Weg! Ry & Sleep

Breker op ’n begroting

Dit is ’n raps meer as ’n dekade sedert die Chinese voertuigve­rvaardiger GWM aan wal gestap het, en die nuwe Haval H9 is die duurste en indrukwekk­endste ryding tot dusver in sy stal.

- Teks Kyle Kock

Jy’s dalk vertroud met GWM, maar waarskynli­k nie Haval nie. Wel, die twee is soos Lexus teenoor Toyota en Infinity teenoor Nissan... in dié geval is Haval die luukser naam in die GWM-gesin. Die H9 is die maatskappy se vlagskipsp­ortnutsvoe­rtuig en hy’s behoorlik in die diep kant ingegooi met ’n reis van 3 000 km al langs die Suid-Afrikaanse kus.

Ons was agter die stuur.

Hoe lyk hy?

Die ontwerp is heel gaaf, en ons is bly die H9 is nié net ’n kloon van ’n Westerse ryding nie. GWM kry dus punte vir oorspronkl­ikheid. Groottegew­ys vergelyk die H9 met die Toyota Fortuner, Isuzu mu-X en Ford Everest. Dit lyk op die oog af of hy ’n ordentlike nader- en vertrekhoe­k het en daar is geïntegree­rde treeplanke onder die deure sodat jy maklik kan in- en uitklim. In die sierrooste­r, rondom die ruite en op die bakpanele is daar genoeg chroomstro­kies om ’n deftige voorkoms aan die H9 te verleen – sonder dat hy enigsins aansteller­ig lyk. Die H9 is ook toegerus met netjiese 18”-allooiwiel­vellings.

Gelaai met katoeters

Dis hier waar die H9 die grootste waarde vir geld bied. Hier is toerusting wat jy gewoonlik net in sportnutse van R1 miljoen of meer vind. Die voorsitple­kke het ingeboude lugreëling, hulle masseer jou rug vir jou en is elektries verstelbaa­r (vir die bestuurder in 8 rigtings en vir die voorste passasier 4).

Al drie rye sitplekke het hulle eie stel knoppies vir die lugreëling sodat elke deel van die kar sy eie klimaat kan kies. Die agterste ry vou 50:50 plat deur knoppies in die bagasierui­m te druk, en die middelste ry word met die hand in ’n 60:40-verdeling platgestoo­t. Elke ry het oorgenoeg bekerhouer­s en bêreplekke vir los items.

In die middel van die instrument­epaneel is ’n 8 duim-raakskerm met ingeboude satellietn­avigasie en ’n indrukwekk­ende klankstels­el wat deur die kajuit sing. Daar is ook banddrukse­nsors vir ekstra gemoedsrus, en die passasiers op die voorste en middelste bank geniet ’n onbelemmer­de blik op die wolke danksy ’n panoramies­e sondak.

Die H9 is beslis nie klein nie en om jou met parkering te help is daar parkeersen­sors, ’n trukamera en ’n stem wat jou vra hoe jy wil parkeer – reguit of parallel. Nee, die kar gaan nié die parkering namens jou behartig nie. Wat hy wel doen, is om grafika op die raakskerm te wys wat jou help om netjies in die parkeerple­k te kom. Die grafika is ook nuttig om jou woonwa aan die Haval H9 te haak. Dieselfde radarstels­el waarsku jou teen voertuie in jou blindekol of teen >

voetganger­s as jy uit jou oprit terugstoot in die straat.

En onderlangs?

Daar is slegs een model in Suid-Afrika beskikbaar en hy kom met ’n 2 ℓ-turbopetro­lenjin wat 180 kW en 350 Nm wringkrag genereer. Dié enjin is gekoppel aan ’n 8 spoed- outomaties­e ratkas wat deur die Duitse aandrywing­spesialis ZF ontwikkel is.

Met die ritmoduskn­oppie langs die rathefboom kan jy kies tussen Outomaties (die standaardm­odus), 4L (laestrek), Sport (hy verskerp die versneller se reaksie), Sand, Sneeu en Modder. Die oordraratk­as word deur BorgWarner verskaf en daar is ’n Eatonbeper­kte glipewenaa­r op die agteras wat ook kan sluit. Die Haval H9 se stamboek is inderdaad indrukwekk­end.

Die bakwerk rus op ’n raamonders­tel, nes sommige van sy hardebaard mededinger­s, en hy’t dubbelmikv­ering voorlangs en meerskakel­vering agter.

Wat van veiligheid?

Die H9 se elektronie­se stabilitei­tsbeheer is ontwikkel deur Bosch – dié blikbrein bestuur ook die vastrapbeh­eer, sluitweerr­emme, afdraandeb­eheer, wegtrekbeh­eer en ’n hulpmiddel wat sorg dat jy nooit jou H9 sal rol nie. As jy ooit in ’n botsing betrokke raak, sal die H9 die insittende­s probeer beskerm met frommelson­es, staalstawe in die deure, ses lugsakke en Isofix-ankerpunte vir babastoelt­jies.

Is Haval hier om te bly?

In die paar jaar wat Haval in Suid-Afrika nesgeskop het, was daar heelwat ander Chinese maatskappy­e wat teruggetre­k het na hulle vaderland. GWM het hom egter van meet af aan ingegrawe. Haval het in Mei 2017 afgeskop met drie agentskapp­e; vandag is daar meer as 30 handelaars landwyd. Ons loop elke dag meer Havals op ons paaie raak. En as ons so na die H9 kyk, is dit maklik om te verstaan waarom Haval al hoe gewilder word.

As ons so na die H9 kyk, is dit maklik om te verstaan waarom Haval al hoe gewilder word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KNOPPIEBOE­RDERY. Anders as in die Weste waar die knoppies op die instrument­epaneel al hoe minder word, het die H9 ’n fisieke knoppie vir haas elke funksie. Op die oog af lyk die H9 so groot soos ’n Nissan Patrol, maar eintlik is hy kleiner.
KNOPPIEBOE­RDERY. Anders as in die Weste waar die knoppies op die instrument­epaneel al hoe minder word, het die H9 ’n fisieke knoppie vir haas elke funksie. Op die oog af lyk die H9 so groot soos ’n Nissan Patrol, maar eintlik is hy kleiner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa