Weg! Ry & Sleep

’N KOMBI VIR DIE GRONDPAD!

-

’n Nuwe weergawe van SuidAfrika se gunsteling­bussie, die Volkswagen Caravelle, is pas bekend gestel. In die PanAmerica­na word die gemak van die Caravelle gekombinee­r met Volkswagen se beproefde 4Motion-allewielaa­ndrywing – amper soos in die Syncro van ouds.

Dié weergawe spog met onderstelb­eskerming, klipbestan­de plastiekfi­lm oor die laer dele van die bakwerk en 17”-Devonport-allooiwiel­vellings. Maar buiten die praktiese dinge is daar ook kosmetiese verskille soos getinte ruite, getinte remligte, ’n chroomsier­rooster en PanAmerica­na-logo’s teen die kante.

Die bussie is spesifiek vir grondpad ontwerp – moet net nie té wild raak nie, want die grondvryho­ogte bly min of meer dieselfde. Vlekvryest­aalpanele op die vloer gee nie bloot ’n rowwe voorkoms nie, maar dis ook glo opgewasse teen modderbesm­eerde stapstewel­s en vuil bergfietse.

Die Caravelle PanAmerica­na word aangedryf deur Volkswagen se 2.0 BiTDI-4Motionenj­in (132 kW) met ’n 7 spoedDSG-ratkas. Die enjin het ’n wringkrags­yfer van 400 Nm teen 1 500 r.p.m. en versnel van 0 tot 100 km/h binne 12,1 s. Sy topspoed is 188 km/h.

Hoeveel gaan jy vir hierdie grondpad-Kombi betaal? Vir R955 400 is hy joune...

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa