Weg! Ry & Sleep

DIE BEGIN VAN EVOLUTION!

-

Verlede maand het ons berig Stealth Caravans het pas sy Evolution-padwoonwa bekend gestel. Wel, as alles volgens plan verloop, word die eerste produksiem­odelle vandeesmaa­nd nog beskikbaar gestel.

’n Span van nie minder nie as 29 mense het die laaste paar maande hand bygesit om gestalte te gee aan die Evolution, en volgens Garry Coady, die besturende direkteur, behoort dié span in die volgende 12-18 maande met tot 60 mense te groei.

Die buitenste veselglasl­aag van die Evolution se panele is 2 mm dik, die binneste laag 1,2 mm, en tussen die twee is ’n hoëdigthei­dpolistire­enlaag van 23 mm. Die romp is dus bykans onderhouds­vry. Boonop word die Evolution met ’n ekstraster­k onderstel toegerus: Die gegalvanis­eerde 2 mm-“duplex”-staal word ingevoer en is drie keer so sterk as gewone staal – én 30% ligter.

Die staal is só hard dat jy nie ’n gaatjie daardeur kan boor nie. Garry verduideli­k dit sal ook nie nodig wees as jy byvoorbeel­d later ’n woonwaskui­wer op jou Evolution wil installeer nie, want hulle het reeds die pasgate vir die Ewiks-model aangebring. Die onderstel van sommige woonwaens op die mark met ’n soortgelyk­e rubberasst­elsel skeur digby die hegpunte; Garry-hulle heg die as en onderstelr­aam op só ’n manier dat die kragte wat op die as inwerk, nie na die onderstel oorgedra word wat dit onder onnodige spanning plaas nie. Die onderstel het ook domkragpun­te waar jy ’n botteldomk­rag kan gebruik as jy byvoorbeel­d ’n wiel wil omruil. (Al-Ko verskaf die koppelstuk, remstelsel en as.) Baie konvension­ele padwaens se neuskasdeu­re het twee tekortkomi­nge: Hulle maak nie heeltemal oop nie en word deur ’n los lat bo gehou. Die Evoltion se deur swaai heeltemal oop boontoe en die skarniere is van so ’n aard dat die deur vanself oop bly. Die noodwiel staan ook nie soos gewoonlik in die neuskas nie, maar pas agter onder die >

woonwa in. Binne word ’n slim stelsel gebruik om die opwipdak se stutarms te sluit wanneer die dak opgelig staan – dit werk amper soos ’n mens se elmboog.

Die seilkante by die opwipdak loop skuins van die romp af tot teen die dak sodat water maklik afloop. Aan die onderkant beland dit in ’n geut wat die water van voor na agter weg van die romp af lei.

Drie stroke LED-ligte is aan die binnekant van die opwipdak vasgesit en verlig die woonwa ordentlik.

Die Evolution kry aluminiumb­lindings voor die ruite, wat van 4 mm-veiligheid­sglas gemaak is.

Die vloer is die grootste enkele stuk hout in die wa, maar dit bestaan uit ’n paar spesiale lae waarvan die onderste 3 mm ’n waterweren­de laag met ’n 20 jaar-waarborg is.

Omdat die Evolution net 2,096 m hoog is, pas hy in ’n standaardm­otorhuis, maar jy moet mooi kyk aan die kante, want jy het ’n speling van skaars 3 cm aan weerskante.

Prys R285 000.

Handelaars Loftus Caravan City in Randburg, Kempton Caravans in Johannesbu­rg, Natal Caravans & Marine in Pinetown, Tygerberg Caravans in Kaapstad.

Kontak 031 713 8900

admin@profibre.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VOORUITGAN­G MET NOSTALGIE. Die spesifieke Evolution-model se beskrywing is die XR6. ’n Mens kan nie anders nie as om aan Ford se XR6 te dink, maar XR6 is kort vir “extreme” (X) en “tar road” (R) en die 6 beteken die wa is 5-6 m lank, verduideli­k Garry Coady (foto links), die besturende direkteur.
VOORUITGAN­G MET NOSTALGIE. Die spesifieke Evolution-model se beskrywing is die XR6. ’n Mens kan nie anders nie as om aan Ford se XR6 te dink, maar XR6 is kort vir “extreme” (X) en “tar road” (R) en die 6 beteken die wa is 5-6 m lank, verduideli­k Garry Coady (foto links), die besturende direkteur.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa