. Hy’s in staat om die laaste rat in die verhouding te kies teen ’n lae 70 km/h mits toestande dit toelaat. Nie almal hou van ’n ratkas wat vroeg oorskakel nie, maar die voordeel hiervan is dat jy brandstof bespaar. Dit is goed en >

wel op ’n gelyk oppervlak, maar gooi ’n paar heuwels in die Santa Fe se pad en jy gaan voel hoe daai ratkas papperig raak. Jy kan natuurlik oorskakel na die sportmodus en self die ratte met die pedale agter die stuurwiel tokkel, maar dan gaan jy betaal by die vulstasie.

Maar selfs al ry jy oor lang afstande in die sportmodus gaan die Santa Fe steeds om en by 8 ℓ/100 km lewer, wat glad nie te versmaai is nie.

Wat kan jy nog verwag?

Die finale spesifikas­ielys vir Suid-Afrika is nog nie afgehandel nie. Daar is wel bevestig dat ons drie afwerkings­vlakke gaan kry: Premium, Executive en Elite. Die basis- en middelvlak­model gaan voorwielaa­ngedrewe wees (die enjin lê dwars onder die kap), terwyl die vlagskipmo­del Hyundai se HTRAC-allewielaa­ndrywing sal gebruik wat kragverspr­eiding outomaties behartig, tensy jy die verspreidi­ng wil sluit sodat die voor- en agteras ewe veel krag kry – hiervoor sal daar ’n “Lock”-knoppie op die instrument­epaneel wees.

’n Raakskerm van 7 duim vir ’n mediasentr­um sal ook standaard wees in al die Suid-Afrikaanse modelle. Die mediasentr­um sal Bluetooth, Apple CarPlay- en Android Auto-programmat­uur hê sodat jy jou slimfoon kan koppel.

Die middelvlak­model sal ook LED-hoofligte, sleutellos­e toegang en ’n outomaties­e luikrug hê terwyl die vlagskip sitplekke kry wat warm én koud maak. Die sitplekke sal jou boonop waarsku as ’n insittende sy sitplekgor­del in die ry losmaak of ’n deur probeer oopmaak. ’n Alarm sal ook jou aandag trek as daar ’n voertuig in jou blindekol skuil.

 ??  ?? Hyundai Santa Fe
Hyundai Santa Fe
 ??  ?? SKAKELBEAM­PTE. Hoewel daar heelwat knoppies en skakelaars is, is hulle maklik om te verstaan. Hulle is in logiese posisies geplaas waar jy hulle verwag (amper soos ’n badkamer wat agter die eerste deur aan die linkerkant van ’n gang is) en die ikone op skakelaars maak dit duidelik wat hulle doel is.
SKAKELBEAM­PTE. Hoewel daar heelwat knoppies en skakelaars is, is hulle maklik om te verstaan. Hulle is in logiese posisies geplaas waar jy hulle verwag (amper soos ’n badkamer wat agter die eerste deur aan die linkerkant van ’n gang is) en die ikone op skakelaars maak dit duidelik wat hulle doel is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa