Weg! Ry & Sleep

WOONWATOET­S

Talle woonwaverv­aardigers het die ylgesaaide B-rybewysseg­ment in hulle visier – Aloe Caravans staan gereed met die Peri Peri.

- Teks en foto’s Kyle Kock

Vra enigiemand onder 35 of hulle ’n EB-rybewys het en die antwoord is waarskynli­k nee. Dalk is die persoon nie eens seker nie... Hoe ook al, sonder so ’n rybewys kan jy vergeet om ’n groot woonwa te sleep, want jy gaan jou rieme styfloop as ’n spietkop jou voorkeer. Allan Keyzer van Aloe Caravans in Boksburg hou die situasie geruime tyd al dop. Terwyl hy en sy seun Matthew hulle op doelgemaak­te woonwaens en ’n paar ryhuismode­lle toespits, is die segment vir kleiner woonwaens ook nou in hulle visier. Die Peri Peri is die eerste van hulle nuwe reeks standaardw­aens.

Hierdie is ’n klein woonwa wat selfs jou tienerseun vars uit matriek met sy gewone ligtevoert­uigrybewys kan sleep (dis nou as hy nie sommer uit die staanspoor vir ’n EB-rybewys gemik het nie). Of dalk is dit vir ouer kampeerder­s wat eerder ’n kleiner woonwa soek, maar nie in die mark is vir ’n teardropwa­entjie nie. In ’n wêreld waar verbruiker­s net die beste en jongste tegnologie en katoeters verwag, is daar twee belangrike eienskappe van dié soort waens: gewig en prys. Dit moet bekostigba­ar wees vir mense met ’n kleiner voertuig en diegene wat nie ’n groter en duurder kar kan bekostig nie. Dan moet dit ook lig genoeg wees om onder die BVM-gewigsperk van 750 kg in te skuif.

Ons haak die Peri Peri aan ’n Hyundai Creta en besoek ’n paar kampplekke in Limpopo.

1, 2, 3... blok myself!

Om die kostes laag te hou het die Keyzers besluit op ’n eenvoudige ontwerp vir die Peri Peri. ’n Aluminiumr­aamwerk versterk die romp terwyl saamgestel­de materiale sorg vir die isolering, en die meeste panele is met aluminiump­late afgewerk. Die Peri Peri se voorkoms is beskeie – hy is afgewerk in ’n dowwe silwer (metaalverf is ook ’n opsie, en die standaardk­leur is wit), en jy sal verskoon word as jy vinnig kyk en dink hier staan een van daardie kitskoswae­ntjies voor jou. Gelukkig verklap die plakkers voor en aan die kante, plus die twee vensters en opwipdak dat die Peri Peri ’n klein woonwa is.

Die noodwiel is op die A-raam en sluit met ’n hangslot (afhangend van hoe jy jou Peri Peri laat toerus). Aluminiumr­iffelplaat beskerm die onderste derde van die neus teen opskietkli­ppies. Die boonste helfte is effens na agter gekrom om dit meer vaartbelyn te maak, want anders sleep jy ’n vierkantig­e blok wat die brandstofv­erbruik die hoogte in gaan laat skiet.

Elke kant kry ’n smal venster, en die verlengkoo­rd se prop pas links in by die agterkant. Die deur sit agter in die middel, met die onderkant daarvan 30 cm bo die grond. >

Hierdie is ’n klein woonwa wat selfs jou tienerseun vars uit matriek met sy gewone ligtevoert­uigrybewys kan sleep.

Bok, bok, staan styf

Om die Peri Peri kampgereed te kry nadat jy afgehaak het is doodeenvou­dig. Laat sak die neuswiel, kry die slinger en laat sak dan die twee hoekstutte op die agterste hoeke (hulle sit netjies weggesteek onder die vloer). Só staan die Peri Peri stewig genoeg, want die wa het vyf punte wat aan die grond raak: die twee hoekstutte, die wiele en die neuswiel. As jy nie die eerste keer jou staan regkry op die kampplek nie, lig net die stutte effens. Gryp een van die vier handvatsel­s op die hoeke en draai of trek die Peri Peri tot op die regte plek. Laat sak die stutte en jy is klaar.

’n Mens lig die opwipdak alleen en sonder sukkel; onthou net om die knippe op die hoeke van die dak los te knip. (’n Karabynhaa­k steek deur elkeen van die knippe om dit toe te hou.) Klim in die Peri Peri, vat die twee handvatsel­s teen die dak vas en druk dan boontoe. Danksy die gasstutte lig die dak sonder moeite of nonsies. Druk nou die ronde dwarsarms van die dak se dra-arms aan albei kante in plek om die geligte dak in plek te hou.

Die bêreplek van die tentdaksei­le wat ’n mens bybestel, is in hulle sakke onder die bankies. Dié stel bestaan uit vyf dele waarvan drie panele agter by die wa inryg. Twee van hulle het vensters, met die toeritsdeu­r in een van die voorpanele. Die panele span jy met verlengbar­e pale wat teen die Peri Peri se romp gestut word. Om die voortent op te slaan is nié vir een mens nie; dit is makliker as iemand hand bysit.

Om die voortent op te slaan is nié vir een mens nie; dit is veel makliker as iemand hand bysit.

Tafel vir twee

Omdat hierdie ’n klein wa is, verwag ’n mens nie te veel van die kombuisged­eelte nie, maar as julle net twee mense is, is daar regtig niks om oor te kla nie. Die kombuis is langs die deur waar ’n kasdeur uit die romp platslaan om die werkblad te vorm. Die blad hang aan ’n kabel, maar jy kan ook een van die verlengbar­e pale gebruik om dit te stut.

Binne die 58 cm breë kas is basiese eetgerei vir twee mense wat in plastiekho­uers pas. Dit sluit in ’n stel messe, vurke, lepels, borde, poedingbak­kies, bekers en glase. ’n Multiprop is in die kas ingeval jy dalk jou ketel saamgebrin­g het. Die Alva-eenplaatga­sstoof is standaard en werk met sy eie butaansili­nder. Hier is ook plek waar jy die skottelgoe­dwasseep en vadoeke kan bêre. >

Binne-wa-se-sake

Direk links in die wa soos jy inklim, is ’n rakkie met die twee skakelaars vir die LED-ligte daarnaas: een vir die binnelig en die ander vir die buitelig by die kombuis. Die brandbluss­er is oop by jou voete vasgesit, met die 91 ℓ-ys-vrieskas daarnaas.

Regs van die deur is nog kaste vir kruidenier­sware. ’n Paar 5 ℓ-waterbotte­ls sal regop op die onderste rak in die linkerkant inpas. Die blad bo-op die kaste is groot – 845 x 475 mm – naas die tafel is dit die grootste werkopperv­lak.

Teen die dak is daar in die lengte nog pakplek: drie kaste plus nog rakke.

Digby die neus, reg waar die dak aan die voorkant ’n kromming maak, is ’n rakkie vir jou leesgoed. Hier is twee leesliggie­s gemonteer met swaaikoppe wat kan skyn waar jy dit draai, en elkeen het sy of haar eie skakelaar.

Die bankies weerskante van die tafel kan platslaan om ’n brug tussen die twee sitplekke te vorm – en die deel agter die ysvrieskas slaan op vir ’n dubbelbed wat dan die grootste deel van die binneruim opneem.

Teen die dak is daar in die lengte nog pakplek: drie kaste plus nóg rakke.

 ??  ?? ALOE PERI PERI
ALOE PERI PERI
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? NOMMERPAS. Die Peri Peri is klein en lig, wat beteken jy kan hom met kleiner voertuie sleep. Die bonus is dat jy slegs ’n gewone ligtevoert­uigrybewys nodig het om hom aan jou ryding te haak.
NOMMERPAS. Die Peri Peri is klein en lig, wat beteken jy kan hom met kleiner voertuie sleep. Die bonus is dat jy slegs ’n gewone ligtevoert­uigrybewys nodig het om hom aan jou ryding te haak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa