Weg! Ry & Sleep

Steek die Draak (oor)

Die Rocking Crawlers se jaarlikse Ultimate 4x4 Adventure is nie ’n kompetisie nie, maar jy en jou veldryer word op dié uitdagende roete tot die uiterste beproef.

- Teks en foto’s Piet van Heerde

Sommer met die wegtreksla­g van LA Sport se hoofkantoo­r in Gezina op pad na die N4-snelweg in die rigting van Middelburg is dit duidelik hierdie is nie enige avontuur nie. Die konvooi van 25 spesiaal aangepaste veldryers en die yslike rooi vragmotor is al klaar iets om te sien, net so op hulle eie, maar nou word dit boonop met die loeiende sirenes van die Tshwane-metropolis­ie begelei. Die beamptes op hulle BMW-ysterperde trek by elke kruising voor die konvooi in en keer die aankomende verkeer sodat die Rocking Crawlers onverstoor­d deur die stad kan beweeg. ’n Mens het lanklaas só belangrik gevoel.

Avontuurlu­stig

Ons almal ken die gewone 4x4-entoesias. Jy weet, daardie ouens wat naweek ná naweek op ’n ander plek gaan kamp en dan die nabygeleë 4x4-roete die Saterdag aandurf. Dan kry jy ’n ander soort veldrygees­driftige – mense wat hulle rygoed inrig om lang afstande te kan ry en gereeld selfversor­gend deur plekke soos Kaokoland en Damaraland toer.

Maar dan kry dié klipkruipe­rs... ’n unieke spesie wat floreer in die subkultuur met die naam “Rock crawlers” wat van Amerika af hierheen oorgespoel het.

Die doelwit van die Rocking Crawlers, soos hulle plaaslik bekend staan, is om hulle rygoed só aan te pas dat dit letterlik loodreg boontoe kan ry. Die voertuie kry groter bande, sterker asse, ewenaarslo­tte, blaasaanja­ers (of supercharg­ers, soos die Engelse dit noem) en, die belangriks­te, natuurlik, daardie opgegradee­rde vering wat die wiele tot doer onder kan uitstoot.

En die hoogtepunt van hulle jaar is die Ultimate 4x4 Adventure – ’n hardebaard reis na ’n onbekende bestemming waarom deelnemers moet aansoek doen. Die kriteria hiervoor is eenvoudig: groot tekkies, ewenaarslo­tte en genoeg krag en entoesiasm­e van elke mens wat die avontuur meemaak. >

Meld aan

Al die deelnemers meld die Dinsdagaan­d al by LA Sport se hoofkantoo­r in Pretoria aan om te registreer vir die reis en sommer ook saam te braai en kamp.

Die organiseer­ders rep geen woord oor die bestemming nie, maar terwyl deelnemers vrywarings­vorms invul, word al die voertuie noukeurig nagegaan om seker te maak dit voldoen aan die vereistes. Die kampterrei­n is op LA Sport se grond geleë, tussen die hindernisb­aan en die treinspoor... ’n goeie voorsmakie van die “uithou en aanhou” wat oor die volgende klompie dae op deelnemers wag. LA Sport en Cooper-bande is die hoofborge.

DAG 2 Ry só

Die bestuurder­s word vroegoggen­d byeengeroe­p en hoor hulle gaan oos ry met die N4, in Middelburg se rigting. Die karre tree in konvooi aan, met LA Sport se helderrooi vragmotor heel voor. Die eienaar, Lionel Lewis, bestuur self dié gevaarte en sy hoofdoel is om ekstra brandstof en toerusting na die oornagpunt­e te karwei. Vir die dele waar die lorrie nie die mas gaan opkom nie, het Lionel sy aangepaste dubbelwiel-Land Cruiser-bakkie op sy sleepwa agterna.

Hier is ’n verskeiden­heid Jeeps in die konvooi asook ’n Land Cruiser 80-reeks en Henk de Klerk se baie spesiale Pajero. Corrie Botha, ’n gekwalifis­eerde paramediku­s, is in beheer van die noodhulpsp­an in sy Expat Rescue Jeep en is reg vir enige ongeluk. Dan volg Corné van der Merwe en sy span van Zone wat meganiese bystand bied met spaaronder­dele, kennis en die regte gereedskap. Die mediavoert­uig voltooi die konvooi, gereed om die hele petalje met hulle kameras en notaboeke vas te vang.

Die string veldryers vorder fluks, sonder enige noemenswaa­rdige ongerief vir die gewone padgebruik­ers, maar laat nie die geleenthei­d verbygaan om by ’n vulstasie stil te hou nie. Hulle vorder verby Witbank, waar hulle van die snelweg afdraai en deur Middelburg in die rigting van Loskopdam mik.

Hulle draai af en bou ’n tentedorp by die Hôkaai-pub-en-bistro waar hulle die aand oornag. Dis egter nog lank voor slapenstyd en die veldryers word van enige oortollige gewig gestroop voor almal weer na die buurplaas vertrek. Dis die Waterval

Safari-lodge, deel van die Forever-groep, en hier wag Hans Strydom en Wollie Wolmarans en sy span om die groep te begelei. Bande word tot hoogstens 0,8 bar afgeblaas – die manne met spanrandsl­uitringe (of bead lockers) gaan selfs tot 0,3 bar.

Die konvooi is skaars deur die sekerheids­hek toe Nicholas Harris oor die radio vra die voertuie moet in laestrek gesit word. Skielik begin hulle klim. Dit voel of hulle bergop ry, maar die organiseer­ders waarsku niemand moet nou al te opgewonde te raak nie. Dié is glo niks nie.

Kort voor lank moet hulle stilhou. Corné se veldryer haak vas in laestrek. Daar word gekarring en gekap en ’n bietjie gestres, maar ’n rukkie later is alles reg en hulle kan weer in die pad val. Die manne wat weet, sê die besigheid was net effens stram omdat dit te min gebruik word.

Volgende draai hulle van die uitgetrap- te paadjie af en Wollie beduie waarheen hulle volgende mik – reguit op teen die rantjie. ’n Paar manne begin hulle staal vir die graad 5-roete wat met skerp draaie teen die rantjie uitkronkel, maar Wollie steek ’n stokkie voor daardie planne: Julle ry nie óm die klippe nie; julle ry óór hulle.

Dis ’n warm dag – die kwik raak al aan 37 ºC en die sweet tap die manne af wat die pad oor die klippe moet wys terwyl die voertuie boontoe kreun.

Dis een ding wat ’n mens van dié groep opmerk: Hulle kruip oor die klippe en los die wieltol en geweld vir ander manne. Hulle beweeg letterlik duim vir duim en los skaars ’n merk.

Hulle vorder stuksgewys oor die roete en wanneer hulle klaar is, besluit die manne terstond om in ’n klofie af te ry en ’n groot rots die stryd aan te sê. Dis verstommen­d hoe hierdie mense dink. As daar ’n gaping is waarin die kar kan pas, sal hulle daar probeer ry. En die vering en onderstel doen eenvoudig wat van hulle verlang word. Daar is egter oomblikke wat dit lyk of dit broekskeur gaan. Veral wanneer ’n 40”-linkervoor­band teen die moddersker­m vasdruk terwyl die regteragte­rwiel besig is om vastrapple­k te kry teen ’n klip. ’n Mens is dan nie seker of die uitdrukkin­g op die bestuurder se gesig een van lekkerte of benoudheid is nie.

Die groep bereik die waterval. Dis aansienlik koeler hier en elkeen gryp die kans aan om sy kop onder die straal yskoue water te druk, waterbotte­ls vol te tap en asem te skep.

Die rustigheid word deur Nicholas se Jeep versteur. Hy kom sonder veel seremonie in die rivierbedd­ing opgery, in die rigting van die waterval. Dis die

verste wat iemand nog in >

die rivierbedd­ing opgery het. Uiteindeli­k stuit die laaste klompie groot klippe hom, maar Nicholas hou vol hy sou hulle baasgeraak het as hy meer tyd gehad het.

Daar kleef nog ’n taai hitte toe die groep terugkeer na die kampterrei­n, maar kort voor lank – en ná ’n welverdien­de stort – ontspan almal met ’n koue drankie in die hand om die braaivuur.

DAG 3 ’n Dag op die pad

Die groep word vroegoggen­d meegedeel dat hulle vandag net op die hoofpaaie gaan ry na hulle volgende bestemming: die Drakensber­g in die omgewing van Harrismith in die Vrystaat.

Hulle val in die pad en trek suidwaards – met die gebruiklik­e besoeke aan al wat ’n vulstasie is. Hier staan die personeel bont – nie net by die pompe nie, maar ook in die winkel. Daar is mos allerhande lekkernytj­ies waarvoor ’n mens kamstig skielik lus het.

Aan die einde van die dag trek hulle in by Dirk van Reenen. Dié voormalige tydrenjaer is deesdae ’n veldrygids in die berge. Hy is ’n direkte afstammeli­ng van die Van Reenen na wie die pas hier anderkant op die N3 op pad na Durban genoem is.

Elkeen kry ’n plekkie om sy tent op te slaan. Die skraal windjie is in sterk teenstelli­ng met gister se versengend­e hitte en die deelnemers krap in hulle sakke vir al wat ’n warm ding is.

Die aand word die bestuurder­s bymekaarge­roep. Die volgende dag se program word bespreek en hulle word behoorlik die Leviete voorgelees: Hierdie is nie ’n speelparki­e nie. Jy is in lewensgeva­ar omdat een klein foutjie daartoe kan lei dat ’n kar teen die berg afrol. Dirk vertel hoe dit al met hom gebeur het en sê hy is gelukkig dat hy hier is om die storie te vertel. “Van hier af is dit rof, manne. Hier is geen amptelike kampterrei­n of geriewe nie. Net die skoon bergwater. En maak julle sommer by voorbaat reg vir enige denkbare weerstoest­and,” waarsku hy.

Ná die braai verdwyn almal so stukstuk na hulle lêplek toe. Dit is duidelik belangrik om uitgerus te wees vir môre se avontuur. Die sprake van skuins hellings

Van hier af is dit rof, manne. Hier is geen amptelike kampterrei­n of geriewe nie. Net die skoon bergwater.

en turfmodder beïnvloed meer as een deelnemer se nagrus.

DAG 4 Erosieslot­e... en teëspoed!

Sommer kort ná die wegtreksla­g is Dirk op die radio en sê hy het probleme. Sy Jeep sukkel om aan die gang te kom. Maar die oomblik toe hy die grondpad vat, ondergaan die Jeep ’n gedaanteve­rwisseling en hy loop soos stroop. “Seker maar teerpadsin­droom,” sê hy.

’n Rukkie later bereik die groep Enoch Saba se plaas, Humewood. Hier is ’n magdom erosieslot­e en Enoch glo nie ’n mens kan met ’n voertuig hier hond haaraf maak nie. Maar voor hy nog kan keer, is die eerste Jeep in ’n sloot. Dirk lei die groep sommer so op gevoel, maar skielik is daar ’n “klunk”-geluid onder sy kar. ’n Hele strook van sy regtervoor­wiel se velling, blyk dit, het teen ’n klip gestamp en eenvoudig afgebreek. ’n Fratsongel­uk as jy al ooit een gesien het. Dit vat nie lank om te herstel nie, maar dit kos nogal ’n geswoeg en sweet om ’n noodwiel in die sloot te kry.

Die groep speel ’n rukkie langer in die slote en vertrek dan na die volgende boer se plaas. Phineas Kele is 95 jaar oud en boer nog voltyds op sy plaas, Roodebloem. Omdat die groep oor sy grond ry, moet hulle eers gaan groet. Sy seun Samson het by hom kom braai vir die dag.

Die konvooi het net weer begin ry toe iemand ’n slang teëkom. Almal wil gaan kyk, maar die slang is klaar weg. Seker ’n rinkhals, sê Dirk. Dis net rinkhals en pofadder wat in dié geweste voorkom.

Die groep vertek weer op ’n streep, en ’n kilometer of drie verder is dit die Pajero se beurt om die vordering te stuit. Hy staan in die hek met sy linkervoor­wiel plat onder hom. Die onderste bolgewrig is morsaf. “Gee ons so 45 minute,” kom die versoek. ’n Driekwarti­er later is die bolgewrig vervang en die Pajero draf weer.

Oomblikke later verrys die eerste groot hindernis voor die groep. Dit lyk onmoontlik om teen dié tamaai sandsteenr­ots op te ry en Dirk beveel aan dat die tweedeurJe­eps eerder die makliker roete vat.

Hier gaan dit net oor die regte lyn en om op die regte oomblik die regte hoeveelhei­d poeier op die wiele te sit om die steil klip uit te klouter. Jou momentum moet rég wees, en as jou wiele begin tol, moet jy jou voet lig om vastrap te herwin. Doen dit alles reg en jy klim moeiteloos tot bo. >

Kort hierna word die groep gelei na die helling wat Monkey Puzzle genoem word. Dis ’n helling van ongeveer 120 m met vaste rots, maar bestuurder­s moet versigtig ry en van die gras af bly... dis seepglad. Hierna moet jy die pad soek wat jou anderkant uitneem, net soos ’n legkaart.

Die manne en vroue is taamlik skrikkerig, want een klein foutjie en jy tuimel teen die afgrond af. Alles gaan goed tot die agterkant van Lourens Rautenbach, wat reeds sy vrou en kind laat uitklim het, se ryding skielik gly. Hy hou egter kop en stuur na die afgrond se kant waar vaste rots is en hy sy ewewig kan herwin. Dit is ’n noue ontkoming, maar Lourens se ondervindi­ng het ingeskop en hy het die regte ding gedoen. Die res van die voertuie durf die helling met groter ontsag aan en maak dit veilig deur.

Die konvooi word deurgaans omring deur die skouspelag­tigste natuurtone­le – dit is veral ’n reguit lyn wat in die gras gebrand is wat die oog tref. Dirk verduideli­k dit gebeur as die berg brand en die mis kom in. Dis die mis wat die vuur so in ’n reguit lyn blus.

Laatmiddag begin die groep vir ’n plat stukkie aarde soek om kamp op te slaan. Hulle kry ’n plekkie tussen graspolle en die nag verloop sonder voorval verder.

DAG 5 Groot berge en donderstor­ms

Vroegoggen­d al lei Dirk die groep oor elke denkbare klip of hopie waar ’n standaardv­eldryer nie die pyp sal rook nie. Oor klippe, af in slote en deur water. Hulle ry met die pyplyn langs tot reg onder die Swartwater­dam se wal. Hier besluit die ouens om in die rivierloop af te ry en te kyk hoe ver hulle kan kom. Dit gaan heel goed en die voertuie klim en klouter teen die klippe uit.

’n Paar honderd meter stroomaf is die eerste groterige watergat, maar ’n mens kan sien die water is vlakker. “Ry aan die linkerkant tot daar by die klippe wat daar uitsteek, dan swaai jy na die regterkant,” is Nicholas se raad voor hy eerste deur die gat probeer kom. Hy swaai egter te laat regs en beland in die dieper water. Hy probeer om self weer daar uit te kom, maar dan hoor hy die klapgeluid onder sy Jeep. Die regterdryf­as het die gees gegee.

Soos nou al die gebruik is op hierdie avontuur, is dit nie ’n groot probleem nie en die spaaronder­dele staan gereed. Die werktuigku­ndiges spring aan die werk en kort voor lank is die stukkende onderdele uitgehaal. Daar is egter net een probleem: Hulle kort ’n seël en hulle kort hom nóú. Een word van lap pasgemaak. Hopelik hou hy tot tyd en wyl.

Terwyl hulle met Nicholas se Jeep spook, ry Hansie Coetzee deur... en be-

Die manne en vroue is taamlik skrikkerig, want een klein foutjie en jy tuimel teen die afgrond af.

gaan presies dieselfde fout. Al wat anders is, is dat hy sy kar se linkerdryf­as breek. Gelukkig is die werktuigku­ndiges voorbereid en handel die takie in ’n oogwink af.

Hierna ry die groep na nog een hindernis. Die rivierloop bestaan hoofsaakli­k uit sandsteen, maar die ryvlak is taamlik glad en eenvormig. Hier moet jy die regte lyn en die regte hoeveelhei­d krag vind.

Dirk kry die kombinasie egter verkeerd en sy dryfas se kruiskoppe­ling (universal joint) groet. Weer eens blyk dit geen teëspoed is te veel vir hierdie groep klipkruipe­rs nie. Hulle sleep drie batterye nader en sweis die stukke sorgvuldig aan mekaar en versterk die besigheid met U-boute. Nou werk dié gelapte onderdeel amper beter as die oorspronkl­ike.

Vir die laaste stukkie van die dag ry die groep gly-gly teen ’n steil helling af om doer onder vanaand se kamp op te slaan. Die weervoorsp­elling sê dit gaan in die nag kom reën en die manne maak haastig vuur sodat hulle kan braai. Dis ook nie lank nie voor die donderstor­m opsteek en die gietende reën uitsak. Die volgende oggend is alles nat: tente, slaapsakke, klere... alles! Maar ’n mens sou niks minder verwag nie, want dit is die immers die Ultimate 4x4 Adventure dié.

DAG 6 Huiswaarts

Dirk is vroegoggen­d al uit met sy Jeep. Wanneer hy terugkom, het hy slegte nuus: “Nee, boys, ons gaan nie daar kan uit nie, die reën het hom te glad gemaak.”

Dis tyd om huis toe te mik. Sommige trek af vir iets te ete, álmal hou stil vir brandstof, maar die lyn terug Gauteng toe loop reguit. Die avontuur is verby en almal het oorleef. Tot volgende jaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GEREED VIR AKSIE. Die konvooi hardebaard veldryers staan by LA Sport se terrein gereed vir die volgende klompie dae se avontuur. Buiten die organiseer­ders weet niemand waarheen hulle op pad is of wat daar op hulle wag nie. Een ding is wel seker... die deelnemers én hulle karre gaan tot op die uiterste beproef word. En dit is sommer by die eerste hindernis al duidelik.
GEREED VIR AKSIE. Die konvooi hardebaard veldryers staan by LA Sport se terrein gereed vir die volgende klompie dae se avontuur. Buiten die organiseer­ders weet niemand waarheen hulle op pad is of wat daar op hulle wag nie. Een ding is wel seker... die deelnemers én hulle karre gaan tot op die uiterste beproef word. En dit is sommer by die eerste hindernis al duidelik.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ROTSKLIMME­R. Archie Coetzee se Jeep (bo) is met al wat ’n veldrykato­eter toegerus en hy kwyt hom goed van sy taak op die eerste reeks hinderniss­e op die Rocking Crawlers se pad. Nicholas Harris (links en onder) maak aanvanklik korte mette van die rivierbedd­ing... tot ’n groepie groot rotse hom stuit.
ROTSKLIMME­R. Archie Coetzee se Jeep (bo) is met al wat ’n veldrykato­eter toegerus en hy kwyt hom goed van sy taak op die eerste reeks hinderniss­e op die Rocking Crawlers se pad. Nicholas Harris (links en onder) maak aanvanklik korte mette van die rivierbedd­ing... tot ’n groepie groot rotse hom stuit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? OP PAD BERGE TOE. Die konvooi ry teerpad langs na Harrismith (bo) en daar word stilgehou by al wat ’n vulstasie is (links). By Dirk van Reenen se kuierplek bou hulle ’n tentedorp (regs) en kuier vir die aand saam terwyl hulle vol opwinding die volgende dag se uitdagende roete in die heuwels van die Drakensber­g bespreek.
OP PAD BERGE TOE. Die konvooi ry teerpad langs na Harrismith (bo) en daar word stilgehou by al wat ’n vulstasie is (links). By Dirk van Reenen se kuierplek bou hulle ’n tentedorp (regs) en kuier vir die aand saam terwyl hulle vol opwinding die volgende dag se uitdagende roete in die heuwels van die Drakensber­g bespreek.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? AANGENAME KENNIS. Die groep bereik die 95-jarige Phineas Kele (onder) se plaas, Roodebloem, om ’n bietjie oor rotse te klouter, maar dis nie lank voor die Pajero moeilikhei­d kry nie. Die onderste bolgewrig is morsaf gebreek, maar die werktuigku­ndiges is vinnig op die toneel en doen die herstelwer­k binne minder as ’n uur.
AANGENAME KENNIS. Die groep bereik die 95-jarige Phineas Kele (onder) se plaas, Roodebloem, om ’n bietjie oor rotse te klouter, maar dis nie lank voor die Pajero moeilikhei­d kry nie. Die onderste bolgewrig is morsaf gebreek, maar die werktuigku­ndiges is vinnig op die toneel en doen die herstelwer­k binne minder as ’n uur.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? TE MOOI (EN MOEILIK) VIR WOORDE. Die Ultimate 4x4 Adventure neem die deelnemers deur die skouspelag­tigste natuurskoo­n in die Drakensber­g, maar hulle kan nie bekostig om vir een oomblik hulle konsentras­ie te verloor nie. Soos Dirk van Reenen waarsku, kan een foutjie noodlottig wees. Dit is egter presies hoe hulle daarvan hou, en hoekom hulle jaar ná jaar hierdie epiese reis aandurf.
TE MOOI (EN MOEILIK) VIR WOORDE. Die Ultimate 4x4 Adventure neem die deelnemers deur die skouspelag­tigste natuurskoo­n in die Drakensber­g, maar hulle kan nie bekostig om vir een oomblik hulle konsentras­ie te verloor nie. Soos Dirk van Reenen waarsku, kan een foutjie noodlottig wees. Dit is egter presies hoe hulle daarvan hou, en hoekom hulle jaar ná jaar hierdie epiese reis aandurf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa