Weg! Ry & Sleep

Vat (al) jou goed en trek

Moenie jouself en jou gesin hierdie vakansie afskeep nie. Met Camp Master se reeks bekostigba­re sleepwaens kan jy ’n paar ekstra dinge inpak.

-

Het jy al agter jou kattebak gestaan en kopkrap omdat jy wonder of jy régtig daardie tamaai opvoutafel, potjie of braai vir die vakansie moet inpak? Jy kan ook net sóveel in daardie kattebak ingeprop kry. Al wil jy hóé graag die hengelgere­i saamneem Suidkus toe om lyn nat te maak, kan jy nie juis die tent, tasse en koskratte by die huis los nie. En niemand wil by die kampterrei­n twis oor die enigste twee opvoustoel­e wat ’n plekkie in die motor gevind het nie. As jy die dag lékker wil kamp, moet jy die balans vind tussen te veel en te min goed inpak.

Gelukkig is daar ’n eenvoudige oplossing vir jou probleem: Koop ’n waentjie!

As jy by jou naaste Makro indraf, sal jy sien daar is verskeie goeie gehalte, bekostigba­re waentjies beskikbaar wat in al jou behoeftes sal voorsien. Koop sommer nou een voor die vakansie begin.

En onthou, jy het nie ’n spesiale lisensie nodig om hierdie waentjies te haak nie. Met ’n gewone B-lisensie kan jy ’n sleepwa met ’n bruto-voertuigma­ssa (BVM) van tot 750 kg sleep. Die sleepwaens by Makro voldoen almal aan hierdie vereiste.

Belê in ’n sleepwa vir gemoedsrus en geniet ’n streslose vakansie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa