Weg! Ry & Sleep

Hier kom die water!

-

Na aanleiding van die skitterend­e artikel oor die Richtersve­ld in die Oktober-uitgawe kan ek vir die skrywer van die artikel ’n antwoord gee oor hoe die watertenks by Kokerboomk­loof gevul word.

Dave Buchanan skryf: “Die ablusieger­iewe se waterbron is vier 10 000 ℓ-tenks wat tussen reusagtige rotse versteek staan. Dis onseker hoe die tenks volgemaak word. Dalk is daar ’n boorgat naby.”

Wel, die water word al die pad van die Oranjerivi­er af aangery met ’n Bell 6x4-lorrie. Agterop die lorrie is ’n watertenk van waar die water oorgepomp word.

Ek werk by ’n bande-ondernemin­g, en toe die foto geneem is, was ons hoeka besig om nuwe bande op die waterlorri­e te sit. WILLEM VAN DER MERWE Springbok

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa