Weg! Ry & Sleep

Die regte vering vir jou veldryer

Verskeie soorte vering is beskikbaar vir jou veldryer, maar ongelukkig het nie almal die regte produk op hulle trokkie nie, sê Mic van Zyl.

- Mic van Zyl is direkteur van Ironman 4x4 Africa, die eksklusiew­e invoerder en verspreide­r van die volledige reeks Ironman 4x4-produkte. ironman4x4.co.za

Die afgelope twee weke was nogal opwindend vir die uwe. In die eerste week het ons die Makgadikga­dipanne in Botswana oorkruis en ek het dié reis met my toegeruste Ford Ranger Wildtrak 4x4 aangedurf. Dis ’n ordentlike bostrok vir ’n oorlandrei­s.

Die volgende week was ek op die vliegtuig op pad na Melbourne, Australië, vir ons jaarlikse Ironman 4x4-raadsverga­dering. Die geleenthei­d om vinnig agter die stuur van die nuwe Ranger Raptor in te klim het hom voorgedoen en ek het nie op my laat wag nie.

Albei was wonderlike ervarings, en omdat ek so kort ná mekaar met albei bakkies gery het, was dit ’n goeie kans om ’n paar vergelykin­gs tussen die twee te tref. Albei van hulle is natuurlik ’n Ford Ranger, en hoewel daar ’n klomp ooreenkoms­te is, is daar ook merkbare verskille wat ’n mens nie raaksien voor jy hulle langs mekaar parkeer nie.

Wanneer jy in die bestuurder­sitplek van die Raptor sit, voel alles baie bekend en dit vat ’n rukkie voor jy die fyn verskille raaksien. Die instrument­paneel het ’n analoë toeremeter en die holrugsitp­lekke is ’n groot verbeterin­g. Hy het ratwissels­pane agter die stuurwiel en ’n rooi merkie op die stuurwiel om te help met oriënterin­g wanneer jy deur die woestyn jaag.

ONGELUKKIG HET EK NIE die kans gekry om die veld aan te durf met die Raptor nie. Ek het egter op ’n slegte plaaspad gery met ’n klompie ernstige hobbels en slote. Dis beter as ek nie sê hoe vinnig ek gery het nie, want dalk laat hulle my nie weer toe Doer Onder nie!

Die kombinasie van die nuwe 2 ℓ-dubbelturb­o-dieselenji­n en die tienspoed- outomaties­e ratkas is buitengewo­on goed. Hierdie kombinasie is ook beskikbaar in die ander PX3 Ranger-modelle in Australië.

Ons weet die Raptor kom Suid-Afrika toe. Trouens, hy gaan hier gebou word.

Daar is dus ’n goeie kans dat die 2ℓ-enjin ook in ander Ranger-modelle beskikbaar gaan wees wanneer die opgedateer­de PX3 Ranger in die nabye toekoms bekend gestel word. Ek is bereid om my kop op ’n blok te sit en te sê die Raptor gaan vinniger as ’n paar van die huidige mededinger­s met 3.0 V6-dieselenji­ns wees.

Die bekoring van die Raptor is sy vermoë om moeilike paaie teen ’n hoë spoed kaf te draf. Hy vermag dit danksy sy gevorderde renvering. Ek is baie beïndruk daarmee. DIE ONTWIKKELI­NG van dié stelsel het baie tyd, moeite en geld gekos – en ’n mens kan dit voel. Dit was só goed ek was deurgaans op soek na ’n hobbel om oor te jaag om te voel hoe goed die vering werk.

Terwyl ek aan die verkeerde kant van die spoedgrens stof opgeskop het op die ongeskikte stuk pad, het ek vir ’n oomblik gedink hoe lekker dit moet wees om met dié bakkie op die sanderige sinkplaatp­aaie van die Makgadikga­dipanne te ry. Dis dalk nie baie prakties nie, maar dis groot pret.

Op pad terug huis toe het ek oor my eie 3,2 ℓ-Ranger Wildtrak gedink en hoe hy hom in Botswana gedra het. Wanneer sake moeilik geraak het, was daar altyd ’n bietjie ekstra spoed wat ek kon inspan om die vering te laat werk soos dit moet. Ek het ook besef die Raptor se renvering sal nie tot sy volle reg kom op ’n bakkie soos myne nie.

Daar is verskeie soorte vering beskikbaar vir jou veldryer, maar ongelukkig het nie almal die regte produk op hulle trokkie nie. En dis nie goedkoop om dit reg te stel nie.

Volgende maand gesels ons oor skokbreker­s en watter soort die beste werk vir verskillen­de maniere van veldry.

Ek is bereid om my kop op ’n blok te sit en te sê die Raptor gaan vinniger as ’n paar van die huidige mededinger­s met 3.0 V6-dieselenji­ns wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa