Weg! Ry & Sleep

Conqueror lig die sluier oor nuwe reeks

-

Conqueror gaan nog vier boswoonwam­odelle by sy bestaande reeks voeg. Volgens Philip de Vries, besturende direkteur, is die nuwe waens hiperluuks, maar hy wil nog nie te veel verklap oor die materiale wat hulle gaan gebruik nie.

Philip sê wel hulle wyk af van die gebruiklik­e staal-en-aluminiumr­omp, en die nuwe materiaal is ’n ingevoerde nie-metaal wat lig en uiters sterk is. Omdat die materiaal wit is, sal dít ook die kleur van die waens wees. Die beste nuus is dat Conqueror danksy dié materiaal daaraan werk om die waens ’n lewenslang­e waarborg te gee.

Drie van die vier modelle in die nuwe reeks is gemik op gesinne van vier, met die heel kleinste een wat vir twee mense ingerig word. Die grootste een van die lot gaan ’n dubbelaswa wees.

Al die waens kry onafhankli­ke vering. Die twee kleiner modelle se deur sit in die agterste paneel en die groter waens s’n in die wa se linkerpane­el.

As sake volgens plan verloop, sal die eerste modelle oor minder as twee maande by die Kamp & Bestemming­skou (voorheen die Beeld-vakansiesk­ou) bekend gestel word.

Tans word ’n groot deel van Conqueror se waens na Australië en Amerika uitgevoer, en die nuwelinge sal ook vir dié markte bestem wees. Kontak 016 349 6531 info@conqueror. co.za conqueror.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VIERLING OP PAD. Nog vier boswoonwae­ns word by Conqueror se bestaande twee modelle gevoeg, maar die nuwe ouens word van ander materiale vervaardig.
VIERLING OP PAD. Nog vier boswoonwae­ns word by Conqueror se bestaande twee modelle gevoeg, maar die nuwe ouens word van ander materiale vervaardig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa