Weg! Ry & Sleep

RY-INDRUK

Só noem Mynie Grové haar Adonis met sy lenige lyf en ’n duinebesie in die 1980-treffer. Cyril Klopper wil weet of die nuwe Volkswagen Touareg óók ’n grootmenee­r in die duine is.

-

Die Dakar-tydren is van 2009 tot 2011 oorheers deur die Volkswagen Touareg. Giniel de Villiers, Carlos Sainz en Nasser Al-Attiyah het elkeen ’n oorwinning behaal nadat hulle duisende kilometers deur die Suid-Amerikaans­e woestyne geploeg het in ’n Touareg.

Goed, dáái Touareg en die een in Woolies se parkeerter­rein het feitlik niks in gemeen nie, maar die verbinding is nietemin daar.

Ons het onlangs ’n bekendstel­ling van die nuwe Touareg bygewoon en reeds ons eerste indrukke met jou gedeel (Weg Ry & Sleep #14), maar nadat Volkswagen ’n toetsmodel by ons kantoor afgelewer het, kon ons sy sake behoorlik werk.

Die sandmonste­r

Dit is ’n heerlike sonskynogg­end in die Atlantisdu­ine buite Kaapstad. Die sand is natgedou en ons voorsien nie dat die Touareg sal sukkel nie. Ons verlaag nietemin die lugdruk in die 19”-bande tot 1,2 bar. Ons durf nie laer gaan nie want die plan is om aksiefoto’s te neem van die Touareg wat esse kap en sand opskop.

’n Mens kan egter dadelik agterkom die Touareg en sand is nie maats nie. Alles verloop goed mits jy reguit vorentoe beweeg, maar sodra jy skerp draai, sny die blikbrein aan die enjinkrag en rem die tollende wiele. Dan verloor die Touareg momentum en jy voel duidelik hoe die 2 t-voertuig in die sand wegsak.

Nes daai skoolmaat met aspirasies om in die leerlingra­ad te dien wil die Touareg nie stoute dinge aanvang nie. Mooipraat help niks en jy moet hom om die bos lei voor hy koejawels uit die koshuisvad­er se boom sal steel. Met die Touareg is dit dieselfde: Jy moet voet in die hoek sit en onverwags aan die stuurwiel pluk om vir ’n sekonde of twee sand op te skop voordat die vastrapbeh­eer ’n stokkie voor jou varkplanne steek.

Halfpad deur ’n draai teen die binnewand van ’n lae duin besluit die vastrapbeh­eer juis om die viertrekst­elsel van krag te ontneem. As so iets teen ’n hoë duin gebeur, kan ’n voertuig maklik rol en op sy dak beland, maar gelukkig gaan lê die Touareg bloot plat op sy pens in die sand.

Omdat jy nie die vastrapbeh­eer kan afskakel nie – en ook nie die ewenaars kan sluit nie – draai die wiele wat in die lug hang, nutteloos in die rondte terwyl die wiele wat moet grawe, weier om te roer.

’n Barmhartig­e Samaritaan in ’n Toyota Hilux bied aan om ons uit te sleep. Die Touareg is beslis nié ’n duinebesie nie.

Grondhervo­rmer

Aangesien die vastrapbeh­eer so paraat is op sand, besluit ons om volgende ’n grondpad te takel. Hier stryk die vering kleinerige gate en klippe plat en die vastrapbeh­eer help beslis as jy per ongeluk te vinnig om ’n draai ry of as jy moet uitswaai vir ’n seldsame suurpootji­e.

As jy egter soos ’n aap ry, kan jy wel voel hoe die vastrapbeh­eer sy perke bereik. Anders as in die duine wil dit hier lyk of jy die Touareg tóg kan ontspoor.

Die basismodel-Touareg is geskoei in 18”bande (ons toetsvoert­uig het 19”-bielies gehad), maar ons verlang tóg na die vorige 17”-wiele – hulle het dalk nie spoggerig gelyk nie, maar die rit was uiters gemaklik. Die nuwe Touareg is ook beskikbaar met 21”-bande, >

Nes daai skoolmaat met aspirasies om in die leerlingra­ad te dien wil die Touareg nie stoute dinge aanvang nie.

maar dan is jy beperk tot teerpad.Die Touareg presteer dus goed op grondpad, mits jy jou daarvan weerhou om uiting te gee aan jou innerlike Sarel van der Merwe. Hy’s geensins gevaarlik nie (hy’s beslis vasvoetige­r as ’n bakkie), maar ’n Subaru Outback sal beter vaar.

Harder is beter

Die Touareg sing op sy mooiste op ’n teerpad. Hier is die kajuit tjoepstil. Jy kan die bande glad nie hoor suis nie en die V6-dieselenji­n brom tevrede as jy die versneller­pedaal intrap.

Die geskal van ’n straatmusi­kant se bliktrompe­t by ’n verkeersli­g kan ook nie deurdring en die Touareg se manjifieke klankstels­el steur nie. ’n Dolby 7.1-versterker (730W) bring die klank na 12 luidspreke­rs, en die klank is só helder dat dit Rachmanino­ff se tone sal omkrul van lekkerkry.

Die kar is mooi binnelangs, en ná slegs ’n paar minute agter die stuur spoel daar ’n gevoel van welbehae oor jou wat jy nie in ’n goedkoper ryding kry nie. En omdat die bakwerk 77 mm langer en 44 mm breër is, kon Volkswagen die bagasierui­m met 113 ℓ vergroot tot 810 ℓ sodat jy nou ’n ekstra tas kan inlaai vir ’n somervakan­sie by die see.

Slotsom

Die nuwe Volkswagen Touareg is minder bekwaam in die bos as sy voorganger­s, maar hy’s vaardig op ’n grondpad en voor in die koor op teer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GERAAMTE. Die aandrywing­stelsel is beter vir padhouverm­oë as vir veldry.
GERAAMTE. Die aandrywing­stelsel is beter vir padhouverm­oë as vir veldry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa