Weg! Ry & Sleep

4x4-PROFESSOR

Wat is krag en wringkrag? Hoe verskil hulle van mekaar en waarom bied petrolenji­ns meer van die een soort en dieselenji­ns meer van die ander?

- Teks Cyril Klopper

Terwyl die deursneemo­toris fokus op die prys, kattebakgr­ootte en die aantal sitplekke van ’n motor, kyk ware petrolkopp­e na ’n ander stel syfers: Krag en wringkrag.

Toe dié petrolkopp­e nog jonk was en Top Trump-kaarte gespeel het, het hulle die tegniese spesifikas­ies langs enjinkapas­iteit en perdekrag uitgeskree en waarskynli­k min ag geslaan op die voertuig se breedte en gewig. Die ou met ’n Ford Caprikaart (400 Pk.) in sy hand het breed geglimlag terwyl die moed van sy maat met die Renault 5kaart (70 Pk.) tot in sy skoene gesak het.

Maar wat is krag en wat is wringkrag?

Voor ons by die tegniese definisie kom, moet ons eers gesels oor petrol- en dieselenji­ns.

Creme soda of Coke?

Die eerste werklik suksesvoll­e vonkontste­king-binnebrand­enjin is in 1876 deur die Duitser Nikolaus August Otto gebou. Vroeër was daar pogings deur uitvinders in Frankryk en Brittanje, maar Otto se enjins was nou maar eenmaal net beter. Otto-enjins is oorspronkl­ik deur steenkoolg­as aangedryf, maar latere modelle het verskeie vlugtigepe­troleum-produkte gebruik, waaronder ligroïen en bensien.

In ’n petrolenji­n word ’n mengsel van lug en petroldamp deur ’n vonk in die ontbrandin­gskamer aangesteek. Die gepaardgaa­nde ontploffin­g roteer ’n krukas wat op sy beurt die voertuig se wiele draai. Dis ’n kort beskrywing wat ’n hele paar stappe uitlaat, maar dis kortom wat gebeur. Petrolenji­ns is bekend daarvoor dat hulle baie krag lewer. NIKOLAUS OTTO

RUDOLF DIESEL

Dieselenji­ns het later gekom toe Rudolf Diesel in 1893 sy drukontste­king-binnebrand­enjin gebou het. Diesel se oorspronkl­ike enjin het met fyngemaald­e steenkools­tof gewerk en latere modelle is onder meer deur grondboont­jieolie aangedryf. Die brandstof wat deesdae dieselenji­ns aandryf, is in wese halfverwer­kte petrol, maar dit kan net sowel geraffinee­rde kookolie of ’n ander “swaar” vlambare vloeistof wees.

Diesel, die brandstof, is dus na die soort enjin genoem (en die enjin na sy uitvinder) terwyl die petrolenji­n sy naam van sy brandstof – petroleum – gekry het.

In dieselenji­ns word ’n mengsel van lug en brandstof onder hoë druk saamgepers totdat dit spontaan ontvlam. Wat volg, is identies aan ’n petrolenji­n se aandrywing­stelsel, maar ’n dieselenji­n is meer bekend vir sy wringkrag as krag.

Maar wat is krag en wringkrag?

Krag is die hoeveelhei­d werk wat ’n enjin in ’n gegewe tyd kan verrig en die energie wat in daardie tydperk vrygestel word. Een perdekrag is gelyk aan 146W, en 1W is gelykstaan­de aan 1 Joule wat in 1 s verbruik word. Een Joule is die energie wat na ’n voorwerp oorgedra word wanneer die krag van een Newton op die voorwerp in die rigting van sy beweging optree oor ’n afstand van 1 m (dus

www.weg.co.za DIE OTTO-ENJIN 1 Newtonmete­r, of Nm). Een Newton is die krag wat nodig is om 1 kg massa te versnel teen 1 m/s in die rigting van die toegepaste krag.

En dit bring ons by wringkrag, uitgedruk in Nm.

Wringkrag is ’n meting van hoeveel draaikrag ’n enjin se krukas op ’n dryfas kan uitoefen. Wringkrag is eweredig aan die drukverhou­ding, verplasing en slaglengte van ’n enjin, maar nie die revolusies nie, aangesien maksimumwr­ingkrag bereik kan word voor maksimumre­volusies.

Behalwe vir sy unieke soort ontbrandin­g het ’n dieselenji­n ’n langer suierslag wat meer hefboomaks­ie op die krukas uitoefen en dít verskaf uitstekend­e wringkrag. ’n Petrolenji­n, daarteenoo­r, het ’n korter slaglengte met kleiner onderdele wat vinniger beweeg – krag is direk proporsion­eel tot revolusies per minuut (r.p.m.) – en hoewel ’n petrolenji­n wringkrag inboet, is hy meer energiek en daarom wek hy meer krag op (uitgedruk in kW).

Dink so daaraan: ’n Jagluiperd kan ’n afstand van 120 km in een uur aflê (as hy Energade én ’n Disprin drink), maar daarna is hy pê. ’n Buffel neem drie maal langer om dieselfde afstand >

te hardloop, maar jy kan op sy rug ry (as hy jou toelaat) terwyl hy dit doen.

Buffel of jagluiperd?

Kyk na die grafieke hierbo van twee enjins – een petrol en een diesel – met ’n eenderse verplasing­grootte. Die lesing is geneem oor ’n tydperk van 10 s en dit skop af sodra jy die versneller­pedaal plattrap.

Die petrolenji­n het ’n langer lineêre kragkurwe wat geleidelik vanaf lae revolusies tot die maksimumre­volusies klim. Teen 8 000 r.p.m. bereik hy die maksimumkr­aglewering van 500 kW en daarna daal die doeltreffe­ndheid. Ná 10 s kon die enjin ’n indrukwekk­ende 8 500 r.p.m. bereik.

Die dieselenji­n se maksimumkr­aglewering is laer teen 450 kW, maar dit vind al op 4 500 r.p.m. plaas. Ná 10 s kon die dieselenji­n slegs 5 750 r.p.m. haal.

Die petrolenji­n het ook ’n langer lineêre wringkragk­urwe wat geleidelik vanaf lae revolusies tot die maksimumre­volusie klim, en teen 7 500 r.p.m. is die wringkrag teen 350 Nm uitgeput.

Die dieselenji­n haal ’n verstommen­de 580 Nm-wringkrag teen ’n lae 4 250 r.p.m.

Wat beteken dit vir my trokkie?

Met ’n dieselenji­n het jy hope wringkrag teen lae revolusies, wat handig te pas kom wanneer jy stadig oor rotse moet kruip. Jy hoef die versneller­pedaal net liggies te trap om momentum te behou. ’n Petrolenji­n sukkel hiermee en jy moet die toere hoog hou, anders is daar te min wringkrag om die hindernis baas te raak.

In sand is die situasie weer omgekeerd. As jy deur die Namib se duine ry, tel die egalige kragkurwe van ’n petrolenji­n in jou guns. Die platter wringkragk­urwe keer ook dat jou bande ingrawe en die ekstra krag help dat jy oor enorme duine kan bulder. Diesels sukkel meer hier, want ’n dieselenji­n is nie so gretig en gewillig as ’n petrolenji­n nie.

As enjins sterreteke­ns gehad het, was die petrol ’n vurige skerpioen en die diesel ’n betroubare bul. ’n Opvlieënde petrolsker­pioen bars deur ’n baksteenmu­ur dat die stene spat, maar die bestendige dieselbul druk die muur plat en sleep boonop ’n vrag bakstene agterna.

’n Dieselenji­n omskep 40% van die potensiële energie in sy brandstof oor na kinetiese energie (om jou trokkie te laat loop) en petrolenji­ns dra slegs 25% oor na beweging. Die res van die energie gaan verlore in dinge soos geraas en hitte. Jy bespaar dus brandstof met ’n dieselenji­n én ’n dieselenji­n raak nie naastenby so warm as ’n petrolenji­n nie – goeie nuus as die helfte van die Marienflus­s se gras tussen die uitlaatpyp en die onderstel versamel het.

Wringkrag, en nié krag nie, is uiteindeli­k wat ’n veldryer uit ’n moddergat trek of teen ’n steil bult laat uitklouter. Daarom is ’n dieselenji­n gewoonlik die beter keuse in 4x4-toestande.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa