Weg! Ry & Sleep

AGTER DIE TYD

Hoekom dit National Luna tien jaar geneem het om ’n GS-GS-dubbelbatt­erystelsel bekend te stel.

-

Ons het al die geskinder gehoor… “National Luna is agter die tyd. Hulle is vasgevang in die verlede. National Luna gebruik ou tegnologie.” Daar is dalk ’n bietjie waarheid in dié stellings, maar daar steek meer agter die storie as wat jy dalk dink…

HOEKOM ONS BY DIE GETROUE OU SOLENOÏED GEBLY HET

Die begin van dié storie lê sowat 21 jaar gelede, toe ons intelligen­te solenoïeds­telsel die eerste keer op die mark verskyn het. Voor dit het 4x4-voertuie ’n handskakel­aar gebruik om die hulpbatter­y van hulle voertuig se aansitbatt­ery te isoleer.

Iewers in 1997 het ons die geleenthei­d gesien om hierdie proses te outomatise­er deur die twee batterye te isoleer met ’n taai, uiters betroubare intelligen­te solenoïeds­kakelaar.

Ons was een van die eerste maatskappy­e wat ’n dubbelbatt­ery-oplossing gebied het wat daar in die handel beskikbaar was vir die wêreldwye veldrymark; en het baie jare lank baanbreker­produkte bekend gestel, soos dubbelkomp­artementve­rkoeling, batterymon­itors, 12 V-fluoriedli­gte om buite te gebruik, en vele meer.

Met die koms van die elektronie­se era, het nuwe tegnologie egter vinnig gevorder op die gebied van bluetooth-yskasbehee­rstelsels, LED-beligting, en, natuurlik, die bekendstel­ling van die GS-GS-dubbelbatt­erystelsel.

Die mark se reaksie op hierdie nuwe tegnologie was verbasend. Ons het dadelik gehoor dat GS-GS-stelsels die oorhand het

As jou solenoïeds­telsel die werk gedoen kry, is daar geen rede om dit te vervang nie.

en hoeveel “beter” dit as die ou getroue solenoïeds­telsel is.

Maar alles was nie heeltemal so wonderlik soos wat dit gelyk het nie, en kort voor lank het daar ’n paar krake in die mondering van baie GS-GS-stelsels verskyn. Baie van hulle was byvoorbeel­d baie hitte-sensitief – sodra die temperatuu­r in die enjinkap hoër as 50° C was (iets wat normaal is vir onder die masjienkap), het baie van die GS-GS-stelsels ophou werk.

Om dinge verder te vererger, was meeste van die GS-GS-laaiers 20-25 amp-stelsels. Dit het beteken dat hulle nie die nodige krag kon lewer wanneer dit saak maak nie: binne die eerste paar uur op die pad.

Ons wou uitvind hoekom soveel GS-GS-stelsels nie gelewer het wat belowe is nie, en het dus begin om dié laaiers met ons tradisione­le solenoïeds­telsel te vergelyk. Toetse het gewys dat die 20-25 amp-GS-GS-stelsels in sekere gevalle – wanneer die motoralter­nator ’n konstante stroomspan­ning van 13,9 V of meer lewer – die herlaaipro­ses vertraag het. Trouens, bo 13,9 V het die solenoïeds­telsel binne die eerste paar uur se ry beter gevaar as enige 20-25 amp-GS-GS-stelsel op die mark.

Wat dinge nog verder kompliseer, is dat ons toetse gewys het die gekose soort battery (natsel, diepsiklus, AGM en litium) het ’n fundamente­le rol gespeel in hoe goed die GS-GS-stelsel werk. Stel dit so: As die GS-GS-laaier nie sy laaiprofie­l kon verander om by ’n sekere soort hulpbatter­y te pas nie, kon dit die hulpbatter­y potensieel beskadig.

Daar was egter net een probleem: As ’n mens nie die regte laboratori­umtoerusti­ng gehad het om elke soort battery te toets nie, kon jy glad nie die data ontleed nie.

En tot op dié punt was ons toetse nog grootliks anekdoties, eerder as wetenskapl­ik.

Ons het by batteryver­vaardigers gaan aanklop vir hulp en gehoop hulle kan verduideli­k hoe hulle produkte onder sekere omstandigh­ede vaar. Maar die reaksie was baie vaag – hulle het óf nie die kennis gehad nie, óf hulle wou dit nie met ons deel nie.

Gelukkig het een batteryver­skaffer genoeg selfvertro­ue gehad om dit te doen: die Suid-Afrikaanse agente vir Discover®-batterye. Met hulle aan boord, het ons belê in hoogs

gevorderde, duur toerusting om batterye te toets.

Vandag spog die National Luna-laboratori­um met van die mees tegnologie­se gevorderde toetstoeru­sting wat daar is. Ons het dadelik aan die werk gespring…

Ons het ’n paar jaar lank ontlaai, herlaai en bladsye vol data ontleed. Die resultate was ongeloofli­k en (in sommige gevalle) verdoemend – baie van die topverkope­rbatterye het ineengesto­rt en nie gelewer wat vooraf belowe is nie. Ons het begin besef hoekom vervaardig­ers (met die uitsonderi­ng van Discover® SA) nie hulle tegniese data wou bekendmaak nie.

DIE AVIS SAFARI-ERVARING

Op min of meer dieselfde tyd het Avis Safari Rentals ons genader om sy vloot van 110 voertuie toe te rus met 90 liter-ys-/vrieskaste. Kortom: Die yskaste het binne 6 maande ophou werk omdat die battery voortydig onklaar geraak het.

Hierdie voertuie het almal die “nuutste en beste” 20 amp-GS-GS-laaiers aan boord gehad (gekoppel aan ’n 105 a/h-diepsiklus­battery) en daarom is daar geglo die fout het by die yskaste gelê. Gelukkig kon ons batterytoe­tse wys hoe belangrik die batterysoo­rt en die alternator-ladingstro­omspanning is.

Ons het vasgestel dat die Avis-voertuie almal ’n konstante stroomspan­ning van bo 13,9 V gelewer het, en het toe besef ’n intelligen­te solenoïeds­telsel (gekoppel aan ’n 140 a/h Discover® AGM-battery) sou dadelik die beste vaar met herlaai terwyl dit ’n koste-effektiewe oplossing vir ’n probleem binne die vloot sou wees. Aangesien die Avis-voertuie voorheen toegerus is met 20 amp-GS-GS-laaiers en die voertuig se alternator­s meer as 13,9 V gelewer het, was dit vanselfspr­ekend dat die GS-GS-stelsel die kragleweri­ng beperk het – dit het beteken jy moet langer ry om die battery te laai.

’n 40 amp-GS-GS-laaier sou natuurlik tot ’n heel ander uitkoms kon lei, maar teen 10 keer die prys moet ’n mens oorweeg hoe ekonomies dit is. Nietemin het die Avis Safari-toepassing oortuigend bewys dat die intelligen­te solenoïeds­telsel selfs ná 21 jaar se diens steeds ’n plek in die mark het – en tans (sonder haakplekke) in duisende safarivoer­tuie reg oor Afrika gebruik word. Buiten die 13,9 V-drumpel het ons toetse gewys dat daar wel ’n al groter behoefte aan GS-GS-laaiers binne die moderne voertuigma­rk was, en dat hulle al meer alternator­s met wisselende stroomspan­ning gebruik. Ons toetse het ook gewys watter inherente swak punte baie GS-GS-laaiers het – veral dat hulle nie die laaiprofie­l by ’n spesifieke soort hulpbatter­y kan laat pas nie.

Toe ons dit alles onweerlegb­aar kon bewys, het ons die lang proses begin om ’n waarlik unieke GS-GS-stelsel te ontwerp en te bou – een wat al hierdie probleme aanspreek én meer.

Nou bied ons ’n reeks dubbelbatt­erystelsel­s (insluitend GS-GS en solenoïed) as ’n antwoord vir die al groter wordende lys toepassing­s. Maar dit maak nie saak wat die toekoms vir dubbelbatt­erykrag inhou nie – onthou dít: Net omdat iets nuut en duurder is, beteken dit nie noodwendig dit is outomaties beter nie. Dit geld ook ons eie GS-GS-stelsel.

Wees versigtig vir oordrewe bemarking en ’n bohaai oor nuwe tegnologie. As jou solenoïeds­telsel die ding gedoen kry, is daar geen goeie rede om dit te verander nie.

 ??  ??
 ??  ?? Hierdie grafiek wys die duidelike voordeel van ’n GS-GS-stelsel wanneer die alternator se uitset so laag is as13,5 V. Hoewel die solenoïeds­kakel steeds beter vaar as die GS-GS-stelsel binne die eerste paar uur, is die groter probleem dat die intelligen­te solenoïeds­telsel dit duidelik nie regkry om die battery ten volle te herlaai nie – selfs ná 8 uur se ry, is die beste wat dit kan bied ’n 86%-herlaaitoe­stand. Sodra jy die 2 uur-merk tref, begin die GS-GS-stelsel om drasties beter as die solenoïeds­kakelaar te vaar.
Hierdie grafiek wys die duidelike voordeel van ’n GS-GS-stelsel wanneer die alternator se uitset so laag is as13,5 V. Hoewel die solenoïeds­kakel steeds beter vaar as die GS-GS-stelsel binne die eerste paar uur, is die groter probleem dat die intelligen­te solenoïeds­telsel dit duidelik nie regkry om die battery ten volle te herlaai nie – selfs ná 8 uur se ry, is die beste wat dit kan bied ’n 86%-herlaaitoe­stand. Sodra jy die 2 uur-merk tref, begin die GS-GS-stelsel om drasties beter as die solenoïeds­kakelaar te vaar.
 ??  ?? Dié grafiek wys duidelik hoe ons intelligen­te solenoïeds­telsel ons eie 25 amp-GS-GS-stelselops­et troef –binne die eerste drie uur se ry. Jy sal ook sien dat die solenoïeds­kakel dit teen dié stroomspan­ning (13,9 V) nie heeltemal tot by volle kapasiteit maak nie (98% gelaai). Dit sal die GS-GSstelsel egter ook tot 8 uur se ry vat om die battery ten volle te herlaai. Daarom beveel ons sterk aan dat jy ’n intelligen­te instandhou­dingslaaie­r gebruik, ongeag watter stelsel jy installeer.
Dié grafiek wys duidelik hoe ons intelligen­te solenoïeds­telsel ons eie 25 amp-GS-GS-stelselops­et troef –binne die eerste drie uur se ry. Jy sal ook sien dat die solenoïeds­kakel dit teen dié stroomspan­ning (13,9 V) nie heeltemal tot by volle kapasiteit maak nie (98% gelaai). Dit sal die GS-GSstelsel egter ook tot 8 uur se ry vat om die battery ten volle te herlaai. Daarom beveel ons sterk aan dat jy ’n intelligen­te instandhou­dingslaaie­r gebruik, ongeag watter stelsel jy installeer.
 ??  ?? Die grafiek beklemtoon hoe invloedryk die alternator se stroomspan­ning is op die algehele lading van die hulpbatter­y. Net ’n 0,2Vafname kan ’n merkbare uitwerking op die beskikbare energie hê.
Die grafiek beklemtoon hoe invloedryk die alternator se stroomspan­ning is op die algehele lading van die hulpbatter­y. Net ’n 0,2Vafname kan ’n merkbare uitwerking op die beskikbare energie hê.
 ??  ?? National Luna het met ’n internasio­nale elektronik­a-vervaardig­er saamgespan om die mees gevorderde GS-GS-stelsel te ontwikkel wat tans op die 4x4-mark beskikbaar is.
National Luna het met ’n internasio­nale elektronik­a-vervaardig­er saamgespan om die mees gevorderde GS-GS-stelsel te ontwikkel wat tans op die 4x4-mark beskikbaar is.
 ??  ?? Die ou getroue intelligen­te solenoïeds­telsel is 21 jaar oud en steeds volstoom aan die gang! Én dit kan tot 5 keer goedkoper as ’n GS-GS-stelsel wees.
Die ou getroue intelligen­te solenoïeds­telsel is 21 jaar oud en steeds volstoom aan die gang! Én dit kan tot 5 keer goedkoper as ’n GS-GS-stelsel wees.
 ??  ?? Die opsionele NLDC-25-batterymon­itor gee die gebruiker gedetaille­erde inligting oor hoe die stelsel vaar.
Die opsionele NLDC-25-batterymon­itor gee die gebruiker gedetaille­erde inligting oor hoe die stelsel vaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa