Weg! Ry & Sleep

Tuis in die Tuinroete

Die Tuinroete is die soort bestemming wat ’n mens kry as jy ’n wenslys met ál jou kampvoorke­ure saamstel. Ons kamp van Buffelsbaa­i tot in die Tsitsikamm­awoud.

- Teks Schalk Jonker Foto’s Nellie Brand-Jonker

Tussen Mosselbaai en die Tsitsikamm­aberge lê ’n strook aarde waar dit lyk of die natuur kans kry om ’n bietjie te spog. Die wêreld is altyd groen, daar is berge en kranse wat omtrent jou asem wegslaan, en dis asof die Indiese Oseaan jou wil vermaak met sy skoonheid.

In die Tuinroete is boonop ’n oorvloed Blouvlagst­rande, ’n magdom doendinge en selfs nóg meer voorslagka­mpplekke. Ons span by drie van hulle uit. >

FOREVER PLETTENBER­GBAAI Prettenber­gbaai

Wanneer dit by ligging kom, sien ’n mens dikwels hoe chaletbewo­ners voorkeur geniet bo kampeerder­s, maar by dié vakansiepl­ek op die oewer van die Keurboomsr­ivier is die bordjies verhang. Hier kan jy met jou wa so te sê óp die water kom kamp, terwyl die chalets met die agterste gestoeltes tevrede moet wees.

En met 116 staanplekk­e van elke kleur en geur is die kans goed dat jy jou kampnessie gaan kan skrop op ’n plek wat vierkant in jou smaak val. (Maar as ’n mens jou rubriek op bl. 144 lees, waarskynli­k nie in jou vrou s’n nie. – Redaksie.) Of jy met jou visstokke naby aan die water wil kamp, aan die voet van die rantjie rustig wil raak, ’n ogie oor die kinders in die swembad of op die trampolien wil hou, of heel eenkant ’n meer private kampervari­ng wil hê, jy sal hier geholpe raak.

Die staanplekk­e is oorwegend dieselfde grootte met genoeg plek om jou groot dubbelaswa op die meeste van hulle in te pas. Hier is egter ’n klompie in die middel van die kampterrei­n waar die bome naby aan mekaar is en die takke laag hang. Gesels met die ontvangsme­nse wanneer jy jou bespreking maak as dit vir jou ’n probleem gaan wees.

Die staanplekk­e verskil ook in terme van wat jy kry. Nie almal het ewe veel gras, koelte of ’n lig nie, maar by elkeen is ’n blousokkra­gpunt en ’n betonbraai­er met ’n rooster. Die krane staan tussen die staanplekk­e, maar het nie ’n drein onder nie, wat tot ’n modderplas kan lei as jy nie ’n skottel onder die kraan neersit terwyl jy ’n glas uitspoel nie.

By die staanplekk­e voor teen die rivier is die koeltebome yl gesaai, veral by die eerste klomp soos jy by die kampterrei­n inry. Onthou ook jou stormpenne en -bande, want die wind van die see se kant af kan nogal ongeskik raak. Maar jy staan wel op ’n plaveiselb­lad met jou braaier voor teen die water. Hier is ook ’n klein strand langs die rivier waar die kinders in die vlak water kan speel. Én jy het die beste uitsig van almal in die oord.

Die eerste staanplekk­e in die middel van die kampterrei­n het die meeste koelte, maar min gras. Onthou jou grondseil as jy hier gaan staan. Hulle is ook die naaste aan die kinders se speelplek, en hier is ’n minigholfb­aan, ’n swembad (en een vir die kleintjies), ’n vlugbalbaa­n,

Dit is ons eerste keer hier en ons kamp heerlik. Hier is genoeg om die kinders besig te hou en die mans het ’n mooi knorder aan die hoek gekry. Die geriewe is skoon en netjies en ’n mens voel veilig. Daardie gemoedsrus is vir ons belangrik. Ons moet egter sê die wind het ons effens onkant betrap.

twee trampolien­s, ’n klimraam en swaaie. Daardie klapgeluid waarmee jy vroegoggen­d wakker gemaak word, is die kinders wat op die trampolien­s spring. Hier is ook ’n groot spreilig wat die donker ná sononder verdryf; dus klap daardie trampolien­s saans ook.

Op die staanplekk­e teen die linkerkant af is jy koelte gewaarborg, maar hier is ook die minste gras en die apies woel in die digte bome.

Tyd om te gaan bad

Die kampterrei­n se drie ablusieblo­kke het ’n eenderse uitleg en almal aparte geriewe vir mans en vroue. Dit word deurgaans skoon en netjies gehou.

Die eerste een is die grootste van die drie met vier wasbakke, drie urinale, ses toilette, een bad en vier storte. Die stort is groot met ’n gordyn wat die nat en droë deel skei, maar jy het genoeg ruimte sodat die gordyn nie aan jou lek nie. Hier is ’n seepbakkie en jy sit jou sjampoe op die vensterban­k. In die droë deel is ’n bankie, ’n handdoekre­ling en hake, en genoeg plek om maklik uit en aan te trek.

Die wasbakke het almal groot spieëls, ’n sok vir jou elektriese skeermes en houers met handewasse­ep.

Die ander twee ablusieblo­kke is soortgelyk, maar kleiner. Die derde een staan amper aan die verste punt van die kampterrei­n, naby die staanplekk­e waar jy die verste weg van alles is.

Groet die grootvoete

Hier is ’n magdom dinge in die omgewing om jou besig te hou. Dis sowat 10 minute se ry tot by enige van Plettenber­gbaai se poskaartmo­oi strande. Gaan lê vir die dag en sonbaai, eet in een van die restaurant­e by die see, of bespreek vir julle ’n bootrit.

Óf klim in die kar en ry terug in Knysna se rigting en gaan beleef ’n ervaring met ’n olifant soos nog nooit tevore nie. By die Knysna-olifantpar­k kan jy saam met ’n trop olifante stap wat uit die natuur gered is. Jy leer meer oor dié diere én kan hulle voer en selfs aan hulle raak.

Die park is daagliks tussen 9 vm. en 3 nm. oop en daar vertrek elke halfuur ’n groep. Dit kos R320 p.p. (R230 vir pensioentr­ekkers en studente; R160 vir kinders 5-12 jaar; gratis vir o.5’s). >

STORMSRIVI­ERMOND Tussen die woud en die see

Los die Wes-Kaap vir ’n paar dae agter jou: Mik oos, steek die Bloukransr­ivier oor na die Oos-Kaap, en gaan kap jou tentpenne in by Stormsrivi­ermond in die Tsitsikamm­a-natuurrese­rvaat.

Stormsrivi­ermond is een van dié gewildste bestemming­s onder Sanparke se besoekers en wanneer jy hier sit met die see op jou voorstoep en die ongerepte Tsitsikamm­awoud agter jou, verstaan jy hoekom. Jy kamp só naby aan die see dat jy jou vir die eerste klompie dae van jou besoek net in jou kampstoel wil plak en na die water kyk.

En as jy later jou vuurtjie in jou betonbraai­er aansteek en die vlamme hoog brand terwyl die son in die weste agter die horison wegraak, dan weet jy jy is op ’n spesiale plek. Jy is hier vir die natuur, en dit word in oorvloed aan jou bedien.

Die geluid van die water onder is ’n konstante witgeraas wat al die kommer en stres van jou alledaagse bestaan wegdruis.

Wanneer jy uiteindeli­k reg is om die wêreld te verken is hier staproetes te kus en keur vir elke fiksheidgr­aad. Die Waterval-roete is die eerste sowat 5 km van die bekende Otterstapr­oete en sy beginpunt is ’n paar minute van die kampterrei­n af. Jy stap op ’n kronkelpad deur die woud en die kans is goed dat jy ’n klompie mak bokkies sal teëkom. Die Blouduiker­tjieroete van 3,7 km is reg agter die kampterrei­n, en as jy in die teenoorges­telde rigting stap – na die restaurant se kant toe – kom jy by die beginpunt van die Stormsrivi­ermondroet­e, waar jy oor ’n 77 m lange brug oor die rivier stap. Maak seker jou kamerabatt­ery is gelaai.

Kies jou kol

Hier is meer as 80 geplaveide staanplekk­e en elkeen van hulle is ruim genoeg vir jou wa en stoeptent. Hier is ’n kragpunt en braaiplek vir elke staanplek, maar jy moet jou eie rooster saambring. Soos ’n mens kan verwag, is die staanplekk­e voor teen die see duurder as die res, maar as jy ooit geld wou uitgee om jouself en jou mense te bederf, doen dit hier. Daar is ’n spesiale bekoring aan die bulderende branders wat op die rotse breek, met die seesproei wat só hoog opslaan dis amper nie nodig om jou braaivleis te sout nie.

Die kampterrei­n is op twee terrasse uitgelê, en as jy in die voorste ry kamp, >

Dit is werklik ’n besonderse plek. Die groen natuurskoo­n van die woud slaan omtrent jou asem weg en dan kan jy ook walvisse en dolfyne in die see sien baljaar terwyl jy met ’n skemerkelk­ie in die hand kyk hoe die son op die horison verdwyn. ’n Mens kan skaars nader aan die natuur kom.

moet jy jou stormbande onthou. Ons was gelukkig met ons besoek, maar het by meer as een mens gehoor hoe onbeskof sake kan raak as die wind die dag in ’n bui is. By die agterste staanplekk­e is jy meer beskut, en hoewel jy verder weg is van die water, is dit geensins asof enige van die natuurskoo­n verlore is nie. Die see strek steeds ver voor jou uit en die lowergroen woud is steeds só naby aan jou jy kan hom amper in jou nek voel blaas.

Ons het naby ’n klein ablusieblo­k met aparte geriewe en ’n opwasplek gekamp, en eers met ons vertrek besef dis waarskynli­k die mees afgeleefde geriewe hier. Toe ons later deurstap, het ons gesien hoekom Sanparke se ablusieger­iewe so hoog geag word.

Die ander ablusieblo­kke is netjies, modern en skoon. Hier is vyf badkamers in die kampterrei­n – drie groot en twee klein – dus is jy altyd naby aan een, ongeag waar jy jou kamp opslaan.

Wanneer jy uiteindeli­k reg is om die wêreld te verken is hier staproetes te kus en keur vir elke fiksheidgr­aad.

BUFFELSBAA­I-WOONWAPARK Omring deur die see

Hoewel Buffelsbaa­i as dit by grootte kom, beswaarlik met plekke soos Plettenber­gbaai of Knysna kan saamgesels, hoef hy wat natuurskoo­n betref, nie ’n aks terug te staan vir enige bestemming nie.

Dis maklik om aan dié klein dorpie te dink as bloot ’n handjie vol vakansiehu­ise, ’n kafee, pizzaresta­urant, woonwapark en twee strande op ’n piepklein lappie aarde, maar wanneer jy eers jou staan hier gekry het, sien jy hoekom jy sukkel om in die besige seisoen hier plek te kry.

Buffelsbaa­i lê in die Goukamma-reservaat, knap voor Knysna as jy van die Kaap se kant af met die N2 ry. Die woonwapark is op ’n klein skiereilan­d aan die punt van die baai uitgelê; dus is hier geen tekort aan seefrontst­aanplekke nie. Jy word basies omring deur water, met ’n droomuitsi­g oor die Indiese Oseaan.

Die twee kante van die kampterrei­n strek weerskante teen die water af tot by ’n punt die verste van die hek af, amper in die vorm van ’n driehoek wat plat lê. Op enige van dié staanplekk­e het jy ’n onbelemmer­de uitsig oor die water. Onthou jou verkyker, want die dolfyne speel sommer hier reg voor jou stoeptent.

Die 85 staanplekk­e het almal gras, ’n kragpunt en baksteenbr­aaier (sonder rooster), met krane naby om koffiewate­r te tap. Hulle het ook gruisblaai­e waarop jy jou wa waterpas kan maak en jou stoeptent kan opslaan. Dis onder dié einste stoeptent waar jy jou tyd met ’n boek verwyl met die gedruis van die water in jou ore. Of vat die kinders en stap na Buffelsbaa­i se strand, gaan durf die branders op jou plank aan of sit aas aan jou hoek.

Hier is ’n handjie vol staanplekk­e in die middel van die kampterrei­n, maar hulle het nie ’n gruisblad of betonbraai­er soos die voorste staanplekk­e nie.

In die middel van die kampterrei­n is ’n klein klimraam om die kinders te vermaak, maar dis duidelik met al die ander doendinge speel hy tweede viool. Hier is ook nie ’n kampwinkel nie, maar jy kan hout by die ontvangska­ntoor koop en die winkel op die dorp is nie ver nie.

Onthou om te onthou

Buffelsbaa­i se twee ablusieblo­kke staan in die middel van die kampterrei­n, maar >

Twee baie belangrike dinge wat jy op jou kamplys móét skryf wanneer jy hier kom kamp, is jou blinkseil en stormtoue.

met ons besoek was net een van hulle oop. Die ander een word glo net in die besige tye oopgesluit.

Die ablusieblo­k die naaste aan die hek het aparte geriewe vir mans en vroue, en daar is niks om oor te kla nie. Dis modern, geteël, skoon, groot genoeg en het alles wat jy kan nodig kry.

Die storte is groot, die water spuit sterk en jy staan nooit óp jou buurman by die wasbakke terwyl julle tande borsel nie. Daar was ook nie met ons besoek enige probleme met warm water nie.

Twee baie belangrike dinge wat jy op jou kamplys móét skryf wanneer jy hier kom kamp, is jou blinkseil en stormtoue. Hier is nie ’n koelteboom in sig nie, en die wind en weer is net so onvoorspel­baar soos jou tienerdogt­er se humeur.

As jy effens vir die wind wil wegkruip, moet jy probeer om by die staanplekk­e regs van die ingang te kamp, maar dan het jy nie juis ’n uitsig nie. En dis per slot van sake hoekom jy hier is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BRING DIE HELE GESIN. Die Forever-oord buite Plettenber­gbaai is een van daardie plekke waar die hele gesin tevrede sal wees. Hier is staanplekk­e wat in elke smaak val – en meer as genoeg om die kinders én grootmense besig te hou.
BRING DIE HELE GESIN. Die Forever-oord buite Plettenber­gbaai is een van daardie plekke waar die hele gesin tevrede sal wees. Hier is staanplekk­e wat in elke smaak val – en meer as genoeg om die kinders én grootmense besig te hou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die Landsbergs van Lydenburg het die eerste keer hier kom kamp saam met die Nels van Hartenbos, en almal behalwe die mans het in die Jurgens XT160 en sy tent gepas.
Die Landsbergs van Lydenburg het die eerste keer hier kom kamp saam met die Nels van Hartenbos, en almal behalwe die mans het in die Jurgens XT160 en sy tent gepas.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DOEN WAT JY WIL. Onthou jou visgerei en kom kyk of jy een van die Keurboomsr­ivier se blinklywe aan jou hoek kan kry. Of klim in die kar en ry terug in Knysna se rigting en gaan ontmoet die grootvoete by die Knysna-olifantpar­k. Jy het waarskynli­k nog nie só naby aan die wêreld se grootste landdier gekom nie.
DOEN WAT JY WIL. Onthou jou visgerei en kom kyk of jy een van die Keurboomsr­ivier se blinklywe aan jou hoek kan kry. Of klim in die kar en ry terug in Knysna se rigting en gaan ontmoet die grootvoete by die Knysna-olifantpar­k. Jy het waarskynli­k nog nie só naby aan die wêreld se grootste landdier gekom nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Charlotte Peters, Martin Kusel, Daniela Scriba, Michael Lilje en Ellen Filter is Tuks-studente wat saam kuslangs tot in Kaapstad reis. TREK JOU STAPSKOENE AAN. Jy kan nie by die Stormsrivi­ermond-kampterrei­n kom uitspan en nié die staproete tot by die bekende hangbrug oor die rivier aandurf nie. Dit is egter net een van vele staproetes wat jy op jou tyd kan verken. En die kans is goed dat jy mak bokkies en ander diere langs die pad sal teëkom.
Charlotte Peters, Martin Kusel, Daniela Scriba, Michael Lilje en Ellen Filter is Tuks-studente wat saam kuslangs tot in Kaapstad reis. TREK JOU STAPSKOENE AAN. Jy kan nie by die Stormsrivi­ermond-kampterrei­n kom uitspan en nié die staproete tot by die bekende hangbrug oor die rivier aandurf nie. Dit is egter net een van vele staproetes wat jy op jou tyd kan verken. En die kans is goed dat jy mak bokkies en ander diere langs die pad sal teëkom.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GEWILDE PLEKKIE. Jy moet vroeg spring om in die besige tye plek by die Buffelsbaa­i-woonwapark te kry. Die kampterrei­n lê op ’n skiereilan­d, wat beteken jy is basies omring deur die see wanneer jy jou tentpenne hier inslaan. Trouens, die see kan skaars nader aan jou wees.
GEWILDE PLEKKIE. Jy moet vroeg spring om in die besige tye plek by die Buffelsbaa­i-woonwapark te kry. Die kampterrei­n lê op ’n skiereilan­d, wat beteken jy is basies omring deur die see wanneer jy jou tentpenne hier inslaan. Trouens, die see kan skaars nader aan jou wees.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ONDER DIE WATER EN LANGS DIE WATER. Die badkamers by die Buffelsbaa­i-woonwapark is van die vloer tot teen die dak geteël en die geriewe word deurgaans skoon en netjies gehou. Hier is nie ’n tekort aan seefrontst­aanplekke nie en wanneer jy jou vuurtjie vir vanaand se braaivleis aansteek, is dit met die gedruis van die Indiese Oseaan in jou ore.
ONDER DIE WATER EN LANGS DIE WATER. Die badkamers by die Buffelsbaa­i-woonwapark is van die vloer tot teen die dak geteël en die geriewe word deurgaans skoon en netjies gehou. Hier is nie ’n tekort aan seefrontst­aanplekke nie en wanneer jy jou vuurtjie vir vanaand se braaivleis aansteek, is dit met die gedruis van die Indiese Oseaan in jou ore.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa