Weg! Ry & Sleep

OKTO BEGIN MET PRODUKSIE

-

Nadat Okto-woonwaens sy eerste prototipe van die Villapadwa bekend gestel het, is dié vervaardig­er se produksiel­yn slaggereed.

Die aanleg is in Rosslyn in die noorde van Pretoria, en die eerste woonwaens is teen die middel van Oktober gebou. Woody Loftus, wat Okto se bemarking behartig, sê teen die einde van Desember sal minstens tien waens voltooi wees – die uiteindeli­ke doelwit is 20 per maand.

Ná die prototipe is nog ’n paar veranderin­ge aangebring. Buiten dat die wa met sy opwipdak afgeslaan in ’n standaardm­otorhuis pas, is die verbeterde wa effens smaller sodat hy nóg makliker in die motorhuis kan pas.

Die syfers Tarragewig 1 180 kg; dravermoë 320 kg; BVM 1 500 kg.

Prys R329 500.

Kontak 084 471 9674 oktocarava­ns.co.za >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa