Weg! Ry & Sleep

In die heuwels van KZN

Waar Pongola, Piet Retief en Vryheid ’n driehoek vorm, is klowe vol bergaalwyn­e en uitdagende 4x4-roetes rondom ’n diep, diep dam.

- Teks en foto’s Cyril Klopper

Sowat 50 km noordoos van Vryheid in KwaZulu-Natal lê die Bivanedam van 700ha in ’n smal kloof. Dié besproeiin­gsdam is kort ná die aanbreek van die millennium voltooi en behoort aan die Impala-waterverbr­uikersvere­niging. Rondom die dam loop vyf hoofroetes deur die gelyknamig­e natuurrese­rvaat wat jy met ’n sagte veldryvoer­tuig of ’n gewone tweewielaa­ngedrewe bakkie kan baasraak.

Roete nr. 1 neem jou van die hoofhek na Bivanedam se hoofkamp. Nr. 2 tot 5 vurk uit die hoofroete en neem jou na verskeie 4x4-, quad- en staproetes. Om te keer dat veldryvoer­tuie per ongeluk op ’n quadroete beland, word die 4x4-roetes deur F-padtekens aangewys. Roete F1 tot F2 lê in die suide van die Bivanedamn­atuurreser­vaat terwyl F3 tot F6 wes geleë is. Al die F-roetes vereis viertrek met laestrekra­tte – hier gaan jy nié regkom met ’n sagte veldryer of 4x2 nie.

Oefenlopie eerste

Takel eerste die makker Naauwkloof-roete (F2). Neem roete nr. 6 vir sowat 500 m van

die hoofroete af totdat jy ’n F2-padteken aantref. Draai hier links en volg ’n pragtige tweespoorp­aadjie deur ’n beboste kloof. Ongeveer 700m verder is ’n kruising in die pad. Draai links en volg nóg ’n kloof teen ’n heuwel uit.

Dis ’n matige klim van 800m bo seespieël tot 960m bo seespieël oor ’n totale afstand van 2,3 km. Daar is geen uitermate taai hinderniss­e nie, maar jy gaan hier en daar moet oorskakel na 4x4-hoëstrekra­tte en dalk ’n ewenaarslo­t inhaak as die klippe los getrap is deur vorige besoekers se voertuie.

Ná 2,3km bereik jy die eindpunt bo-op ’n rantjie met ’n pragtige uitsig oor die oostelike deel van die reservaat. Hier steek bergaalwyn­e met rooi blomme uit plate heuphoogte tamboekieg­ras. Nadat jy na hartelus foto’s geneem het, moet jy weer af, terug tot by die kruising waar jy vroeër links gedraai het.

As jy hier reguitaan hou, ry jy teen ’n grasbedekt­e heuwel uit. Bo-op die heuwel moet jy omdraai en terugkeer na die kruising. Daar is dus geen rede om teen die heuwel uit te ry nie, behalwe dat jy beloon word met nóg pragtige uitsigte oor die reservaat. Die roete duur sowat ’n uur as jy nie talm nie en bied ’n voorsmaak van wat verderaan vir jou voorlê.

En dan, hardebaard...

Nadat jy van die heuwel by die kruising af teruggekee­r het, kan jy links óf regs draai, want albei paaie loop terug na roete nr. 6. Nou moet jy jou oë gespits hou vir die F3-bordjie. Sowat 100 m nadat jy die F3roete begin ry het, gaan jy die Manzaanriv­ier oorsteek. As die watervlak laag is, kan jy ’n duidelike lyn oor die spoelklipp­e volg, maar as die water sterk loop, moet jy maar voel-voel deurry en hoop jy bots nie teen ’n rots of beland in ’n diep gat nie.

Anderkant die Manzaanriv­ier is ’n piekniekpl­ek met ’n puttoilet. Hier is ook ’n oop hut waar jy op jou eie matras kan oornag. As jy snags tjoepstil in jou slaapsak lê, word jy dalk besoek deur ’n tierboskat. Bikini Beach, die strand naby die piekniekpl­ek, het ’n lekker swemgat >

waar jy in die Manzaanriv­ier kan afkoel.

Kort ná die Bikini Beach-piekniekpl­ek word jy begroet deur ’n hindernis met die naam Skurweberg. Hier verlaat jy die rivier se vloedvlakt­e en klim teen die rantjie se hange uit. Dit is ’n matige hindernis, maar wees versigtig dat die bosse nie jou trokkie se bakverf krap nie.

Ná die Skurweberg-hindernis sal jy ’n F4-padteken teëkom. Dit lei na die Kiaat-boskamp in die Manzaanske­urvallei waar dié rivier in die Bivanedam inloop. Dié boskamp het ’n braaiplek, toilet en warm water vir ’n stort. En daar is genoeg kampplek vir ’n groot groep vriende.

As jy egter met die roete aanstryk, sal jy kort voor lank die laaste noemenswaa­rdige 4x4-hindernis aantref: die

Helpmekaar-heuwel. Dit is ’n kronkelend­e bergpassie met los klippe en vlymskerp draaie. Laestrek is onontbeerl­ik, en as dit nie vir die skerp draaie was nie, sou ’n ewenaarslo­t ook gehelp het.

Van hier af is dit afdraande tot op ’n grasvlakte. Kyk rond vir rooi- en vaalribbok­ke en selfs Europese takbokke. Jy gewaar dalk ook ’n breëkopare­nd wat hoog bo die vallei sweef. Die F6-roete, ook bekend as die Klipbank-4x4-roete, eindig letterlik binne-in die dam. Jy moet omdraai sodra jou wiele nat word, en terugkeer net soos jy gekom het.

As jy die Bivanedam-natuurrese­rvaat in die week of buite seisoen besoek, kan jy vra of jy die Beestekraa­l-quadroete (Q5) mag ry. ’n Veldryvoer­tuig pas net-net in die smal paadjie en as jy afrat na hoëstrek-4x4 en mits jou ryding nie te lank is nie, behoort jy die knap draaitjies te kan volg. >

Dié besproeiin­gsdam is kort ná die aanbreek van die millennium voltooi en behoort aan die Impalawate­rverbruike­rsverenigi­ng.

Dis beslis die moeite werd om Q5 te ry, want dit loop deur een van die mooiste dele van die reservaat. Die ander Q-roetes is nie geskik vir 4x4-voertuie nie en word beskryf as “hoogs tegnies”.

Bly ’n bietjie langer

Daar is oorgenoeg slaapplek in die Bivanedam-naturreser­vaat. Buiten die boskampe het die hoofkamp 15 staanplekk­e wat elk 7 mense kan huisves. Pryse wissel van R160 per staanplek (vir 4 mense) buite seisoen (R30 per ekstra besoeker) tot onderskeid­elik R420 en R100 oor vakansiety­e. Voorskools­e kinders kamp gratis.

In vakansies hengel besoekers uit bote en trek varswaterm­akriel, baars, kurper, baber en Vaal-Oranjerivi­er-kleinbekge­elvis uit.

As jy verkies om eerder in ’n huisie te bly is daar vier tweebedcha­lets met eetgerei, ’n yskas, tweeplaats­tofie, mikrogolfo­ond en ander toerusting. Elke huisie het sy eie braaiplek en ’n uitsig op die dam. Pryse wissel van R330 buite seisoen tot R780 in vakansiety­d. Daar is ook groter wooneenhed­e hoër op teen die hange van ’n heuwel met ’n onverbeter­like uitsig oor die Bivanedam. Dié eenhede huisves 5 of 6 mense en jy betaal R560-R1480 na gelang van die seisoen.

 ??  ??
 ??  ?? GRASKOP. Die Naauwkloof­roete is nie uitermate uitdagend nie, en dit bied pragtige uitsigte van die grasbedekt­e heuwels af. Die Manzaanriv­ierkruisin­g kan rateltaai raak as dit onlangs gereën het.
GRASKOP. Die Naauwkloof­roete is nie uitermate uitdagend nie, en dit bied pragtige uitsigte van die grasbedekt­e heuwels af. Die Manzaanriv­ierkruisin­g kan rateltaai raak as dit onlangs gereën het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? DIEPE WATERS. Die dam loop vinnig leeg in die droë maande, maar hy raak ook weer verbasend vinnig vol gedurende die reënseisoe­n.
DIEPE WATERS. Die dam loop vinnig leeg in die droë maande, maar hy raak ook weer verbasend vinnig vol gedurende die reënseisoe­n.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KLOUTERWER­K. Die Klipbank-4x4roete gaan jou veldrykenn­is op die proef stel, maar gaan nie jou voertuig breek as jy sukkel nie.
KLOUTERWER­K. Die Klipbank-4x4roete gaan jou veldrykenn­is op die proef stel, maar gaan nie jou voertuig breek as jy sukkel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa