Weg! Ry & Sleep

Raptor wys sy kloue

-

Die eerste besending Ford Ranger Raptors het in Oktober vanjaar uit Ford Suid-Afrika se Silverton-aanleg naby Pretoria gerol.

Tien hoëspoed-veldrybakk­ies is vervaardig om die aanleg se vermoë te toets om hierdie spesiale weergawe van die Ranger te bou. Nie minder nie as R3 miljard is aan opgraderin­gs by die aanleg bestee sodat hulle spesiale projekte soos die Raptor kan behartig, sê Ockert Berry, visepresid­ent van bedryfsake vir Ford in die Midde-Ooste en Afrika.

Die Raptor word aangedryf deur ’n splinternu­we 3,2 ℓ-dubbelturb­oenjin wat 157 kW en 500 Nm uitskop en by Ford SA se Struandale-aanleg in Port Elizabeth gebou word. Die krag word deur die gevorderde 10 spoed- outomaties­e ratkas na al vier wiele gestuur.

Die vering is verskaf deur FOX en bied posisiesen­sitiewe dempers terwyl die progressie­we terreinbes­tuurstelse­l (TMS) ’n tydrenmodu­s het wat hulle die “Baja”-modus noem.

Die onderstel is versterk, die remstelsel opgradeer én die Raptor kry spesiale BF Goodrich-bande.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa