Weg! Ry & Sleep

Wat jy moet weet

-

4x4, laestrek, ewenaarslo­t? Jy het beslis viertrek nodig, en sommige hinderniss­e vereis ook laestrek. Maar jy behoort sonder ’n ewenaarslo­t reg te kom. Maksimum getal voertuie Onbeperk. Kry ek ’n kaart? Ja. Sal my voertuig krap? Nee. Moet ek ’n kompressor saamneem? Nee wat, tensy jy ’n band beskadig. Kan ons langs die pad braai? Nee, slegs by die piekniekpl­ekke of in die kamp. Kan ek halfpad omdraai? Ja. Is daar selfoonsei­n? Swak sein. RONDOM DIE ROETE Beste tyd om te gaan? Oktober tot Maart, want dan is die veld is op sy mooiste en die dam vol ná die somerreën. Kan ek my gesin saamneem? Absoluut! Net vir die dag of die naweek? Dit is beslis ’n naweekbeso­ek werd. Is daar ablusieger­iewe? In die kampterrei­n en by die piekniekpl­ek. Aanwysings Van Vryheid af ry jy 36 km ooswaarts op die R69-Louwsburgp­ad. Die hek na Bivane is aan jou linkerkant. Daarna is dit nog 18 km tot by die oord, maar onthou, die spoedgrens is 50 km/h. GPS S27.66121 E31.09247 (hek) S27.52003 E31.05238 (kantoor) Wat kos dit? Dagbesoeke­rs betaal R120 per voertuig, maar gaste wat oornag, ry gratis. Kontak 083 283 8291 (Corlia Muller of Antoinette Potgieter) bivanedam.co.za admin@bivanedam.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa