Weg! Ry & Sleep

Soet met die suur

-

Ons het dit geniet om by ATKV se Goudini-spa te kamp, maar sal eerder langnaweke verby hou.

Oor die September-langnaweek het ons van die Donderdag af by die oord gaan kamp. Dit was geweldig koud die eerste aand – seker oor die nabygeleë berge wat met sneeu bedek was. Gelukkig het die weer vinnig verander en die laaste paar dae was lekker warm.

Die Donderdag was dit rustig en stil in die kampplek, maar dit het net gehou tot die Vrydag rondom middagete. Die manne met hulle woonwaens en tente het op die kampplek toegesak... en die stilte was daarmee heen.

Ons sal eerder langnaweke en vakansies dié gewilde oord vermy. In die badkamers was daar omtrent ’n verkeerskn­oop en die geriewe het gesukkel om by te hou. Ek en my vrou, Lameesh, en ons twee kinders, Isaiah (10) en Nesha (8), geniet dit om naweke kampplekke te besoek, maar verkies stilte. Ons almal geniet die kamplewe en deur ’n voorbeeld te stel hoop ek dat die kinders ook kamp aan hulle kinders sal bekend stel.

Tog, al was die Goudini-naweek nie heeltemal wat ons gehoop het dit sal wees nie, bly elke kampgeleen­theid ’n ervaring op sy eie. ANDRÉ VAN DER BERG Bellville

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa