Weg! Ry & Sleep

’N BOOXE VIR ELKE TJOR

-

Booxe, die vervaardig­er wat oorspronkl­ik ondervloer­se gereedskap­kaste vir die Toyota Fortuner gebou het, maak nou plastiektr­ommels met aluminiums­karniere wat in feitlik enige voertuig se bagasierui­m sal pas.

Die trommel is só ontwerp dat jy jou noodhulpta­s en noodtoerus­ting netjies bymekaar kan hou, maar jy kan uiteraard ook ander items daarin bêre. Die trommel is van duursame plastiek gemaak wat volgens die vervaardig­er donkiejare sal hou.

Die nuwe Booxe-trommel kos R1 695. Gaan na booxe.co.za as jy joune wil bestel. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa