Weg! Ry & Sleep

SWIERIGE NUWELING IN DIE LEEUKUIL

-

Custom Canopies het ’n luukse weergawe van die Lion’s Den De-lux-boswoonwa gebou. Dié model staan volgens Jan Venter, eienaar van Custom Canopies, bekend as die Lion’s Den Supreme en spog met vyf nuwe eienskappe wat die De-lux-model nié het nie, onder meer ’n gasbraaier wat op ’n glyraam regs agter uit die wa trek.

Net soos met die ander modelle sit die buitekombu­is in die stert waar ’n deur boontoe oplig om ’n dak oor die kombuis te vorm. Bo-op dié deur is twee noodwiele gemonteer (die De-lux se noodwiel staan op die A-raam). Gasstutte help om die deur te lig en jy hoef nie ’n Jan Wilkens te wees om die deur (mét sy volle gewig) tot bo te lig nie. Teenoor die De-lux se 60 ℓ-ys-vrieskas het die Supreme plek vir ’n 82 ℓ-model.

Verder kry die Supreme ’n neuskas waarin twee gasbottels staan. Die kragboks is ook hier ingerig en het ook ’n houtrak bo-op. Binne kry hy ’n wasbak én bo die eilandbed is daar meer pakplek.

Die syfers 4,2 (l) x 1,9 (b) x 2,1 m (h); tarragewig 720 kg; dravermoë 780 kg; BVM 1 500 kg (met ’n 1 500 kg-rubberas).

Prys R280 000 (sonder yskas).

Kontak 083 281 7800 customcano­pies@mweb.co.za

customcano­pies.org

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa