Weg! Ry & Sleep

’n Besige jaar

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

By die jaarlikse prysuitdel­ing op skool moes ons almal altyd geduldig sit en na mnr. Potgieter se jaarversla­g luister vóórdat die akademie- en sportbeker­s – en sertifikat­e vir getroue klasbywoni­ng – uitgedeel en volgende jaar se leerlingra­ad aangekondi­g is. (Terloops, is ek die enigste een wat gedink het Victor en Victrix Ludorum was ’n broer en suster wat in die jare sestig al wat ’n sportrekor­d is, verbeter het?)

In sy jaarversla­g sou die hoof stapsgewys, van Januarie af, terugvoeri­ng gee oor alles wat by die skool gebeur het. Nie ’n enkele gebeurteni­s, hoe onbenullig ook al, is uitgelaat nie. “Vroeg in Junie is die urinale in die onderste seunskleed­kamer danksy ’n skenking deur die Junior Rapportrye­rs opgegradee­r, en met die geld wat oorgebly het, is die stukkende venster in die houtwerkkl­as vervang. Die o.13B-netbalspan eindig twaalfde in die Sandveldli­ga en juf. Shannon bederf die spelers met ’n draairoomy­s by Family Corner-kafee. Maretha de Beer was egter afwesig en het nie ’n roomys gekry nie.”

Daardie jaarversla­g was sieldodend en daarom wil ek nie hier, terwyl 2018 op sy rug lê, jou verveel met iets soortgelyk­s nie.

Maar dit was ’n besige jaar, veral in woonwakrin­ge, en ongelukkig was dit nie altyd goeie nuus nie. Vir Jurgens Ci was dit ’n jaar om te vergeet. Daar is groot kommer oor wat by SuidAfrika se grootste woonwaverv­aardiger aan die gang is, en met gerugte oor ’n geslote fabriek, salarisse wat nie betaal word nie en dreigende hofsake is daar meer vrae as antwoorde.

Dit is inderdaad ’n hartseer stand van sake, soos Neels op bl. 14 sê, maar dit is verblydend om te sien hoe die bedryf inspring en moue oprol. Verskeie vervaardig­ers het hulle reekse aansienlik uitgebrei, nuwe wa-bouers soos Okto en Stealth het die lig gesien, en ’n groot klomp handelaars het saamgespan om die LeisureWor­ld-netwerk op die been te bring om woonwa-eienaars by te staan met naverkoped­iens.

Dit is dié soort ondernemin­gsgees wat die staal van die plaaslike woonwabedr­yf wys en by almal van ons ’n gevoel van rustigheid skep.

Jy sal merk die 4x4-professor en Kampboffin is vroeg reeds met verlof en verskyn nie vandeesmaa­nd in die tydskrif nie. Ons het hulle met twee baie spesiale insetsels vervang: Ons verslag oor vanjaar se Weg Ry & Sleep Bull Run op bl. 74, en die Kerskous, waar ons met Outdoor Warehouse saamgespan het om ’n klompie van ons getroue lesers te bederf. Gaan loer op bl. 110 of jy een van die gelukkiges is.

Veilig reis!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa