Weg! Ry & Sleep

KAMPBOFFIN

Verlede maand het ons jou vertel hoe om jou leerlingli­sensie vir jou sleeprybew­ys te kry. Ons het ook die proses by die bestuursko­ol verduideli­k – wanneer jy moet begin oefen vir jou EB- of EC1-rybewys. Vandeesmaa­nd passeer ons uit.

- Teks Kyle Kock

Jy het die K53-gids van hoek tot kant geleer en selfs die app op jou slimfoon afgelaai om op die hoogte te kom van die moets en moenies van die Padverkeer­swet. Jy het jou leerlingli­sensietoet­s geslaag en nou moet jy uitpasseer. Hier’s die vangplek: Jy gaan dit waarskynli­k met die hulp van ’n bestuursko­ol moet doen. Nie net leer hulle jou die volgorde waarin jy die stuurkontr­oles moet gebruik as jy agter die stuurwiel is nie, maar help ook met die inspeksies en ander belangrike inligting wat van jou ’n veilige en bevoegde bestuurder maak.

Ons is almal bewus van die stryd teen korrupsie in ons land, en dit wil voorkom of hierdie stelsel só saamgestel is dat almal, ongeag of jy ’n bekwame en veilige bestuurder is, waarskynli­k ’n klomp geld gaan moet uitgee om te slaag. Dit is veral die geval wanneer jy vir die eerste keer aantree.

Ons sê nie dis onmoontlik om sonder ’n bestuursko­ol se hulp te slaag nie, maar die kans is goed dat jy nie sukses gaan behaal as jy nie die K53-stelsel van hoek tot kant ken nie. En dís waar die waarde van die bestuursko­ol lê.

DIE VAARDIGHED­E Buite-inspeksie Daar word van jou verwag om die inspeksie te doen én dit soos ’n papegaai voor te dra, maar dit help regtig om die betekenis van wat jy sê te verstaan wanneer jy dit ten aanskoue van die toetsbeamp­te moet doen.

Jy begin aan die voorkant van die voertuig en sê jy het onder die voertuig gekyk vir enige lekplekke of obstruksie­s. Die volgende stap is om een van die ruitveërs op te lig, met jou vinger oor die rubber te gly en te sê jy het seker gemaak dis onbeskadig.

Dan buk jy by die regtervoor­wiel en noem dat die loopvlak nog minstens 1 mm het, die sywand onbeskadig is en dat jy die banddruk nagegaan het (en die klepdoppie stewig vas is). Van hier af beduie jy na die enjinkap en sê jy het die water, olie, remvloeist­of en waaierband nagegaan.

Wanneer jy klaar is, stap jy stadig om die res van die voertuig om jou buite-inspeksie te voltooi. Elke keer as jy by ’n band kom, sê jy hy is nagegaan soos die eerste een. Jy moet ook wys die agterligte is oop en onbeskadig. Hierna wys jy vir die toetsbeamp­te die koppelprop is stewig vas en die wa se lisensiesk­yf geldig en op datum. Wys na die weerkaatss­trook en stap om na die agterkant van die wa om die ligte na te gaan. Hulle moet werk en sigbaar en onbeskadig wees. Maak ook seker die brandstoft­enk se prop is stewig vas.

As jy jou EC1 doen, moet jy ook seker maak die battery en bestuurder­skajuit is stewig vas.

Wanneer jy hiermee klaar is, sal die toetsbeamp­te jou vra om in die voertuig te klim om die ruitveërs, flikkerlig­te en remligte na te gaan. As enige van dié buite werking is, is die voertuig nie padwaardig nie en jy druip die toets. Binne-inspeksie Die toetsbeamp­te kan hiervoor buite die voertuig staan óf langs jou sit. Jy moet noem dat al die deure toe, die handrem opgetrek en die voertuig in neutraal is. Verder moet jy sê daar is geen obstruksie­s onder die pedale nie en dat jy die spieëls verstel het volgens jou behoeftes. Dan is dit tyd vir die werftoets. Linksdraai Dit is ’n belangrike deel van bestuur op SuidAfrika­anse paaie. Dit is redelik voor die hand liggend, want ons ry aan die linkerkant van die pad, nes die mense in Australië, Japan, Brittanje en ons onmiddelli­ke buurlande.

In die werftoets moet jy met die linksdraai te alle tye tussen die lyne bly wat op die grond geverf is. Die toetsbeamp­te sal aan jou verduideli­k presies waar jy moet ry en wat van jou >

verwag word om die linksdraai suksesvol af te lê. Kyk in jou tru- en linkerspie­ël en linkerblin­dekol, en aktiveer jou linkerflik­kerlig. Voor jy links draai, kyk weer in jou blindekol. Halfpad deur die draai moet jy weer in jou linkerspie­ël en die blindekol kyk. En wanneer jy om die draai is en jou sleepkombi­nasie reguit gemaak het, moet jy ’n laaste keer na die blindekol loer.

Wegtrek teen ’n helling

Hier word van jou verwag om met jou voertuig en sleepwa teen ’n helling stil te hou en weg te trek sonder dat die voertuig agteruit beweeg of ’n skielike rukbewegin­g maak. Die enjin mag ook nie stol of die wiele tol nie. Onthou: Jy kry net één kans.

Hou stil waar die toetsbeamp­te wys en moenie dat die voertuig agteruit beweeg nie. Trek die handrem op, sit die ratkas in neutraal en kyk in jou spieëls en blindekol. In Schalk se geval moes hy ná die helling regs draai; dus moes hy sy voorneme met sy flikkerlig aandui. Kies dan eerste rat en oefen koppelaarb­eheer uit. Observeer 360º om jou en laat sak die handrem. Met ’n wegtrek teen ’n helling moet jy waarskynli­k effens versnel. Maak dus seker van jou koppelaarb­eheer terwyl jy die toere lig om te keer dat die voertuig agteruit rol of die enjin stol.

40 m-trustoot

Dit is hier waar ek nie die pyp kon rook met my eerste toets nie. Party mense sal dalk van my verskil, maar dit is baie moeilik om die sleepkombi­nasie reguit te hou terwyl die enjin basies luier. Met dié toets mag jy nie die koppelaar gebruik om jou spoed te beheer nie en die toetsbeamp­te hou sy oë gespits om te kyk of jy dit doen. Wanneer jy die koppelaar intrap, selfs al is dit net effentjies, word dit geag as ’n onbeheersd­e aksie en dis die einde van jou toets.

Ek het liggies met my voet op die koppelaar gery. Die toetsbeamp­te het dit raakgesien en my gewaarsku. Die resultaat was ’n rukbewegin­g en ’n skielike versnellin­g wat my effens onkant betrap het. Hoewel ek nêrens die lyne oorgesteek het nie en op die regte plek stilgehou het, het die verskil in spoed duidelik daarop gedui dat ek “op” die koppelaar gery het, en daarom het ek die toets gedop.

Met my tweede probeersla­g het ek my regtervoet bo die rempedaal laat sweef en sodoende my spoed beheer.

Dié keer het ek geslaag.

Gangparker­ing

Schalk hou vol dit was vir hom die moeilikste toets, omdat hy nie regtig seker was presies wanneer om te begin draai nie. Daar is nie ’n presiese antwoord hiervoor nie, maar sy bestuursko­olinstrukt­eur het hom aangeraai om stadig agteruit te stoot en vinnig te draai. Só sien jy dadelik wanneer jy die wa in die verkeerde rigting stuur.

Dit is belangrik om te onthou om ook in die teenoorges­telde rigting se blindekol te kyk vóór jy begin draai, want as jy dit nié doen nie, word jy gestraf. Ek het verkies om vroeg te draai en die wa in ’n horisontal­e lyn met die ingang van die parkeerple­k te bring. Dit het my genoeg tyd en ruimte gegee om die kombinasie op my eie tyd reguit te kry. Moet egter nie te lank wag voor jy begin draai nie. Daar is beperkte ruimte, en as jy die randsteen of een van die paaltjies tref, is die toets verby. Jy kan ook jou sleepkombi­nasie knak as jy te laat begin draai.

Jy word wel toegelaat om gedurende die toets stil te hou en een keer vorentoe te ry om jou kombinasie reguit te trek en in lyn met die ingang van die parkeerple­k te kry. Wees eerder versigtig; as dit lyk of jy dit nie gaan maak nie, stel die toetsbeamp­te in kennis dat jy van dié opsie gaan gebruik maak. Jy moet met die neus van die voertuig agter die tweede stel

paaltjies stilhou.

Parallelle parkering

Die werftoets is allermins kinderspel­etjies met ’n wa op die haak, maar as jy ’n EB-toets kom doen, is daar ’n ekstra vereiste om die lewe ’n bietjie moeiliker te maak: Daar word ook van jou verwag om die wa af te haak, parallel te parkeer en dan die wa weer te haak voor jy voortgaan.

Die toetsbeamp­te kan jou vra om na een of albei kante toe te parkeer, en wanneer jy hiermee klaar is, moet jy terugstoot in die rigting van jou wa se A-raam om hom weer te haak – en dít sonder enigiemand se hulp om die haak so naby as moontlik aan die sleepstang te kry. Oefen dit vooraf, want as enige deel van die voertuig die wa tref voor jy stilhou, word dit as ’n ongeluk geag... wat beteken jy druip onmiddelli­k. Wanneer jy ’n EC1-toets doen, hoef jy nie parallel te parkeer nie.

Aanskakelv­olgorde

Wanneer jy die werftoets geslaag het, sal die toetsbeamp­te jou vra om die aanskakelv­olgorde uit te voer. Dit is die finale toets om te sien of jy op die pad toegelaat kan word. >

Party mense sal dalk van my verskil, maar dit is baie moeilik om die sleepkombi­nasie reguit te hou terwyl die enjin luier.

Jy moet wys die handrem is opgetrek en die ratkas in neutraal. Ook dat daar geen waarskuwin­gsliggies op die instumente­paneel is wat brand nie. Skakel die voertuig aan (nie die enjin nie) en wys dat al die liggies op die instrument­epaneel werk. Wys laastens vir die toetsbeamp­te dat die voertuig ’n smoorklep het. Indien die motor ’n outomaties­e een het, bring dit onder die toetsbeamp­te se aandag.

Op die pad

As jy ’n nuwe bestuurder is – dus vars uit die skool of universite­it – sal jy met die hulp van ’n goeie bestuursko­ol slaggereed wees vir jou bestuursto­ets. Maar as jy, soos ons, al ’n klompie jare bestuur, gaan jy waarskynli­k van ’n klompie slegte gewoontes ontslae moet raak. Jy mag byvoorbeel­d nie jou arms kruis wanneer jy die stuurwiel draai nie – hoewel dit in die werftoets toegelaat word.

Baie van ons trap ook die koppelaar voor ons die rempedaal trap. Die wet sê dit is ’n onbeheerde aksie, wat beteken jy druip die toets. Voor jy rem, moet jy in jou spieëls kyk en dán die rempedaal trap. As dit voel of die enjin gaan stol, kan jy die koppelaar trap. Jy hou dan stil en trek die handrem op. Voor jy wegtrek, moet jy die hele reeks observasie­s uitvoer.

’n Ander ding wat ons doen sonder om daaroor te dink is om ons kar oor soliede wit strepe te laat dwaal. Dit gebeur veral om ’n draai maklik, maar as jy besig is met die padtoets, moet jy seker maak dit gebeur nié. Nog ’n manier om maklik te druip is om die hoek effens te sny wanneer jy regs draai. Draai eerder wyer. Dieselfde geld met ’n linksdraai. Hou wyd en maak seker die band tref nie die randsteen nie. Onthou om te observeer. Dis ’n goeie idee om by elke lamppaal in jou spieëls te kyk. Dit voel ’n bietjie simpel, maar jy kry strafpunte as jy dit nie doen nie. Jy kan dit selfs hardop noem elke keer wanneer jy in die spieëls kyk – om die toetsbeamp­te se aandag daarop te vestig. Hou ook jou oog op jou spoed. As jy oor die spoedgrens ry, verontagsa­am jy ’n verkeersre­ël. En dit beteken, ja, reg geraai, jy druip. Dit kan ook voel of daar ’n ongemaklik­e stilte in die voertuig is terwyl jy besig is met jou padtoets. Daar is niks verkeerd hiermee nie. Nadat jy die toetsbeamp­te vriendelik gegroet het, is daar nie veel meer vir jou te sê nie. Bly gefokus, luister na die instruksie­s en weerstaan die versoeking om oor ditjies en datjies te gesels. Die toetsbeamp­te stel net in een ding belang en dit is jou bestuursve­rmoë. Maar die belangriks­te is om kalm te bly. Alles sal goed gaan.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa